As Jy Ontrouheid Vermoed, Kom Op Jou Knieë

"As die byl stomp word en nie geslyp word nie, moet jy meer krag gebruik. Dit betaal om jou verstand te gebruik." P10:10

Na die lees van Hoofstuk 8, Staar Egskeiding In Die Gesig het ek net weereens besef hoe groot fout dit was om rond te snuffel en my eggenoot te konfronteer toe ek vermoed het dat hy 'n verhouding het. Toe die waarheid uit is, was dit nie meer vir my eggenoot nodig om rond te sluip nie en natuurlik het hulle met dit in my gesig gepronk, wat 'n ongelooflike seer veroorsaak het. Die oomblik wat ek dit vermoed het, moes ek dit net alles vir my kosbare Here gegee het om te hanteer, want in my eie krag het ek net 'n groter gemors gemaak.

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte aangehaal uit die les uit:

"Liewe leser, daar is geen groter fout (behalwe owerspel om jou eggenoot terug te kry) as om vir hulle te vra om te erken, of hulle te konfronteer nie! As jy vermoed dat jou eggenoot betrokke is by iemand anders, dan moet jy op jou knieë voor God neerval en gereed maak vir die stryd—geestelik! Raak opgebid, kom naby aan Hom; laat Hy jou lei, vertroos en gereed maak vir wat dalk voorlê.

Owerspel, dames en here, is ‘n geestelike stryd; daarom moet jy wysheid gebruik (nie reageer op jou emosies nie) wanneer jy daarteen baklei."

Kosbare liefste vrou as jy ontrouheid vermoed, moenie rondsnuffel nie en moet asseblief nie jou eggenoot konfronteer nie, los dit vir ons kosbare Here om uit te sorteer. En as jy dalk alreeds daardie fout gemaak het om jou eggenoot te konfronteer, onthou ons kosbare Here se genade is ongelooflik groot, so vra die Here om al jou foute oor te neem en iets goeds daaruit te bring.

"Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal vir jou sorg. Hy sal die regverdige nie in die steek laat nie." P55:23

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “As Jy Ontrouheid Vermoed, Kom Op Jou Knieë”

  1. Dankie liefste Janine ja die Here kan als teen goede gebruik al het ons ook foute gemaak. Sy liefde en genade is by ons.

  2. Ja Janine, ek het ook dieselfde fout gemaak, gesnuffel en goed gekry wat ek liewer nie moes kry nie, want dit is die goed wat jou seermaak en in jou gedagtes gegraveer word. In plaas daarvan moet ons net onder ons Geliefde se beskerming bly en wag dat Hy als openbaar op Sy tyd. En gelukkig kan Hy herinneringe wegvat en skoonvee.

    1. Ja kosbare Adina die gesnuffel maak beslis dat ons goed kry wat ons liewer nie moes kry nie en juis weggehou was vir ons beskerm. Dit is wonderlik hoe ons kosbare Here daardie slegte herinnering wegvat.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui