Lees Lota se HERSTELDE Huwelik getuienis,
"Herstel na Ek DEUR die
Vuur Gegaan het!"

Hierdie getuienis was geneem uit een van ons vele
Deur Die Woord van Hulle Getuienis boeke
om JOU te help
om enige twyfel of vrees te oorkom
in God se vermoë en begeerte om
JOU Huwelik te Herstel!

AFR-NEW-COVER-WRYM-Front

Hoofstuk 2 “Die Pottebakker en die Klei”

“
U is ons vader, Here,
ons is klei en U het ons gevorm,
ons is almal die werk van U hande.”
—Jesaja 64:8

Wanneer ons deur ‘n krisis gaan in ons huwelik, is dit so maklik om op ons eggenoot se foute, en wat hy aan ons doen, te konsentreer. Hoewel, solank as wat jy dit doen, sal jy dit moeilik vind en nooit tot oorwinning kom nie. Ons leer in hoofstuk 8, “Gewen Sonder ‘n Woord” dat jou eggenoot nie die vyand is nie.

Laat ons in hierdie hoofstuk leer, dat God baie keer, nie besig is om ons eggenote te verander nie (hulle houding of gedrag) omdat God hierdie dinge wat ons pla, gebruik om ons na Sy eie Beeld te vorm. Hoewel, as ons kla, omdat ons eerder wil hĂȘ God moet iets of iemand anders gebruik, en nie ons eggenote, om ons te vorm nie, dan sal ons vir jare lank in die woestyn ronddwaal!

Verwyt jy Hom wat jy gevorm het? “‘Ellende wag vir hom wat die Een verwyt wat hom gevorm het, ‘n potskerf tussen potskerwe van klei. Durf die klei vir die Een wat dit vorm, sĂȘ: ‘Wat maak jy?’ Durf wat jy gemaak het, van jou sĂȘ: ‘Hy kan nie sy hande gebruik nie!’” (Jes. 45:9). Laat God, God wees. Instede daarvan dat ons murmureer oor “hoe” en “wie” Hy gebruik om ons te verander, moet ons God prys vir Sy getrouheid! Hy is vasberade om van jou ‘n uitverkore vat te maak, reg vir Sy eie gebruik.

Maar jy verstaan nie. Baie vrouens vertel my dat “ek net nie verstaan nie” as ek hulle probeer aanmoedig of troos! Eintlik verstaan ek baie goed, maar hulle is reg – niemand behalwe Jesus kan heeltemal verstaan waardeur hulle gaan nie. “Julle is agterstevoor met alles, asof die pottebaker die klei is. Die maaksel kan mos nie van Sy Maker sĂȘ: ‘Hy het my nie gemaak nie’; die kleipot kan mos nie van die pottebakker sĂȘ: ‘Hy weet nie wat hy doen nie.’” (Jes. 29:16). Praat met Hom oor jou omstandighede en laat Hy vir jou gemoedsrus gee. Hy weet wat die beste vir jou is, so werk saam met Hom.

Jy is in Sy hande. “Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in My hand...” (Jer. 18:6). Gee dit jou nie gemoedsrus om te weet dat jy in God se Hande is nie? Al sĂȘ jou eggenoot hy gee nie vir jou om nie, of as hy optree asof hy nie omgee nie, die Here gee om. Wie anders het jy nodig? Die waarheid is, dat jou eggenoot wel omgee.

God se Voorskrif

God het ‘n voorskrif vir die geneesing van ‘n nasie of ‘n gesin. Hy sĂȘ as “
My volk oor wie My Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na My wil en draai terug van hulle bose weĂ« af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.” (2 Kron. 7:14).

God sĂȘ vir ons, dat as ons nederig is, as ons sal bid, na Hom toe sal gaan en wegdraai van ons bose sondes, dan, sĂȘ God sal Hy hoor: hoor, vergewe en jou genees. Instede, volg ons “die raad van die goddeloses” (Ps. 1:1) en “stel ons, ons vertroue in mense” (Jer. 17:5), nou dra ons die gevolge – goedkoop raad vir wonde! “Hulle het goedkoop raad vir die wonde van my volk” (Jer. 8:11). “Hulle het ‘n goedkoop raad vir die wonde van my volk. Hulle sĂȘ net: ‘Alles is reg! Alles is reg!’ Maar niks is reg nie.” (Jer. 6:14).

Nie meer vir hulself moet lewe nie. “
en Hy het vir almal gesterwe sodat diĂ© wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.” (2 Kor. 5:15).

Net die Nederige

Wees nederig. Eiewys, hoogmoedige mense verstaan God se Woord, sonder om Sy Gees te ken, maar om God intiem te ken moet ons nederig wees!

Nederigheid sal beproef word. “
Hy het dit gedoen om jou nederig te laat word en om jou op die proef te stel sodat Hy kan weet wat jy dink en of jy sy gebooie sal gehoorsaam of nie.” (Deut. 8:2).

Nederigheid sal jou red. “Wanneer mense val en jy vra dat hulle opgetel word, sal God hulle, die ootmoediges, red.” (Job 22:29).

Nederigheid gee nuwe moed. “U het die gesmeek van die hulpeloses gehoor, Here. U gee hulle nuwe moed. U verhoor hulle gebed
” (Ps. 10:17).

Nederige mense sal Hy oorlaai met goeie gawes. “Kragtige dade het Hy met sy arms verrig: hoogmoediges in hulle eiewaan het Hy uitmekaar gejaag; maghebbers het Hy van trone afgeruk en geringes verhoog; behoeftiges het Hy oorlaai met goeie gawes en rykes met leĂ« hande weggestuur.” (Luk. 1:52).

Net die nederiges sal die genade gegee word wat hulle nodig het. “Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sĂȘ Hy: “‘GOD WEERSTAAN HOOGMOEDIGES, MAAR AAN DIE NEDERIGES GEE HY GENADE.’ Onderwerp julle dan aan God. Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog.” (Jak. 4:6, 10).

Nederigheid kom deur om God se Gees te ken. “Ten slotte: Wees almal eengesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig
” (1 Pet. 3:8). Jou valse nederigheid sal betoog in ‘n eiegeregtige houding.

Geestelike Opgeblasenheid. Meer as die helfte van die mense wat na ons bediening toe draai om hulp, vertoon ‘n geestelike opgeblasenheid of eiegeregtigheid. Dit is waarna ek verwys as ‘n FariseĂ«r gees. Dames, dit is so gevaarlik. Dit sal voorkom dat God jou huwelik herstel, en dit is juis die rede hoekom jou eggenoot weggedryf word.

God het aan my in Sy Woord gewys dat Jesus net stroef, krities en gekant was teen een stel individuĂ« – die FariseĂ«rs! En ek was een van hulle! Ek is jammer om te sĂȘ dat daar gaans te veel Christen vrouens is wat voorgee dat hulle geestelik is, maar eintlik aan die binnekant vuil is. Daar is baie vrouens wat net hulle eggenote se sondes raaksien en vergeet van hulle eie sondes. Dames, dit was ek! Ek het na my eggenoot gekyk en sy sondes van egbreuk gesien. Hoewel, niemand het my geestelike opgeblasenheid, bedrieglikheid of my stryerigheid raakgesien nie.

Ander het my gesien, en ek het myself gesien as die “arme slagoffer” wat deur my eggenoot verlaat en bedrieg is. Maar ek, in my eiegeregtigheid was gewillig om te vergewe. Ek was die een wat desperaat, die gebroke gesin bymekaar probeer hou het, die een wat met ope arms gewag het, om my man te vergewe “die sondaar,” wanneer hy tot sy sinne sou kom, vergifnis sou vra en terug sou keer vanaf die verre lande! Skrifgeleerde, FariseĂ«r!!

Indien jy met hierdie sondigheid en hoogmoedige gesindheid kan identifiseer, as dit jy is, wil ek jou smeek om op die grond neer te val voor God en Hom te vra om jou te genees van hierdie gesindheid. Hierdie gesindheid sal jou verhinder om tot restorasie te kom en jou verhouding met God beĂŻnvloed.

Bid! Begin deur Psalm 51:2–4 te bid: “Was my skoon van my skuld, reinig my van sonde! Ja, my oortredinge ken ek en van my sonde bly ek altyd bewus. Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in U oĂ«. U uitspraak is dus reg en u oordeel regverdig.” Daar is baie meer oor gebede in die laaste twee hoofstukke van hierdie boek.

Vra na My Wil. “As
My volk oor wie My Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na My wil en draai terug van hulle bose wee af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.” (2 Kron. 7:13). “Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig Sy teenwoordigheid.” (1 Kron. 16:11). “Ek gaan My in my woonplek terugtrek totdat hulle skuld bely en vra na My wil. In hulle nood sal hulle My hulp kom vra.” (Hos. 5:15).

Hulle het gestraal van blydskap. “DiĂ© wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagtinge nie.” (Ps. 34:5). Vra na Sy Wil! Baie mense begeer God se hand (wat Hy vir “my” kan doen). Maar die mense wat God se gesig soek sal tot alle dinge instaat wees!

Draai terug van jou bose weĂ« af. “As
My volk oor wie My Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weĂ« af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.” (2 Kron. 7:13). Jy kan nie die Bybel net uit jou kop ken nie, jy moet die Bybel uitleef, en dit in die dieptes van jou hart bĂȘre. Om die volle impak van die Bybel te ervaar, moet ons, ons lewens oorgee aan die Heilige Gees. Ons moet bereid wees om gevorm te word deur God. Ons moet deur die Heilige Gees gelei word.

Gehoorsaamheid is beter as offerande. “Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande, om te luister is beter as die vet van ramme. Weerspannigheid is net so erg as die sonde van waarsĂȘery; eiesinnigheid net so erg as die bedrog van afgodery.” (1 Sam. 15:22). Weet jy wat is die regte ding om te doen; maar nogsteeds doen jy dit nie? Wees gehoorsaam! “As iemand weet wat die regte ding is om te doen, en hy doen dit nie, is dit sonde.” (Jak. 4:17).

Ek sal My Gees in jou gee

Ek sal My Gees in jou gee. As jou lewe deur die Heilige Gees beheer word, sal dit jou help om nie te sondig nie en voorkom dat jy swig voor begeertes. Vra dat God Sy Gees in jou gee. Sommer nou dadelik! “Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my bepalings gehoorsaam en nakom.” (Eseg. 36:27). “Wat ek bedoel, is dit: Laat jou lewe steeds deur die Gees van God beheer word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie.” (Gal. 5:16). (Vir meer inligting oor “Die Gees van God,” kyk of luister na die “Be Encouraged” kassette of video’s. Wanneer jy eers “gevul” is, sal jy krag hĂȘ soos nog nooit vantevore nie, jy sal kan deurdruk na oorwinning!)

Bid. “As
My volk oor wie My Naam uitgeroep is, toon berou en bid
” (2 Kron. 7:13–16). By Restore Ministries het baie vrouens wie se eggenote egbreuk gepleeg het, gebid dat die ander vrouens (AV) se “baarmoeders gesluit word.” Almal was gesluit, behalwe een. God het hierdie nuwe babatjie gebruik om die gebroke gesin te herstel.

Ons kan op God staatmaak en God vertrou want
 “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir diĂ© wat Hom liefhet, die wat Hy lank tevore verkies het
” (Rom. 8:28).

Watter “Voorwaardes” Is Nodig om Gehoor te Word?

Pas jou begeertes aan by God se Wil. Jesus se belofte is gebaseer op hierdie voorwaarde: “As julle in My bly en My woorde in julle, vra dan net wat julle wil hĂȘ en julle sal dit kry.” (Joh. 15:7). Waaneer jou hart in Jesus rus vind, wanneer jou wil gesentreer is op Sy wil, dan het jy vir God werklik God gemaak van jou lewe. En jy kan weet wat God se wil is, deur Sy Woord te ken. Dit is God se wens dat jou huwelik genees word. Hy haat egskeiding en wil graag hĂȘ dat ons versoen moet wees met mekaar, hoewel Hy voorwaardes het.

Die voorwaardes vir elke gawe. Elke belofte van God het sekere voorwaardes wat nagekom moet word. Baie maak aanspraak op ‘n gedeelte van die Bybel, (die belofte) maar weier om na die voorwaarde te luister.

Voorwaarde: “Glo in die Here Jesus..."

Belofte: "...en jy sal gered word.” (Han. 16:31).

 

Voorwaarde: “Vind jou vreugde in die Here
"

Belofte: "...en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.” (Ps. 37:4).

 

Voorwaarde: “Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef,
"

Belofte:  "...en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.” (Spr. 22:6).

 

Voorwaarde: Eerstens, “vir diĂ© wat God liefhet
” En tweedens,

“
diĂ© wat volgens sy besluit geroep is.”

Belofte: “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk
” (Rom. 8:28.)

Jou Trane is Kosbaar vir Hom

Na wie moet ons gaan as ons huil? Mans blyk om ons trane te haat. Dit is seker omdat hulle nie weet wat om te maak as ‘n vrou huil nie, of dalk omdat vrouens trane so dikwels gebruik om mans te manupileer dat hulle nou ver van ons staan. Die feit dat God ‘n jaloerse God is en dat jou trane aan Hom behoort, kan die rede wees waarom ons eggenote soms onbetrokke is oor ons trane. “Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord, jy sal om hulp roep, en Hy sal sĂȘ: 'Hier is Ek!’” (Jes. 58:9). “Moenie op hou om die Here ons God vir ons om hulp te smeek nie, sodat Hy ons uit die mag van die Filistyne kan red.” (1 Sam. 7:8).

Die oorwinning sal langer vat om in die werklikheid te manifesteer: maar ons hoop is dit wat ons nie kan sien nie. Dit beteken dat ons geloof in God moet hĂȘ. Roep alleenlik uit na God, nie na jou eggenoot nie! Net God het die Mag om jou omstandighede te verander!

My trane. “Ek is uitgeput van verdriet, ek huil die hele nag deur, ek deurweek my bed met trane.” (Ps. 6:6). “Dag en nag is ek in trane, want sonder ophou sĂȘ hulle vir my
” (Ps. 42:3). “U het op my trane gelet. In U boek staan hulle opgeteken.” (Ps. 56:8). “Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring.” (Ps. 126:5). “‘Maar nou sĂȘ die Here: ‘Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur!
’” (JoĂ«l 2:12). Om ‘n meer intieme verhouding met God te hĂȘ, kom besoek ons webblad elke oggend om die daaglikse bybelstudie te lees wat spesiaal geskryf is vir diĂ© van ons, wat in ‘n huwelikskrisis is.

Trane, uitroep, weeklaag en huil. Jy moet Bybel verse opsoek en neerskryf, verse wat jou sal help verstaan dat jy opreg, suiwer en eerlik moet wees wanner jy na God roep (veral as jy bid vir jou eggenoot se redding of om jou gebroke huwelik te herstel). Terwyl jy die Bybel deurlees, merk daardie verse wat jou hart roer, en memoriseer hulle terwyl jy bid, op jou knieĂ«, voor die Here. Ons word gesĂȘ om te bid, om na God uit te roep.

Persoonlike verbintenis: om God toe te laat om my te verander. “Gebaseer op wat ek geleer het uit God se Woord, verbind ek my sodat Hy my kan verander deur enige metode of mens van Sy keuse te gebruik. Ek sal daarop fokus om myself te verander pleks van my eggenoot of ander rondom my.

"Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. Verder is vir my weggelĂȘ die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in diĂ© dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het." my herstelde huwelik! 2 Timotheus 4:7-8

Sodra jy gereed is, maak 'n verbintenis tot GOD om die kursus klaar te maak deur HIER TE KLIK en saam te stem en gereed is om hierdie stap in jou reis na Herstel in "My Daaglikse Joernaal" vorm aan te teken. Vat jou tyd, sit en drink 'n koppie koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.Â