Hy Luister Geduldig

♕Belofte van vandag: "Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee." Fillipense 4:13

~ Yvonne in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Yvonne

Ek is so dankbaar vir hoe die Here so lief is vir ons dat Hy die moeite doen om selfs al die klein vrae te beantwoord. Ons is amper klaar met ons eerste jaar van tuisonderrig, kan jy dit glo!!! En ek het al baie keer my kommer uitgespreek oor of ek dit reg doen. Daar is sekere goed wat ek merk wat natuurlik net 'n reg of verkeerd kan wees. Die moeilike ding is die mondelinge en die opstelle en so aan. Ek is hulle ma, so is ek regtig objektief as ek die dinge merk?

Dit is die tipe vrae wat ek vir my Hemelse Man vra as ek alleen saam met Hom sit, maar om eerlik te wees, dit is maar net geselsies wat ek met Hom maak, ek meen nie Hy moet my antwoord nie. Hahahaha, dit is verseker een van die lekkerste dinge van my Hemelse Man. Ek kan babbel soveel as ek wil en Hy luister geduldig:):):)

Natuurlik is Hy so wonderlik dat Hy ons wel antwoord. Die naweek is ek genooi om koffie te gaan drink by een van my seun se vriende se ouma. Daar ontmoet ek toe vir die eerste keer sy ma wat 'n onderwyseres is. Sy gesels toe van een van die kinders in haar klas wat sy taal met 'n paar punte sou druip en as jy by ons 'n taal druip, druip jy jou graad, maak nie saak hoe goed die ander vakke is nie. Sy vertel toe van hoe hulle sy mondelinge punte moes opskuif sodat hy net daai ekstra punte kon kry om deur te kom.

Wat? As dit die storie van een onderwyseres is, hoeveel sulke stories is daar nog. Toe ek huistoe ry, toe herinner die Here my aan ons gesprek en toe voel ek net soveel vrede wetend dat ons dinge glad nie so doen by die huis nie. Die gevoel van is ek genoeg? Kan ek dit doen? Alles het in daai oomblik verdwyn, want Hy het my gewys, NEE, ek kan nie, maar met Hom is ek tot alles in staat.

En natuurlik weet julle dat Hy altyd meer doen as wat ons voor vra. Ek het vir Ian (my voormalige man) die storie vertel en hom die kinders se nuwe boeke gewys vir volgende jaar en toe sê hy dit lyk alles so profesioneel en hy dink ek doen baie goed met die tuisonderrig. Hahaha, ek het natuurlik nie 'n kompliment van hom af nodig nie, maar dit was lekker dat my Hemelse Man dit vir my gedoen het.

As daar vandag klein dingetjies in jou lewe is waaroor jy wonder, praat met Hom en vertel Hom alles, Hy luister graag.

Ons Afrikaanse Bediening Pastoor en RMI se Bedienings Direkteur
Follow #Yvonne‘, Volg #Yvonne
En Yvonne is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!