Hardloop na die Here toe…

“Ek het jou liefgehad met 'n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid.” J31:3

Toe ek die les Staar Egskeiding In Die Gesig, Hoofstuk 3 lees, is ek weer herinner dat ons heel eerste na die Here toe moet hardloop met alles. Jare gelede toe ek begin agterkom het dat my aardse man 'n verhouding het, het ek na my "vriendin" toe gehardloop en my lot aan haar bekla, min wetend dat sy die een was met wie my man ook 'n verhouding gehad het en ek weet as ek eerste na die Here toe gehardloop het, sou my lewe soveel anders gewees het want Hy is die enigste Een wat dinge vir ons kan verander, maar ek is glad nie spyt oor dit waardeur ek is nie, want ons kosbare Here se genade is so groot en gebruik nou my seer ten goede.

Lees asseblief hierdie treffende gedeelte aangehaal uit die boek Staar Egskeiding In Die Gesig - Hoofstuk 3:

Gebed is slegs om met God te praat oor alles wat jy normaalweg vir jou beste vriend/vriendin sal vertel. As Jesus eerste in ons lewens gaan wees, moet Hy ons beste vriend wees en Hy moet die Een wees na wie toe ek en jy hardloop wanneer ons nodig het om te praat en wanneer ons troos en versekering nodig het. Jesus is altyd opgewonde (alhoewel Hy alreeds weet wat ons gaan sê) om van jou te hoor en is altyd getrou om jou te laat beter voel. Wanneer jy Hom vertel van ‘n traumatiese of pynlike ding wat sopas met jou gebeur het—sal Hy waarlik Iemand wees wat nader as ‘n broer is en jou meer troos as ‘n moeder!

Kosbare liefste bruid moenie die fout maak wat ek gemaak het en jou hart gaan uitstort by jou vriende of selfs jou skoonma nie. Spandeer genoeg tyd saam met ons kosbare Here en as jy baie besig is, sorg dat jy die Here in jou besige skedule inpas, want dis die belangrikste tyd wat jy ooit kan spandeer en sorg dat jy ook stil sit in Sy teenwoordigheid en Sy liefde vir jou voel.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Hardloop na die Here toe…”

  1. Janine dankie dat jy hierdie les gedeel het, FDA was een van die kursusse wat regtig my lewe geweldig beïnvloed het. Veral as jy roetes in die gesig staar. Ek het gesien hoe die toepassing van die Bybelse beginsels situasies vir goed kan omkeer.

    Ek het dieselfde foute gemaak as jy, ek het na einigiemand toe gehardloop wat sou luister. Wetende wat ek nou weet, weet ek hoe verkeerd ek was as gevolg van ‘n gebrek aan kennis wat ek eers in die lesse gevind het nadat ek RMI gevind het.

    Maar ek het geleer om eers na my Geliefde Man te hardloop, om by Sy voete te huil en te wag totdat Hy die negatiewe gevoelens wegneem en my vertroos. Ek weet ek kan alles deel en aan Hom oorgee, want aan die einde van die dag is Hy die enigste een wat in ons situasies KAN optree!

    1. Is dit nie wonderlik kosbare Adina, dat ons alles net aan ons Geliefde Hemelse Man kan oorgee, Hy is werklik die enigste Een wat die situasie kan verander en boonop weet Hy wat om daaraan te doen en wanneer, want Hy is ook nooit ooit laat nie.

  2. ja liefste Janine ons kan dadelik met hom praat oor als hy is in beheer van als en hy is die EEN wat als kan verander vir ons

    1. Ja is dit nie wonderlik kosbare Kristy, dat ons dadelik met ons Liefling Here kan praat nie en boonop is Hy die Een wat alles kan verander.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui