Gee, en aan julle sal gegee word.

'n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is,

sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde

maat waarmee julle meet,

sal weer vir julle gemeet word.

—Lukas 6:38

 

Reageer Entoesiasties

Een van die kragtigste en mees bevrydende houdings wat God hierdie keer gedurende my egskeiding in my gees ingewerk het, was om “entoesiasties” te reageer teenoor alles wat my man gesĂȘ het toe hy met my wou “praat.” Vergelyk dit met die eerste keer toe my man van my geskei het—die eerste keer het ek slegs die geloof gehad om bedees “saam te stem,” en die ooreenkoms het gepaard gegaan met pyn, twyfel, bekommernis en baie “opvolg” gebede toe ek eers saamgestem het!

Beminde, dit is nie die oorvloedige lewe wat Jesus gesterf het om vir ons te gee nie—in plaas daarvan is dit die las wat ons nooit bedoel was om te dra nie! Die eerste keer, in plaas daarvan om op die Here te vertrou dat alles vir my ten goede sou meewerk (Romeine 8:28), dat die Here gretig was om my genadig te wees (Jesaja 30:18), en eintlik “gewag” het om my kragtig te steun (2 Kronieke 16:9 AFR53), sou ek eerder my tyd spandeer het deur te dink oor die nagevolge van dit wat my aangebied of van my gevra was, wat so ‘n groot las teweeggebring het dat ek gesukkel het om te oorleef.

Wat het verander? Nie die situasie nie. Hierdie keer was die aanval baie vinniger, die eise baie groter, die verlies sou baie meer aansienlik wees, en die skandaal baie groter. Die verskil was in my. Ek het meer geloof verkry deur die getuienisse te lees wat by die bediening ingedien was. Ek het meer geestelike krag ontwikkel deur in gehoorsaamheid te loop, en ek was nou vol van die Heilige Gees, maar die belangrikste, ek het ‘n hegter en intiemer verhouding met die Here gehad. Hy was nou my Man, en as gevolg van hierdie intimiteit, sou die Here voordurend vir my wys wat “voorgelĂȘ” het, sodat ek nie onkant betrap sou word nie.

“Vra My aangaande die toekomstige dinge
” (Jesaja 45:11AFR53). “Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sĂȘ: ‘Hier is die pad, loop hierlangs’” (Jesaja 30:21).

Al hierdie voordele, liewe leser, is tot jou beskikking! Hierdie boek, en alles wat die RMI bediening aanbied, sal jou help om te leer hoe om die Here te hoor en te volg. Die sleutel, en wat die belangrikste is, is jou aangesig tot aangesig tyd wat jy saam met die Here spandeer. Hy sal jou die vermoĂ« gee om dit nie net deur te maak nie, maar sal jou help om te floreer, om geseĂ«nd te wees en die belangrikste, om VREUGDE te hĂȘ wat jou in staat sal stel om die reis te geniet, nie net te verduur nie! Dit mag dalk vir jou onmoontlik klink, ek weet dat as ek dit die eerste keer sou gelees het, sou ek ook so gedink het. Maar dit is binne elke gelowige se bereik!

“Nie dat ek dit uit gebrek sĂȘ nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is" (Filippense 4:11). “Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesĂȘ:’Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie” (HebreĂ«rs 13:5). “Die godsdiens is 'n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het” (1 Timoteus 6:6).

Toe my man ingekom het om met my te “praat” het hy gesĂȘ: “Ek is op pad by die deur uit om met ‘n prokureur te praat. Ek gaan van jou skei en is van plan om iemand anders te soek om mee te trou.” My reaksie het ons albei verbaas: “O, okay, ek verstaan,” en ek het geglimlag!

Omdat my reaksie nie een van vrees, skok of afgryse was nie, was hy seker dat hy dit nie duidelik genoeg gesĂȘ het nie, so toe sĂȘ hy dit weer, met baie meer intensiteit. So, liewe leser, as jy kies om genadiglik te reageer (terwyl jy op die Here vertrou en weier om in die pad van die goddelose te staan), moet jy voorbereid wees op meer aanvalle. Die hitte sal elke keer opgedraai word wanneer jou eggenoot sĂȘ dat hy/sy jou gaan verlaat, en hy/sy sal hoekom begin insluit. Maar, prys God, my hart was vir baie weke “weggesteek in die Here”.

God het my eintlik al vir amper ‘n jaar voorberei op hierdie oomblik (alhoewel ek dit nie geweet of vermoed het nie). En glo dit of nie, Hy het jou ook voorberei, alhoewel jy ook nie daarvan bewus was nie.

God belowe dat Hy die regverdiges nie in die steek sal laat nie. “Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal vir jou sorg. Hy sal die regverdige nie in die steek laat nie” (Psalms 55:22). Dit is Sy belofte aan my en jou. Daarom doen Hy Sy bes om vir jou te wys wat voorlĂȘ en begin ook om jou nader aan Hom te trek sodat jy gereed sal wees. Op hierdie oomblik, te midde van hierdie gemors en beproewing, dames, is Hy besig om jou guns te probeer wen en jou nader te lok om na Hom toe te kom en Sy Bruid te wees. Vir julle menere, Hy is ook daar om julle te ondersteun en krag te gee.

“Daarom sal Ek haar naderlok en weer terugwen. Ek sal haar na die woestyn toe lei en daar teer dinge vir haar sĂȘ” (Hosea 2:14 NLV).

In my situasie, het die Here vir my begin wys, terwyl ek elke oggend my Bybel gelees het, dat my man “weg sal wees.” Hy het nie vir my gesĂȘ hoe of hoekom nie, net dat hy nie daar sal wees nie. Dit het bly opkom in so baie verse wat Hy my gelei het om elke dag te lees.

Die Here het ook in my hart begin plant dat die enigste Een wat ek wou hĂȘ, en die enigste Een wat ek nodig gehad het, Hy was! Ek sou dit oor en oor en oor sĂȘ, die hele dag— “Here, U is al wat ek wil hĂȘ en al wat ek nodig het,” veral as ek in die aand in die bed geklim het om te slaap, en elke oggend wanneer ek wakker geword het. Terwyl “bose planne” in my man se kop “geroer” het om my te los vir ‘n ander vrou, het die Here begin om my nader aan Hom te trek sodat ek veilig kon wees.

“Beskerm my soos die appel van u oog, steek my weg in die skaduwee van u vleuels
” (Psalm 17:8).

Die Here het moontlik probeer om jou aandag te trek voordat jou eggenoot egskeiding genoem het, of voordat jy uitgevind het van die ander vrou of man in jou eggenoot se lewe. As dit alles gebeur het, en dit het jou geskud gelaat, is dit nie te laat om te begin om sensitief vir die Here te wees en vir die leiding van die Heilige Gees nie. Dit neem eenvoudig om tyd te maak saam met Hom deur gebed, tyd in jou gebedshoekie, Sy Woord te lees, baie tyd om Hom te dank en prys, maar die belangrikste, net stil te sit in Sy teenwoordigheid en Sy liefde vir jou te voel.

“Ek het jou liefgehad met 'n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid.” (Jeremia 31:3).

Gebed is slegs om met God te praat oor alles wat jy normaalweg vir jou beste vriend/vriendin sal vertel. As Jesus eerste in ons lewens gaan wees, moet Hy ons beste vriend wees en Hy moet die Een wees na wie toe ek en jy hardloop wanneer ons nodig het om te praat en wanneer ons troos en versekering nodig het. Jesus is altyd opgewonde (alhoewel Hy alreeds weet wat ons gaan sĂȘ) om van jou te hoor en is altyd getrou om jou te laat beter voel. Wanneer jy Hom vertel van ‘n traumatiese of pynlike ding wat sopas met jou gebeur het—sal Hy waarlik Iemand wees wat nader as ‘n broer is en jou meer troos as ‘n moeder!

Mishandeling

En laat my vir ‘n oomblik stop om dit te sĂȘ, meeste vroue wat egskeiding in die gesig staar, en/of owerspel, verlating ens, ondervind ook baie vorme van mishandeling van hulle mans. Verbale mishandeling gaan gewoonlik fisiese mishandeling vooraf. Deur nooit jou mond oop te maak ter verdediging nie, of erger, deur terug te baklei (of ‘n argument te begin) met wrede of snydende woorde (veral woorde wat verneder of jou man se karakter aanval), of fisies die eerste hou te slaan, kan jy basies alle fisiese geweld stop wat nou na jou kant toe mag kom. Maar, wees voorbereid—die verbale mishandeling sal heel moontlik aanhou.

Die oplossing vir verbale mishandeling, en wanneer jou man inkom om met jou te “praat,” met woorde wat vreesaanjaend en dikwels skokkend is, is dat jy eerstens jou mond moet toe hou en net luister na die Here wie vriendelik met jou sal praat in ‘n stil, klein stemmetjie. Dit beteken geen kommentaar en geen vrae oor wat jou man vir jou vertel nie! Laat jou man al die praatwerk doen. Wanneer hy klaar is, stem net saam—dit is so eenvoudig.

Dit geld vir mans ook. Stem net saam!!

Wat? Geen kommentaar, maar wat as ek nie saamstem nie?

Laat ons eerlik wees, niks wat jy sĂȘ sal enigiets verander wat jou eggenoot in sy/haar kop het nie, reg? Elke eggenoot wat by die plek kom waar hy/sy jou wil verlaat en ‘n egskeiding aanhangig maak, het klaar besluit. En deur te probeer om hom/haar te keer, sal jy net hul passie, om te voltooi wat hy/sy in hul koppe het om te doen, vermeerder.

“Haas jou nie om van hom af weg te gaan nie; laat jou nie in met 'n slegte saak nie, want alles wat hy wil, doen hy” (Prediker 8:3).

En wat jou vrae betref—eerlikwaar, geen vrae wat jy vra sal ooit vir jou die antwoorde gee wat jy soek nie! In plaas daarvan sal dit meer pyn, verwarring en elke ander negatiewe emosie veroorsaak wat jy nie nodig het om te hanteer bo-op alles wat hy/sy alreeds gesĂȘ of gedoen het nie.

“’n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop” (Spreuke 16:9).

Jy is reg, wat hy/sy gesĂȘ het, die redes wat hy/sy gegee het, maak nie sin nie—maar dit is die maniere van iemand wat vasgevang is in owerspel.

“So laat sy die jongman swig vir haar listigheid, so verlei sy hom met haar gladde tong. Hy loop sonder weerstand agter haar aan soos ‘ n bees op pad slagpale toe. Soos 'n dwaas word hy in die strik gevang en netnou kloof 'n pyl sy lewer. Soos 'n voĂ«l wat reg in 'n net in vlieg, so is hy daarmee heen voor hy dit weet” (Spreuke 7:21-23).

“Die uitnodiging uit die mond van 'n slegte vrou is 'n diep afgrond; jy val daarin as die Here jou vervloek het” (Spreuke 22:14).

O, en net soos jy in Lydia se getuienis gelees het, moenie die fout maak om Bybelverse (soos die een wat jy sopas gelees het) aan te haal nie. Dit sal hom/haar net kwater maak en meer vasberade om so ver as moontlik van jou en God af weg te kom as wat hy/sy kan!!

Meeste mans loop weg omdat hulle oor die diep afgrond van owerspel geval het. Die eerste keer het ek dadelik geweet (ek het hom op heterdaad betrap) en tog het hy dit ontken. Die tweede keer het hy weer vir my gesĂȘ dat hy my verlaat “om iemand anders te soek om mee te trou” maar hy het toe, later, bely (as gevolg van bewyse wat begin uitkom het) dat hy weereens betrokke was en waarom hy so vining en met vrymoedigheid van my geskei het— om met haar te trou.

As jy nie bewus is van ‘n ander vrou by wie jou man betrokke is nie, moenie probeer uitvind nie. Dit is God se manier om jou te beskerm. As dit is wat aangaan, sal Hy, in Sy goeie tyd, jou sagkens in die waarheid inlaat. Maar, as jy kies om te snuffel, vermoed, of jou man konfronteer, laat jy jouself in vir aaklige pyn wat die potensiaal het om vir jare by jou te spook! Om te weet wat aangaan is nie God se plan nie, maar die vyand se plan om jou te vernietig. Vetrou asseblief op die Here, en my, deur jou oĂ« op die Here te hou. Jy is nie naĂŻef of dom nie, jy handel op ‘n wyse en genadige manier wat by ‘n kind van God pas.

Die rede hoekom baie vroue hul mans verlaat is as gevolg van vrees en/of hulle voel ongeliefd. Vroue is NIE wat die media jou oortuig het nie en jy is ‘n dwaas as jy dit glo. ‘n Vrou wat ongeliefd voel sal weggaan om liefde te soek. Mans en vroue verskil, gooi dus die leuens neer waarop jy waarskynlik jou hele lewe lank gevoed het.

Die Bybel sĂȘ in hierdie vers vir mans, hoe hulle opgemors het:

“Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder” (1 Petrus 3:7). Elke keer wat jy haar hard en stug hanteer, vernietig jy haar en haar liefde vir jou! Vroue was ‘n interne hunkering na haar man gegee
 “Na jou man sal jy hunker en hy sal oor jou heers” (Genesis 3:16).

Maar meeste mans misluk dwaaslik om “verstandig” met hul vroue saam te leef, eer aan haar te bewys en haar as die swakker geslag te behandel wat sy is, het sy vrou uit sy lewe gedruk en dikwels in die arms van ‘n ander man.

Verstandige “manier” beteken nie dat jy moet verstaan hoe sy dink en voel nie, maar op ‘n manier waar jy volwasse genoeg is om te luister, nie voorstelle maak of vrae vra, of erger, vir haar vertel wat om te doen nie, aangesien vroue iemand nodig het wie sal luister na hoe sy voel.

C3-Journal-e1542811532964

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hĂȘ om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui