GOD ANTWOORD

Ons groot almagtige Vader het my so verras vandag!!!

Ek het al so moedeloos en ongelukkig gevoel oor my seun se paspoort wat geteken moes word en klaar betyds klaar moes wees. Ek het so moedeloos geword, maar Vrydag is my seun se paspoort geteken waarvoor ek God die eer wil gee! Hulle het gesê dat die paspoort so twee tot drie weke kan neem, so ek het my daarby berus dat as dit klaar is, is dit klaar en as dit nie betyds klaar kom nie, het ons Hemelse Vader ‘n ander plan.

Vandag het ek ‘n boodskap gekry dat die paspoort klaar is en afgehaal kan word. Dit is ‘n wonderwerk, want dit word nie oor naweke gedoen nie en op die derde wersksdag is ek laat weet dat die paspoort klaar is. Nog nooit in my hele lewe was dit so vinnig gedoen gewees nie. En ek het vir my ma gesê kyk wat gebeur as ‘n ma bid (want ek weet my ma het baie hard gebid dat my seun se paspoort klaar moes kom). God hoor beslis ‘n ma se gebed.

Filippense 4:6-7
Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.

En ek verdien nie eens dat ons Vader vir my doen nie en nog steeds is God se genade so groot en ek is ons groot Vader ewig dankbaar daarvoor.

Psalm 86:5: “U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp.”

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui