Gee Elke Dag Elke Las Vir Hom

♕Belofte van vandag: “Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof . . .” Hebreërs 12:1-2

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Liewe Bruide,

Hierdie hoofstuk [Elke Las] het my geleer dat ons onsself nie moet verstrengel by ander mense se probleme nie, nie eers die wat die naaste aan ons is nie. Ons het genoeg laste van ons eie en ons moet leer om ons eie, en ander wie na ons toe kom met hul laste, vir die Here te gee. Ons moet leer om onsself nie te laat verstrengel raak by ander se probleme nie, al is hul hoe naby aan ons. Ons moet dit alles vir die Here gee sodat Hy dit kan hanteer.

In plaas daarvan dat ons ander wil help en keer dat hulle in die moeilikheid beland of beskerm, is dit partykeer noodsaaklik om hulle te los om die pad te stap en sodoende daaruit te leer en die Here sal dit ten goede gebruik. Ons moet dit net alles vir die Here gee.

Dit is ook belangrik om nie in die pad van sondaars te staan nie, om hulle te laat kry wat hulle wou gehad het en dan kan besef wat hulle verloor het. Maar ons moet wegdraai en nie daarby betrokke raak nie, weereens net vir die Here gee.

Net so met ons eie laste, ons moet elke dag elke las vir Hom gee om vir ons te hanteer en dan net by Hom rus, wetende dat Hy dit vir ons sal hanteer.

Ek het ook al by ander se probleme betrokke geraak in so mate dat dit my op die ouend uitgemergel het. Of iemand probeer keer om 'n fout te maak of te doen wat hulle wil doen, bv my eks man toe hy my wou los vir die ander vrou.

En dit is al hoe mense die nagevolge van hul dade gaan sien en ervaar, as hul doen wat hul wou, soos die verlore seun. Sy pa het nie in sy pad gestaan nie maar vir hom gegee wat hy wou gehad het. Maar hy het gou sy fout besef en teruggekeer na sy pa wat met ope arms vir hom gewag het.

Liewe Bruide,
Moenie verstrik raak in jou eie laste nie, ook nie die van ander nie. Ons het 'n liefdevolle Hemelse Man wat so graag al ons laste van ons wil wegvat en als vir ons hanteer. Selfs die mense in wie se probleme ons verstrengel geraak het. Hy gee net so baie en meer om vir hulle en hulle redding, so ons kan laat gaan en ons nie verstrik in hul laste nie.

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Volg #LOL om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lees.

Leef Die Oorvloedige Lewe is as e-boek beskikbaar in ons boekwinkel!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!