Laat ons elke las van ons afgooi,

ook die sonde wat ons so maklik verstrik

—Hebreërs 12:1

 

Meeste van ons ken, of het iemand gehoor wat na hierdie vers verwys: “Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof . . .” (Hebreërs 12:1-2). Alhoewel ons dit gehoor het, is ek seker dat ons almal sal saamstem dat die las en die sonde waarvan gepraat word, ons eie is. Ek het egter net onlangs myself in ‘n web van laste bevind wat nie my eie was nie, wat my in ‘n hele nuwe lig laak kyk het na hierdie beginsel.

Vandag, soos nog nooit vantevore nie, sien ons vrouens (en sommige mans) wat openlik hulle probleme en persoonlike sondes met die wêreld deel deur middel van televisie, en meer onlangs, sosiale media. Dikwels is daar ‘n gehoor vol mense, meestal vrouens, wat hulle opinies skree (of plaas), baie vir wie die mikrofoon of platform gou gegee word om hulle woede uit te spreek of om eenvoudig vir daardie persoon te vertel wat hulle moet of nie moet doen nie. Op televisie lyk dit asof die gasheer of gasvrou (of regter) die finale woord het en word gesien as ‘n deskundige om die sosiale siektes op te los wat voor ontelbare, obsessiewe “kanni-genoeg-kry” oë en ore vertoon word.

Sonder om dit te besef, het hierdie programme en sosiale media ons almal se lewens nadelig geaffekteer deur ons aan te moedig om met ons eie sondes, en die sondes van ander, by ons familie, vriende, bure en selfs vreemdelinge, te pronk. Deur deel te neem, bevind ons onsself gou verstrik in ‘n menigte probleme en sondes, ander s’n en ons eie, wat swaar op ons druk en ons vreugde steel. Dit begin nie net met ons vreugde steel nie, maar verweer ons geloof en sedes, want saam met wie ons uithang is uiteindelik wie ons sal word.

Belas en Verstrik

Net verlede week het ek ‘n getuienis ingedien oor my suster se genesing. Ek het verduidelik dat die direkteur van haar groepshuis my geskakel het oor my suster se probleem met depressie en hulle wou gehad het dat ek haar in ‘n psigiatriese hospitaal moes laat opneem, so ek het onmiddellik God gesoek vir wysheid. Hy het my gevra om Hom te vra vir “die bron” en ons het gou ontdek dat die depressie was as gevolg van die medikasie wat sy geneem het, vir depressie! Dit was egter vinnig nadat hulle die medikasie gestop het, waarvan sy afhanklik geword het, wat sy nie kon slaap nie, so sy het my elke oggend geskakel om te kla (en my op ‘n manier te blameer vir haar tekort aan slaap). Klink dit bekend?

Wanneer ons in ander mense se probleme betrokke raak, sal ons vinnig verstrik raak en dan bevind ons onsself in ‘n web van hulle laste, gemeng met ons eie probleme wat ons alreeds moet hanteer. Die oomblik toe ek my suster gehelp het en betrokke geraak het, het ek gevind dat haar direkteur en al die ander inwoners haar ook “gehelp” het met meer advies oor verskillende medikasies, en baie wou gehad het dat sy ‘n berader moes sien vir haar depressie. Wel, jy kry die prentjie: een probleem het ‘n web van probleme geword, gevul met deurmekaarheid en verwarring.

As my suster se versorger, het ek nie die luuksheid om weg te loop nie en is ietwat betrokke, nietemin is dit belangrik dat ek versigtig is om nie vasgevang te word nie. In hierdie hoofstuk, wil ek ons almal aanmoedig om ‘n tree terug te gee om te kan sien in hoeveel webbe ons verstrik is, waarvoor ons God moet soek om ons daarvan te bevry: met familie, vriende, bure en medewerkers. Vandag mag jy besef dat jy nog steeds in die sondes van jou eks-man, sy meisie, ens. verstrik is, omdat jy vind dat jy aan hulle probleme dink, en dan die web vergroot deur dit met jou eie vriende of familie te bepreek. Dit kan jou ouer kinders wees wie nie is waar hulle behoort te wees in hulle geestelike of finansiële lewens nie, wat jou verstrik. Miskien is dit jou bejaarde ouers, of moontlik wat gebeur terwyl jou jonger kinders hulle pa (en haar!) besoek.

Dit is wat ek in my eie lewe gevind het wat my beroof het van intimiteit met die Here. Selfs nadat Hy my geleer het om vinnig al my probleme vir Hom te gee, en Hom te vra om enigiets te hanteer wat my selfs die geringste probleem of bekommernis gee, het ek dit onwetend gedoen met die probleme wat nie myne was nie.

Net sodat jy weet hoe ek dit met my eie probleme gedoen het, dit is eenvoudig om te leer. Wanneer enige probleem of bekommernis in my gedagtes opkom (soos wanneer ek wakker word en nie weet wat ek gaan doen oor iets nie), sê ek net, “Liefling, ek gaan jou nodig hê om vandag vir my om te sien na (wat ook al). Dankie my Liefde.” Dan beweeg ek aan om oor iets anders te praat, gewoonlik om Hom te vertel hoe lief ek Hom het en dikwels praat ons oor al die wonderlike dinge wat Hy die dag vantevore vir my gedoen het.

Nadat ek opgestaan het, wanneer ek verby iets in die huis stap wat my probleme gee, soos herstelwerk of ‘n skoonmaak dilemma (soos die mat op my trappe), noem ek dit net aan Hom, en weereens vertel ek Hom om vir my te wys wat om te doen. Dan wag ek eenvoudig en vertrou Hom, en as dit weer in my gedagtes opkom, gee ek dit eenvoudig weer en weer vir Hom. Meeste van ons was geleer in ‘n Wyse Vrou om vir ons aardse man te sê dat ons hom vertrou, so doen dieselfde met jou hemelse Man omdat Hy ook mal is daaroor om dit te hoor.

Nogtans, alhoewel ek bevry is van miljoene van my eie dilemmas, het die versoeking my aanhou pootjie met ander mense se probleme, veral my eie kinders s’n. Aangesien ek nou kinders het wat volwassenes is (oor die ouderdom van 18 jaar), is dit makliker vir my om hulle aan te moedig om hulle eie oplossings te vind en my toe te laat om nie verstrik te raak nie. Nietemin, soos baie van julle, het ek jonger kinders wat in die huis bly, so dit is waar ek vind dat ek ingetrek word. Deur God te soek vir wysheid, het Hy my herinner dat met my ouer kinders, ek altyd probeer het om dit as geleenthede te gebruik om Bybelse beginsels te deel wat ek in my eie lewe uitleef. En ek het ook probeer om versigtig te wees om seker te maak dat dit hulle is wat die finale besluit neem oor wat om te doen (veral, om die Here te soek vir die antwoord), dit vir hulself te doen—eerder as wat ek verstrik raak in die besluit, wat by hulle moet rus. Nie net sê dit doen nie, maar om seker te maak dat dit doen.

Gelukkig, nadat Hy dit vir my gewys het, het die Here my net hierdie naweek gelei om die einste ding met my jongste dogter te doen wat net tien is. Sy het baie druk van haar pa gekry om te trek en voltyds by hom te bly; saam met hom, sy vrou en haar kinders, en sy het gesê dit is waar sy wil bly. Aan die ander kant, kry ek net soveel druk van my ouer kinders af om te keer dat dit gebeur, omdat hulle vir my vertel dat as ek net geweet het “wat regtig daar aangaan” ek haar sou keer.

Dit is toe dat ek van die geleentheid gebruik gemaak het om elkeen van hulle te herinner aan die beginsel van die vader en die verlore seun: hoe die vader eintlik die seun aangemoedig het om te kry wat hy gesê het hy wou gehad het deur hom sy erfenis te gee (voor die tyd), en dat hy eintlik geweet en erken het dat dit sy seun se sonde sou bevorder het. (Lees Lukas 15:11-32.) Ek het verduidelik dat die rede hoekom God vir ons hierdie gelykenis wys, is om vir ons te wys dat deur nie in die pad van ander te staan nie, dit die vinnigste en sekerste manier is, vir enige persoon, om te uit te vind dat wat hulle gedink het hulle wou hê, nie werd is wat hulle uiteindelik sal verloor nie. Natuurlik, het ek hulle herinner dat God nie in die pad sal staan wanneer ons wil hê wat verkeerd is nie, en die vers in Psalm 1 sê dit duidelik, “Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van die goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie...(Psalm 1:1 Afr 83). Hierdie sessies met my ouer kinders dien om hulle, en my te herinner aan die beginsels wat deur die kerk oorgesien en ongeleer word.

Dan, net gister, weereens, was ek in ‘n ander verstrengeling gestoot deur een van my seuns wie nie wou gehad het dat ek nog geld vir sy ouer broer moet leen nie, wie hy glo finansieel onverantwoordelik geword het. Ek moes weereens vir hom vertel dat die Here vir my gesê het om “vrylik te gee” wanneer ek gevra word, terwyl ek my seun herinner het (wie sy bekommernis uitgespreek het) dat God alles ten goede sal omdraai vir alle partye. Alreeds het die Here openbaar dat die finansiële verstrengeling waarin hy geval het, hom daarvan weerhou het om vorentoe te beweeg in ‘n verhouding wat ons geglo het dalk nie God se plan is vir hom nie, ‘n bevestiging. En om hierdie beginsel te versterk en die gesprek te stuur om oor ons eie sondes te praat, het ons elkeen begin om ‘n paar van ons eie foute te deel wat ons meer geleer het as wanneer iemand ons gestop het om die les op die harde manier te leer. Gou was my seun nie meer bekommerd nie, maar het saamgestem dat die Here in beheer was en het besef wat is die seëninge van uit die pad staan van ander—wie dalk self op moeilikheid afstuur.

Wat van jou?

Is jy oortuig dat om in die pad van ander te staan jou plig is? Of kan jy nou sien dat dit net die proses van berou verlangsaam terwyl dit jou ook verstrengel, en jou vreugde steel?

Maar wat as die persoon op pad is na sonde toe en jy weet hulle sal gou verstrik raak en afgetrek word deur allerhande laste? Na wat ons geleer het, sal jy aanhou om jouself te laat verstrik eerder as om dit vir die Here te gee, en God toelaat om dit ten goede te gebruik? In hoeveel verstrengelings het jy jouself vasgevang gekry wat nie jou eie is nie?

Dit is waar dat alhoewel die potensiële verstrengelings uitstekend is om te “onderrig wat goed is” vir diegene wat vra, sodra jy die waarheid gedeel het, is jy altyd in staat om terug te tree en hulle toe te laat om die waarheid te volg sodra jy dit gedeel het, selfs as hulle verkies om die waarheid te ignoreer?

So dikwels vind ek dat baie mense onmiddelik die waarheid sal omhels, maar nooit daarop reageer nie, soos wat dit sê in Matteus 13:20, “Die man weer by wie daar op die klipbanke gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. Hy laat dit egter nie by hom wortel skiet nie, en hy hou nie lank uit nie…” Laat God toe om die klipbanke op te breek in die harte van die mense rondom jou. Wanneer ons dit doen verafsku hulle ons. Tog, as ons God toelaat om dit te doen, kan ons daar wees wanneer hulle gebroke is, help om hulle aan te moedig om die Here se liefde te aanvaar—maar net wanneer ons voortdurend in Sy liefde gebaai is.

Vandag besef ek dat ek net begin om te verstaan dat dit nie genoeg is om net my eie sondes en laste neer te lê nie, ek moet ook vasbeslote wees om doelbewus nie verstrik te raak in die webbe van ander mense se lewens nie, insluitende en veral diegene wat naaste aan my is en vir wie ek die meeste lief is. Die voortdurende en enorme probleme van my eie lewe, alles wat ek onlangs beleef het, het weereens ten goede uitgedraai; Hulle het my gehelp om ten volle weg te loop van verstrengeling met ander mense, wat hulle los om deur die Here gelei te word of die nagevolge van hulle sondes te ervaar—uiteindelik wanneer ons almal meer leer omdat ons daardeur gegaan het. So, net soos wat ek met my probleme en bekommernisse gedoen het, sal ek nou gelukkig al die probleme of bekommernisse wat ek vir ander het, aan my Beminde Man gee wat net so bekommerd is oor my geliefdes as wat Hy vir my is!

Ja, probleme mag aanhou om my te omring, maar ek verkies om hulle vir die Een te gee wie die krag en wysheid het om dit te hanteer. Dit maak my weereens vry om eenvoudig in Sy arms te knuffel en verwonderd te wees oor Sy liefde. “Dit is my beminde en dit is my vriend…” (Hooglied 5:16).

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui