Gebedsboom

As julle My enigiets in my Naam vra, sal Ek dit beslis doen.‭‭ J14:14

Ek het ⭐Die Krag van Gebed gelees waar n paar beginsels my herinner het dat:

  • Ek nie nodig het dat iemand anders vir my bid nie.
  • Lofprysing kragtiger is as gebed.
  • Wanneer ek wag moet ek die tyd gebruik om Hom te prys.
  • Dat ek n gebedsjoernaal kan maak waar ek my gebed en beloftes kan in skryf.
  • Vir kinders kan hulle n gebedsboom maak.

"Prayer Tree–A Faith Builder"

Ek het saam my meisie kind ons gebedsblomme gemaak, sy het blomme gesoek elke blomblare is n gebed. Terwyle ek eers vir haar vertel hou die gebedboom werk. Sê sy vir my die son is die Here.  Voordat ek dit vir haar gesê, en ja natuurlik maak sy die son heeleerste want die Here is die belangrikste en vir haar is die son die spesiaalste van als. Sy op elke blomblaar geskryf vir wie sy almal bid. En ek het n blom gemaak vir my gebede en n vrug vir n gebed wat beantwoord is toe maak sy ook n vrug waar ek ook vir haar verduidelik het sy kan n vrug maak vir elke gebed wat Hy beantwoord. Sy het toe gevra as daar 100 vrugte is van gebed wat beantwoord word waar gaan al die vrugte kom (en dit is die geloof van 'n klein kindjie, want sy sien al klaar dat daar baie gebede beantwoord gaan word).

Vra My, en Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel oor wat hier gaan gebeur, waarvan jy niks weet nie.‭‭J33:3

Niks verskaf my groter vreugde nie as om te hoor dat my kinders in die waarheid lewe.‭‭ 3J1:4 

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

3 thoughts on “Gebedsboom”

  1. Dankie liefste Kristy dat jy hierdie mooi getuienis gedeel het, dit is so spesiaal om te hoor hoe jou dogter haar “son” (die Here) eerste gemaak het!

    ‘Groter blydskap as dit het ek nie, dat ek hoor dat my kinders die pad van waarheid loop. ‘

    3 Johannes 1:4
    https://www.bible.com/af/bible/3499/3JN.1.4

  2. Dankie dat jy my ook herinner kosbare Kristy, om die Here te prys terwyl ek wag en dat ek nie iemand nodig het om vir my te bid nie, want die Here hoor my gebede. En dis so kosbaar hoe jy jou dogter leer van die gebedsboom, ek sien uit om te sien oor hoe baie vrugte jou kosbare dogter op die gebedsboom gaan plak.

  3. “en uw zonen en uw dochters zullen profeteren,
    en uw jongelingen zullen gezichten zien,” Handelingen 2:17

    Hallo Kristy, bedankt voor het delen van deze getuigenis van je dochter. Het geeft mij vreugde in mijn hart hoe jong zij is en onze Heer al op nummer een plaatst in haar leven. Zeker zullen er velen beantwoorden vruchten in haar leven verschijnen.
    ~~~~~~
    “…julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.” H2:17 https://www.bible.com/af/bible/compare/ACT.2.17

    Hallo Kristy, dankie dat jy hierdie getuienis van jou dogter deel. Dit bring vreugde in my hart hoe jonk sy is en reeds ons Here as nommer een in haar lewe plaas. Sekerlik sal baie antwoordvrugte in haar lewe verskyn.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui