Alles Oor Die Here Se Liefde Vir Ons

"Deur sy wonde is julle genees." 1P2:24 

Kosbare liefste bruid ervaar vandag ons kosbare Here se liefde, want vir Hom gaan dit alles oor Sy ewigdurende liefde vir ons.

"Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar my liefde vir jou sal nooit verdwyn nie, my vredeverbond met jou sal nooit wankel nie, sê die Here, wat jou liefhet." J54:10 

"En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom." 1J4:16

Kosbare liefste bruid hierdie is presies die liefde wat die Here van ons af verdien:

"Die wetskenner antwoord toe: “Die wet sê jy moet die Here jou God liefhê met alles in jou: met jou wil, jou emosies, jou krag en jou denke..." L10:27(DB) So gee ons kosbare Here al jou liefde, al jou fokus en ek moedig jou aan om vandag te mediteer op hierdie woorde: Hy is al wat ek wil hê, Hy is al wat ek nodig het, as ek Hom het, het ek alles wat ek nodig het! Ek was ook al gebroke met geen hoop meer nie, maar die Here het alles in my lewe verander en ek weet met my hele hart dat ons kosbare Here dit vir jou ook wil doen, so moet asseblief op niks anders as ons kosbare Here fokus nie en jy gaan self beleef hoe Hy alles in jou lewe verander.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Alles Oor Die Here Se Liefde Vir Ons”

  1. “wie zijn leven voor zijn vrienden overheeft, heeft de grootste liefde”. Johannes 15:13

    Ik ben het met je eens Janine dat alles wat we nodig hebben om alles te hebben in deze wereld is onze Hemelse Man en Zijn liefde💞. Meer heb je niet nodig om je hart over te laten lopen van vreugde, blijdschap en liefde.
    Ik heb de afgelopen weken mijn hart toegewijd aan andere dingen maar ben toch weer tot de conclusie gekomen door te kijken naar andere hun levens, hoe die verlopen, dat als ze onze Heer zouden hebben dan zouden ze zich minder druk en zorgen maken. Hoe vrediger zou het leven dan zijn voor vele. Hij is het waardevolle voor eeuwig , al de andere dingen in deze wereld hebben geen waarde. En vullen zeker de leegte in mijn hart niet.
    Bedankt voor het delen van de liefde van je Echtgenoot met ons.
    ~~~~~~~~
    “Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.” J15:13 https://www.bible.com/af/bible/5/jhn.15.13

    Ek stem saam met jou Janine dat al wat ons nodig het om alles in hierdie wêreld te hê is ons Hemelse Man en Sy liefde💞. Dit is al wat jy nodig het om jou hart te laat oorloop van vreugde, geluk en liefde.
    Die afgelope weke het ek my hart aan ander dinge gewy, maar ek het tot die gevolgtrekking gekom deur na ander mense se lewens te kyk, hoe dit met hulle gaan, dat as hulle ons Here gehad het hulle minder besig en bekommerd sou wees. Hoe rustiger sou die lewe vir baie wees. Hy is die kosbare ding vir altyd, alle ander dinge in hierdie wêreld het geen waarde nie. En moet beslis nie die leemte in my hart vul nie.
    Dankie dat jy jou Man se liefde met ons deel.

    1. Ja kosbare Kristine, die res het nie die waarde wat ons kosbare Here het nie en ja dis net Hy wat ons die vrede en vreugde kan gee wat alle verstand te bowe gaan. Ek weet net dis net Hy wat my lewe ten goede kon verander.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui