Enigiets Kan Gebeur as Ons Net Glo

♕Belofte van vandag: “As julle maar geloof het so groot soos 'n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.” Matteus 17:20

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Liewe Bruide,

Om ons berge te versit moet ons ophou hoop dat iets sal gebeur, ons moet glo dit sal gebeur en dit spreek. Ons moet leer om ons seëninge te onderskep deur oortuiging dat dit sal gebeur.

In hierdie les het ek weereens besef dat ons moet glo dat niks vir God onmoontlik is nie. Ons moet oortuig wees dat Hy iets gaan en kan doen waarvoor ons glo, sonder om te twyfel.

Ons moet soos 'n kind glo en nie vaskyk in die dinge wat onmoontlik lyk of dit gekompliseerd maak nie, ons moet net glo dat ons HM (Hemelse Man) dit sal en kan doen en ons berge sal versit.

HM bring ons ook voor kleiner berge om ons te leer dat ons dit kan versit as ons geloof het. Dan wanneer ons geleer het wat ons deur geloof kan bereik, sal Hy die groot berge voor ons sit wat ons met opgeboude geloof kan versit.

Ek het in hierdie les [Versit Jou Berge] geleer dat geen berg versit sal word sonder ons vaste oortuiging en geloof nie. Ons moenie hoop die berg skuld wat ons in die gesig staar sal versit word nie, ons moet oortuig wees daarvan dat dit sal gebeur.

Enigiets waarvoor ons glo, skuld, kinders, verhoudings, huwelike, enigiets, kan gebeur as ons net glo. Die Here sê in Sy woord dat niks vir Hom onmoontlik is nie, alles wat Hy belowe in Sy woord sal volbring word, ons moet net glo.

Dit is maklik om te twyfel of net te hoop dat iets sal gebeur, maar ek moet ophou hoop en begin glo, want niks is vir God onmoontlik nie. En spreek dat dit waarvoor ek glo SAL gebeur, nie sê dat ek hoop dit sal gebeur nie.

Liewe Bruide,

Niks is vir God onmoontlik nie, glo en wees oortuig daarvan. Met geloof en oortuiging kan jy jou berge versit.

“...sal julle vir hierdie berg sê: Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.” Matteus 17:20

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Volg ons #VB Tag om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lees.

Versit Berge is as e-boek en sagteband beskikbaar in ons boekwinkel!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!