“sal julle vir hierdie berg sĂȘ:

 ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan.

 Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”

— Matteus 17:20

 

Meer as enigiets in die wĂȘreld, langsaan om meer intiem met die Here te wees, het ek hierdie oorweldigende begeerte om skuldvry te wees. Dit is daardie woord vry wat my beet gekry het en my nie wil laat gaan nie. Dit is hoofsaaklik as gevolg van die bewustheid wat my oorneem (ten minste een keer per dag) wat my herinner aan wat ons skatlike Man, vir jou en my gedoen het. Ek het selfs wakker  geword tot ‘n nuwe openbaring dat ons Liefling nie net gesterf het sodat ek en jy in die hemel kan kom wanneer ons doodgaan nie, maar dat Hy die dood aan die kruis gesterf het sodat ek en jy vrygestel kan wees—vry van ieder en elke las in jou en my lewens.

As dit nie genoeg is nie, Hy het elke een van die kettings van die dood gebreek sodat Hy nou saam ons kan wees, nou dadelik, as ons Hemelse Man. Dan bygevoeg by hierdie daad van liefde, Sy perfekte liefde is wat die wonderbaarlike doen—genees ons diepste wonde en stel ons vry van al die skande en pyn. 

Finaal, om die oorvloedige lewe te vind, dan hierdie lewe die volgende jaar te leef, het my nader en nader gebring om regtig die grootte van Sy seĂ«ninge wat God op elkeen van ons skenk toe  Hy Sy enigste Seun gestuur het om in ons plek te sterf te sien: die perfekte Lam wie geslag was. En Hom dan toegelaat het om ons Bruidegom te wees, en die oorlogvoering te vergeet en te fokus om net “verlief” op Hom te wees. 

Hopelik is jy ook op die plek dat jy nie soos baie Christene is wie net daar is vir wanneer Hy ons roep om Hom in die lug te ontmoet nie, maar dat ieder en elke dag: elke oggend wanneer jy wakker word, elke aand wat jy bed toe gaan, dat jy warm in Sy dierbare arms van liefde toegevou is, en elke oomblik tussenin. Indien nie, sal ek jou aanmoedig om te stop en die boeke te lees wat voor hierdie een gekom het, Vind die Oorvloedige Lewe, Leef die Oorvloedige Lewe en die Armoede Mentaliteit. Elkeen van hierdie boeke is kursusse wat gratis aan lidmate van die Herstel bediening geoffer word.  

Tog,het ek besef dat meeste gelowiges, en ek bedoel moontlik 99% van Christene, lewe nie by die vlak van seëninge wat by reg ons sin is nie. Ek raai dat meeste gelowiges net eenvoudig nie van hulle weet nie, want as hulle het, sou ons elkeen begin het om hierdie seëninge te onderskep, net soos wat elkeen van ons begin doen het!

Wie sou ooit kon droom dat jy egskeiding pynloos kon aanpak? Sekerlik, nie ek nie! En ek praat nie van die vrouens wat die egskeiding aan die gang sit nie of vrouens wie spoeg kwaad is met wraak wanneer ‘n egskeiding teen hulle aanhanig gemaak is nie. Omdat of hulle eerlik is of nie, selfs daardie kwaai geskeide vrouens leef dikwels en doen hulle beste om die pyn, verwyte en skuldgevoelens—weggesteek agter hulle woede, te onderdruk. Tog, deur te leer hoe om alles wat die Here vir my gehad het, gebaseer op Sy beloftes, te onderskep het ek heeltemal pynloos en kommervry deur my egskeiding gegaan. (As jy of iemand wie jy ken deur ‘n egskeiding gaan, wees seker om voordeel te trek uit die getuienis wat ek deel in  Facing Divorce Again wat ook ‘n gratis kursus op LoveAtLast.com) is.  

Dan, is daar die wat deur bonatuurlike geboorte gegaan het—pynloos!! Wie sou ooit kon dink dat dit moontlik kan wees? Sekerlik nie ek nie! En alhoewel ek verby baar jare is (en ek is nie meer getroud nie) kan ek myself nie hierdie belofte onderskep nie, maar my kinders sal. Ek sal seker maak deur dit uit te spreek, en te glo; en sodoende die geloof van my dogters te vermeerder, wat alreeds gelei het tot hulle oortuigings wat verander het. Ek hoor dikwels my dogters vir mense vertel dat hulle pynlose en komplikasievry geboortes sal hĂȘ—hulle is vasberade daaroor en ons het net halfpad deur Supernatural Childbirth gelees soos wat ek in my laaste boek  Armoede Mentaliteit genoem het ek besig was om te doen

Dit was terwyl ek hiedie boek gelees het dat ek baie dinge besef het; een, dat ek dikwels die regte ding gedoen het om berge in my lewe te versit toe ek nie eens geweet het dat ek besig was om dit te doen nie. Dieselfde, is ek seker, is waar in jou lewe. Is daar dinge waarvoor jy God geglo het, sonder om te twyfel, en hulle het gebeur net soos jy gedink het dit sou—jy het net nie geweet dat jy besig was om een van jou berge te versit nie?!

Dit is omdat ons oortuigings ver bo, en baie sterker, as ons hoop is. Om te “Hoop” vir iets moet sekerlik vooraf gaan as om in God te glo vir iets, maar die verskil is soos om te dink of luidkeels te sĂȘ “Wow, dit sal goed wees” soos wat jy “hoop” vir iets om te gebeur, versus om te dink of luidkeels te sĂȘ “Loof God! Dit staan op die punt om te gebeur!” Laat my jou net een voorbeeld wat Erin met my gedeel het gee van hoe dit anders is. 

Erin het gesĂȘ dat toe sy uitvind dat haar broer, wie in Japan bly en wie se vrou ‘n Buddis is, sou toelaat dat haar broerskind vir ‘n maand saam met haar familie kom bly, het sy vir almal vertel “Loof God, my broerskind kom oor om gered te word!!” Erin het gesĂȘ, “Alhoewel ek nooit met my broerskind gepraat het oor die Here of redding nie, of enigiets anders geestelik nie, het ek geen twyfel gehad dat dit sou gebeur nie—geen twyfel watookal nie. Wat my geskok het was toe ek dit met meeste  Christene gedeel het, het hulle ‘n punt daarvan gemaak om my reg te stel deur te sĂȘ “O, dit is goed, natuurlik hoop ons almal dat sy gered sal word [met klem op die woord hoop], maar ons weet dit nie verseker nie” en Erin het geantwoord “Ja, ons doen! Jy sal sien; sy sal gered wees voordat sy teruggaan huis toe!”

Erin het aangegaan om te sĂȘ, “Dit was  nie dat ek vir God spesifiek gevra het vir haar redding nie; soos om Hom te vra, Asseblief, Here, bring Monica oor hiernatoe sodat ons die Goeie Nuus met haar kan deel” alhoewel gebed en om spesifiek te glo ‘n goeie ding kan wees. Dit is net dat ek dit kon voel; ek kon dit aanvoel” meesal as gevolg van die skielike manier wat sy oorgekom het om by ons te bly. Op sommige wyse, alhoewel ek dit nie kan verduidelik nie, weet meeste van die vrouens in ons bediening waarvan ek praat. Vir jare, vandat ek ‘n baba was, het ons familie vir my broer en sy familie gebid om gered te word. As ek oor my geloof met hom gepraat het, het ‘n kilometer hoĂ« muur opgegaan. Selfs erger, my broer is briljant en ken die Bybel; hy glo dit net (nog) nie. So hy is lief daarvoor om te debater, maar ek weier. Jare gelede, het ek geweet dat hy my vertel het om te laat gaan van hierdie las en om eenvoudig my lewe te leef as ‘n sendbrief. My lewe het finaal sy andag getrek.    

Alhoewel ek weet my broer was angsbevange dat ek sy dogter sou “bekeer”. Het God oorheers en skielik het my broerskind gekom vir ‘n besoek—alleen.  Terwyl sy besoek het, was sy nuuskurig toe sy wakker geword het gedurende ons oggend gebed vergadering en verby geloop het (sy het nog nooit van gebed gehoor nie), en sy was onmiddellik geïntrigeerd dat ons met “God” praat. Voordat sy huis toe gegaan het, soos wat  ek geglo het sou gebeur-was my broerskind radikaal gered, en het toe gevra om gedoop te word, en gedurende haar doop, het sy haar getuienis in gebroke Engels met ons hele kerk gedeel.

As gevolg van haar oortuigings, is Erin se berg versit. (As jy daarvan sal hou om die hele getuienis te lees, wees seker om hierdie gratis kursus op ons LoveAtLast.com, “Salvation Stories.” te vind.

Wat met Erin se broerskind, Monica, gebeur het was heeltemal as gevolg van Erin se ontroerende geloof. Dit bewys wat ons Man ons vertel he toe Hy in die middel van Sy bediening op die aarde was, “Daarop antwoord Jesus hulle: “Dit verseker Ek julle: As julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle kan doen wat Ek aan die vyeboom gedoen het. Meer nog: Julle sal vir hierdie berg kan sĂȘ: ‘Lig jou op en val in die see!’ en dit sal gebeur.

Dit is nie die eerste keer wat Jesus hierdie gek idee voorgestel het nie. ‘n Ander keer het Hy Sy dissippels geantwoord toe hulle gevra het waarom hulle nie die demone uit die geestelik versteurde kon uitdryf nie:

“Omdat julle geloof te klein is,” sĂȘ Hy vir hulle. “Dit verseker Ek julle: As julle maar geloof het so groot soos 'n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg  sĂȘ: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”

Om Geloof Soos ‘n Kind Te HĂȘ

Meeste van ons weet dat nog ‘n ding wat Jesus vir ons vertel het gedurende Sy bediening is dat ons geloof moet hĂȘ soos ‘n kind, wat eenvoudig beteken dat ons nie aan die onmoontlike of alles wat verkeerd kan gaan dink nie; maar eerder, soos ‘n kind, kyk ons na ons Held wetend dat Hy meer as in staat is om die onmoontlike te doen, is jou Man jou Held?

Snaaks, dit was omtrent ‘n maand gelede terwyl ons gery het dat ek my dogters vertel het dat ek hierdie boek gaan skryf, en ek het vir hulle gesĂȘ dat die titel is “Versit Berge.” Onmiddellik het hulle geweet waaroor my boek sou wees. Toe, tot my verbasing, het elkeen gesĂȘ dat toe hulle in die begin die vers oor ‘n berg versit gehoor het, hulle dit probeer het! Hoe oulik is dit? Hulle het albei gesĂȘ dat hulle so verras was toe die berg waarmee hulle gepraat het (‘n hoĂ« heuwel naby ons huis) nie beweeg het nie, en in hulle geloof soos ‘n kind, gewonder waarom nie..

Nie dat hulle my doelbewus gevra het nie, maar ek wou hulle met hulle “hoekoms” help, so in my kop en hart, het ek met hulle Vader, my Man gepraat, vir hoe om hulle te antwoord. Onmiddellik het ek geweet hoe om hulle op ‘n sagte, liefdevolle manier te help. Ek het verduidelik dat die krag wat ons het as gelowiges soos die krag is wat in ‘n motor is. Tensy ons volwasse genoeg is om te bestuur, weet ons Hemels Vader om nie die sleutels vir ons te gee nie. Toe het ek aangegaan om te verduidelik dat toe Jesus gepraat het van berge versit, Hy dit figuurlik gebruik het, en dat hulle, onwetend, alreeds geleer het hoe om berge in hulle lewens te versit en het moontlik baie verwyder het sonder om eens daarvan te weet.  

Dwarsdeur ons lewens sal, jy en ek (en ons kinders) berge in die gesig staar; baie onmoontlike situasies en angswekkende omstandighede sal oor ons oprys. Dit is wanneer ons moet kies om: terug te draai, onsself by die basis van die berg neer te plak, die berg te klim, rondom die berg te gaan, of eerder te glo—wanneer ons aanvoel dat Hy sĂȘ dat ons die—berg moet beveel om te versit. “Dit verseker Ek julle: Elkeen wat vir hierdie berg sĂȘ: ‘Lig jou op en val in die see,’ en daarby nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sĂȘ, gebeur, vir hom sal dit gebeur” (Markus 11:23).

Wat my motiveer om nie meer te twyfel dat die berg sal versit nie is wanneer ek weet wat God oor iets sĂȘ. As Hy vir my in Sy Woord sĂȘ dat dit iets moontlik is, glo ek dit—een rede is omdat Hy ook sĂȘ dat Hy, God, nie kan lieg nie. Moontlik die mees bekendste berg wat God versit het en  die manier wat ek gedink het verander het, is wanneer ek lees oor Erin se huwelik wat herstel is. Sy het met haar berg gepraat, nadat Erin twee jaar vroeĂ«r in die Bybel gelees dat “niks is onmoontlik met God nie—dit die dag was wat HMI nie-amptelik begin het, wat is wat aan almal van ons geminister het en wat ook later gehelp het om myne en ook so baie ander se bedienings te lanseer !

Een keer het Erin my vertel, “Eerlik, Michele, toe ek, in die begin, verlating in die gesig gestaar het, het ek eerlik nie geweet wat om te doen nie, maar ek het geweet wat ek wou ghad het moet gebeur. Dit was waarvoor ek gehoop het. Toe, nadat ek ‘n klein boekie deur Dr. Ed Wheat, How to Save Your Marriage Alone gelees het, dat ek geglo het dat kan gebeur. Dit het twee jaar geneem om verskeie kleiner berge te versit (as ‘n enkel moeder van vier klein kinders) wat my op ‘n plek gebring het vir daardie groot berg van afskeiding en egskeiding in die see te gooi.”

God weet dat sonder om die kleiner berge te sien versit, ons dit moeilik sal vind om te glo dat ons die krag het wat nodig is om daardie regte groot berge te versit! Dit is waarom, wanneer ons hoop om ‘n groot berg te versit, soos my “Mt. Everest” wat nou oor my oprys, ‘n berg van ongelooflike skuld, bring die Here bring my voor een kleiner berg na ‘n ander—leer my wat ek in staat is om te doen wanneer ek glo, en nie meer twyfel nie.

Net gisteraand het ek ‘n kredietkaart maatskappy my geskakel het om my aan te moedig om my kredietkaart skuld oor te plaas na hulle kaart toe met ‘n laer rentekoers. Toe hulle vir my sĂȘ wat die bedrag is, en dat ek die hele balans kan oorplaas, het ek gelag. Ek het vir hom gesĂȘ dat dit nie eens naastenby gekom het met wat ek nodig gehad het nie. Daardie klein bietjie sou niks doen nie! Dit was soos iemand wat vir my ‘n groot graaf offer om my pad deur my Mt Everest te grawe—ha! Nee meneer, ek het ‘n wonderwerk nodig, nie ‘n ander metode nie. Dankie.

Om te leer hoe om kleiner berge te versit het my finaal getref net na die Here my gelei het om hierdie jaar my inkomste belasting—myself te doen. Waansinnig! ek het hieroor in my laaste boek, Armoede Mentaliteit gedeel, maar laat ek jou kortliks vertel waarom dit gek was.  Eerstens, ek is absoluut pateties met syfers; tweedens, ek het ‘n slegte gewoonte om ‘n nul by te voeg of uit te laat (nie ‘n goeie ding wanneer jy met die goewerment of SARS werk nie) derdens, (soos wat ek in AM genoem het) my eks-man het altyd ons belasting gedoen (wel, eintlik het hy die informasie vir ons belasting bymekaar gemaak, wat hom altyd die eerste drie  maande van die jaar geneem het om te doen—dan het hy alles aan ‘n professionele GPR, wie ‘n deskundige was met geen-profyt organisasies, wie, baie dikwels, gevra het vir uitstel omdat ons belasting so moeilik was). Het ek my punt bewys van die grootheid om hierdie berg te versit?

Maak nie saak hoeveel keer ek vir my Man hierdie feite vertel het nie, tog, het Hy my aanhou vertel dat ek hulle hierdie jaar sou doen—en my verskoning eenvoudig ignoreer, en my toe  herinner toe ek die papierwerk ingedien het om ‘n 501 © 3 nie winsmotief status te verkry nie. Toe ek hierdie gek, belaglike, onsinnige selfs komiese prestasie gedoen het, het die verteenwoordiger van SARS my geskakel en basies dieselfde ding gesĂȘ, dit was: gek, belaglik, onsinnig. Sy het gesĂȘ sy het eintlik geskakel om uit te vind watter prokureur ek gebruik het, en toe sy hoor dat ek die onmoontlike gepoog het, het sy vir my verduidelik, vir my, hierdie onnoselike, dat meeste prokureurs nie bekwaam genoeg is om hierdie baie gekompliseerde en in-diepte versoek te doen nie, het het aangegaan om vir my te vertel net wat die persentasie was vir organisasies wie nie elke jaar vir nieprofyt status kwalifiseer nie. Dit was iets soos 95%. 

Dit was, nitemin, op dardie presiese oomblik in tyd, wanneer die feite so eg is dat as jy naby kyk—jou berge begin wankel net om te sien hoe ons, wie eis om gelowiges te wees, sal reageer. Sal ons saamstem met die onmoontlike? Sal ons die tyd neem om te stop om seker te maak dat dit God se wil is? Of sal ons, eerder, die woorde uiter wat daardie berg sal versit—en dit in die see gooi?

Daardie dag, toe die SARS verteenwoordiger geskakel het, het ek die woorde gespreek wat daardie berg versit het en gesĂȘ het, “Ja, ek weet dit is onmoontlik maar ek sal daarvan hou om ‘n belasting-vrygestel status” te kry, en dit is toe die “onmoontlike” gebeur het—die verteenwoordige van SARS het my  persoonlik oor die volgende paar dae deur elke stap geloop, en uiteindelik die aansoek deur gestoot en die sonder winsmotief status was toegestaan.     

Alhoewel ek weet dat (destyds) dit belangrik was dat ons hierdie sonder winsmotief status vir die nuwe bediening, en my familie,  se onthalwe sou win, nou deur terug te kyk, weet ek dat dit net een deel was van God se groter plan. Hy wou gehad het dat ek jou hierdie waarheid moet voer “voer my skape” so deur jou te leer, sal jy in staat wees om ander te help om die  berg in die lewe van die gelowige te versit, om die aandag van ongelowiges te trek—bruide wat ‘n Man nodig het om hulle lewens oorvloedig te lewe!! 

As daar een ding is wat die aandag van die verlore sal trek, die desperate, is dit wanneer Sy bruide oral om die wĂȘreld begin om geloof te hĂȘ om berge te versit.

Die vraag is: Sal jy een van hulle wees?

Moet nie paniekerig word nie—onthou, Hy begin ons eerste met die klein berge!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui