Dit Het Nie Toe Sin Gemaak Nie…

Vertrou op die HERE met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. S3:5

Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee. J29:11

Met die lees van hierdie les: Staar Egskeiding In Die Gesig, Hoofstuk 3 het ek geleer dat dit nie sin gaan maak nie en ek het teruggedink aan toe my man my jare gelede gelos het vir 'n ander vrou en hoe ek sin probeer maak het uit alles en net antwoorde gesoek het. Ek het natuurlik nie die antwoorde gekry waarvoor ek gesoek het nie en met al my baie vrae het dit net meer pyn en verwarring veroorsaak.

Lees asseblief hierdie treffende gedeeltes aangehaal uit die boek Staar Egskeiding In Die Gesig - Hoofstuk 3:

En wat jou vrae betref—eerlikwaar, geen vrae wat jy vra sal ooit vir jou die antwoorde gee wat jy soek nie! In plaas daarvan sal dit meer pyn, verwarring en elke ander negatiewe emosie veroorsaak wat jy nie nodig het om te hanteer bo-op alles wat hy/sy alreeds gesê of gedoen het nie.

Jy is reg, wat hy/sy gesê het, die redes wat hy/sy gegee het, maak nie sin nie—maar dit is die maniere van iemand wat vasgevang is in owerspel.

Kosbare liefste bruid moenie probeer sin maak uit alles nie. Vertrou net ons kosbare Here dat Hy iets goeds uit die seer uit sal bring, want dis Wie Hy is! Vat Sy hand en sit al jou fokus op Hom.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Dit Het Nie Toe Sin Gemaak Nie…”

  1. Liefste Janine, ek kan myself so vereenselwig met hierdie les, want ek wou antwoorde he, en ek het BAIE vrae gevra, net om verpletter te word deur die antwoorde. En niks het sin gemaak nie, maar die les het my laat verstaan dat niks sal sin maak nie, nie as iemand vasgevang is in ‘n strik van sonde nie. Ai, hoe wens ek ek het toe geweet wat ek nou weet en nie al die vrae gevra nie, want al daardie verpletterende antwoorde het lank terugflitse veroorsaak.

    Maar prys die Here, Hy het ons op hierdie reis gesit om ons te genees van al daardie wonde, en Hy is so genadig dat Hy ons laat vergeet en vergewe. Hierdie les het my die antwoorde gegee wat ek daardie tyd moes gehad het….

  2. Wow jy’t dit so mooi gestel kosbare Adina, hierdie les het werklik die antwoord gegee wat ons daardie tyd moes gehad het en ek wens ook ek het daardie die die les gehad en al die ander lesse, want daadliks leer ek so baie hier by RMI, wat my so ongelooflik baie help maar ja die Here se genade is so groot en ek glo ons moes deur alles gaan vir ‘n groter doel en vandag kan ons dankie sê vir die ons kosbare Here vir al Sy genade en dat Hy al die tyd langs ons was en nog steeds is.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui