Gee oor aan Hom, Hy genees

Die Here kyk oor die hele aarde om hulle te help wat met hulle hele hart op Hom vertrou. Wat ’n dwaas was jy nie! Daarom sal jy van nou af gedurig oorloë hê.”‭‭2K16:9

Dit sal nie vir julle nodig wees om te veg nie. Neem julle posisies in, en staan dan en kyk na die oorwinning van die Here. Hy is met julle, inwoners van Juda en Jerusalem. Moenie bang of moedeloos wees nie. Gaan môre soontoe, want die Here is met julle!”‭‭2K20:17

En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe.‭‭R8:28

Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. “Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het. ‭‭J10:10

Toe ek die HHM C3 “My Beloved Daughter gelees het, het ek die volgende geleer:

  • Om al die seer vir die Here te gee, Hy kan enige seer van die verlede en selfs nou se seer genees.
  • Hy kan enige verhouding herstel.
  • Hy wil my seer genees en wil hê ek moet die Oorvloedige lewe saam met Hom lewe.
  • Om als oor te gee aan Hom en stil te wees, Hy het als onder beheer.

Hy het dit toe gelaat sodat als ten goede by mekaar kan kom en Sy naam al die glorie kry en dat ek vir Hom kan werk om ander in seer te kan help.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

1 thought on “Gee oor aan Hom, Hy genees”

  1. Dankie dat jy met ons deel wat jy geleer het kosbare Kristy, ja die Here kan beslis enige seer genees. Ek het vir jare met seer geloop en vervulling in die wêreld gaan soek en dis nou eers dat ek oorgegee het aan ons kosbare Liefling Here dat ek nie meer die vervulling van die wêreld nodig het nie, want Hy is alles wat ek nodig het, want Sy ewigdurende liefde genees alles! https://uiteindelikhoop.com/ewige-liefde/

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui