Dit Gaan Absoluut Sy Wil Moet Wees

♕Belofte van vandag: “Maar as sy ‘n ander man se vrou word so lank as haar man lewe,sal sy as ‘n egbreekster beskou word. As haar man gesterf het, is sy egter vry van die wet, en is sy nie ‘n egbreekster as sy ‘n ander man se vrou word nie.” Romeine 7:3

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Liewe Bruide,

Hierdie les (Hoofstuk 16 ”Nie Meer ‘n Egbreekster Nie”) gaan dalk moeilik wees, dit was vir my die eerste keer 'n moeilike les, maar soos tyd verloop het, het my Hemelse Man my vrede gegee met hierdie moeilike beginsel van skei en weer trou, met iemand anders.

Voor ek en my voormalige man getroud is, was ek nog nooit voorheen getroud nie, maar hy was voorheen getroud. Daar was geen kinders uit die huwelik van 3 jr nie maar nog steeds, hy was voorheen getroud.

Ek het nie eers gedink dit was snaaks om met geskeide man te trou nie, want ek het met een voet in die wereld gestaan en die ander voet amper halfpad in die Bybel. Ek het nie die Bybelse beginsels van egskeiding en weer trou geken nie.

Net soos die skrywer kan ek ook sê dit was nie 'n maklike huwelik nie, al het ons altwee baie goeie salarisse verdien, het ons gesukkel en dinge het finasieel nie goed gegaan nie. Dan was daar ook nog die jare lange egbreuk waarmee ek moes saamleef.

Ek en my voormalige man het voor hy die eerste keer getroud was wel 'n verhouding gehad, dit het nie gewerk nie, toe het hy aan haar verloof geraak en begin trouplanne maak. Net voor die troue het hy na my toe gekom en gesê hoe lief hy my het en dat hy alles sal los as ons weer kan probeer. In my arrogansie (en omdat ek by iemand anders betrokke was omdat my
voormalige man my hart gebreek het), het ek nee gesê, ek wou ook nie verantwoordelik
wees vir die afstel van die troue nie. Ons het na die egskeiding weer bymekaar gekom. So dit was my fout, want het ek ja gesê, het ons huwelik dalk anders uitgewerk omdat ons nie in owerspel was volgens Sy Woord nie.

Sy eerste vrou is ook weer getroud en het kinders saam met haar tweede man.

So 2 maande terug het ek uitgevind sy is ook weer geskei.

Op hierdie stadium is ek al 2,2jr geskei. Aan die begin was ek desperaat vir herstel, maar namate ek hierdie lesse gelees het en ook die Bybel beter leer ken het, het ek besef dat dit absoluut Sy Wil gaan moet wees om my huwelik te herstel. En nou dat sy eerste vrou geskei is, weet ek
ook dat die Here dalk sy eerste huwelik sal wil herstel.

Maar ek het vrede daarmee gemaak. Ek is bereid om alleen saam met my Hemelse Man te bly, want ek wil ook nie weer 'n egbreukster wees nie. So dit is totaal in Sy hande en Sy wil.

Dit was aan die begin harde woorde en 'n harde les om te leer, maar ek het baie met my Hemelse Man daaroor gepraat en dit by Sy voete gelê. Dit was ook 'n fout wat ek gemaak het, maar ek het twee pragtige kinders uit die huwelik gekry wat ek vir niks sal verruil nie.

En soos die skrywer ook sê, as Hy my huwelik wil herstel, my vra om dit te doen, dan sal ek. Ek verstaan dat die Here nie in 'n boks gesit kan word nie en Sy weë is hoër as ons weë en Sy denke is hoër as ons denke.Ek gaan hierdie les uitleef deur alles net in Sy hande te los en Sy wil te soek in plaas van my eie.

Liewe Bruide,
Ons almal maak foute, dinge waaroor ons later spyt is, maar dit was elkeen deel van Sy plan vir ons lewens. Die Here kan nie in 'n boks gesit word nie...ons moet net ons wil neerlê vir Sy wil. Sy genade is groot genoeg vir ons, Sy liefde is groot genoeg vir ons, maak nie saak watse pad Hy ons roep om te stap nie.

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Volg ons #LOL Tag om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lees.

Leef Die Oorvloedige Lewe is as e-boek beskikbaar in ons boekwinkel!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!