Lees Klara se HERSTELDE Huwelik getuienis,

"Jy Weet Nie Met Wie Jy te Doen Het Nie!"

Hierdie getuienis was geneem uit een van ons vele
Deur Die Woord van Hulle Getuienis boeke
om JOU te help
om enige twyfel of vrees te oorkom
in God se vermoë en begeerte om
JOU Huwelik te Herstel!

AFR-NEW-COVER-WRYM-Front

Chapter 11 “Want Ek Haat Egskeiding” 
 

“Want Ek haat egskeiding, 
sĂȘ die HERE, die God van Israel.” 

Maleagi 2:16

Hoekom eindig so baie huwelike met egskeiding? Ons het almal die statistieke op een of ander stadium gehoor...50% van eerste huwelike eindig in egskeiding en 80% van tweede huwelike eindig in egskeiding. Dit beteken dat net 20% van tweede huwelike oorleef! Die ware skande is dat daar net so baie huwelike in die kerk is wat in egskeiding eindig!! Christene aanvaar nou dat egskeiding ‘n opsie is! Hoekom die stormloop van gebrokkelde huwelike?

“En die reĂ«n het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.” (Matt. 7:25). Was jou huis op die Rots gebou? “En die reĂ«n het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.” (Matt. 7:27).  

Die Rots waarop ons moet bou is die Woord van God! Hoeveel van ons het van hierdie beginsels wat ons in hierdie boek gelees het, geweet in so ver as wat die huwelik betref? Hosea 4:6 sĂȘ vir ons dat “ons te gronde gaan weens gebrek aan kennis.” Dit was definitief die waarheid in my omstandighede en ek is seker dat dit ook die waarheid in jou omstandighede is!

So wanneer ons huwelik begin verbrokkel, wil ons tou op gooi en aangaan om weer dieselfde foute te maak in ons tweede of derde huwelik. God haat egskeiding, maar wanneer ons in die middel van die storm staan, dan glo ons dat dit die oplossing van al ons probleme is. Ons probeer selfs vir ander oortuig dat egskeiding God se antwoord aan ons is, want Hy sal nie wil hĂȘ dat ons moet lei nie. (Gaan terug na hoofstuk 4 toe, “Allerhande Versoekinge” indien jy nog glo dat dit waar is.)

Die Misleiding

Waanneer ons ‘n verkeerde gedagte of idee koester, sĂȘ God vir ons: “Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. (Die definisie van begeer is ‘n “verlange” vir wat verbode is, soos wanneer ons smag na egskeiding nadat God gesĂȘ het, “Ek haat egskeiding.”) Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort. Moenie dwaal nie, my geliefde broeders.” (Jak 1:14–16). Dit is hartseer dat so baie mense glo daar is niks verkeerd met egskeiding nie, veral in sekere omstandighede; al is dit plein om te sien wat se verwoesting dit nalaat.

Wees aan God meer gehoorsaam as aan die mense. Elkeen het hulle eie opinie oor egskeiding en die huwelik (wat hy of sy “dink” God vir ons in Sy Woord sĂȘ oor die huwelik). Maar, “Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense.” (Hand. 5:29).

Hy is ons enigste hoop op redding. Moenie in ‘n ander se voetstappe volg nie. Instede, wees gehoorsaam aan God; luister na Hom, omdat Hy ons enigste hoop op redding is. Moenie Sy Woord kompliseer om te probeer uitvind “wat jy dink Hy bedoel” nie.  Hy bedoel presies wat Hy sĂȘ!

Ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie.  Hou asseblief by God se lering ongeag van wat populĂȘr is of van hoe baie mense in jou kerk geskei of in hulle tweede huwelik is. “Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo.” (Rom. 1:16).

Verstaan asseblief dat as huwlike gered moet word, ons op die waarheid moet staan! Daardie tweede huwelike wat “blyk” om gelukkig te wees, lewe eintlik in neerlaag, nie as ‘n getuigskrif van God se getrouheid nie. Hulle is die oorsaak dat ander ly en lewe in minder as God se beste, veral die kinders wat die meeste ly! En dan is hulle ook die oorsaak dat ander val en harde tye in hulle huwelike ervaar. Dit is baie aanloklik om ‘n tweede eggenoot te wil soek veral wanneer ander sĂȘ dat hulle geluk gevind het in hulle tweede huwelik, nadat hulle uiteindelik ontslae geraak het van hulle eerste eggenoot!

Met sagtheid ander tugtig wat in teenstand is.  Moet asseblief nie debateer oor die uitslag van egskeiding nie. Elke persoon is verantwoordelik om die waarheid te praat, onderrig en uit te lewe. Dan sal die Heilige Gees die oortuiging doen en die Here sal hulle harte lei. “En die dwase en onverstandige strydvrae moet jy afwys, omdat jy weet dat dit twis verwek.” (2 Tim. 2:23).

“En ‘n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra. Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie, en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen.” (2 Tim. 2:24–26).  

Aan die vrugte word die boom geken. Ons kan die “vrugte” sien van baie van die leiers in die kerk – die wat toegelaat het dat almal mislei word deur die “uitsondering” van egskeiding. Ons sien dat die fabel oor “ontrouheid en egbreuk” om enige rede na egskeiding gelei het! Dit gaan hand in hand met aborsie ...verkragting, bloedskande en die gesondheid van die moeder vorm minder as 1 % van die rede vir aborsies! “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken.” (Matt. 7:16). “Julle moet ĂČf die boom goed maak en sy vrugte goed, ĂČf julle moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg; want aan die vrugte word die boom geken.” (Matt. 12:33). Deur die integriteit van God se Woord te benadeel kan ons duidelike slegte vrugte sien—gebrokkelde huwelike en gebroke beloftes.

Die Vrae

Hoekom moet ons God se Wet wat die huwelik betref, heeltemal verstaan en volg?  

Omdat gesinne verwoes word, en sonder gesinne, is die grondslag waarop ons land staan verwyder, en groot sal ons val wees! Ons, as christene, sal die blaam daarvoor moet neem. Ons kan nie vinger na ander wys nie, omdat God ons belowe het dat as, “My volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weĂ«, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.” (2 Kron. 7:14).

Maar, christellike huwelike verbrokkel net so vinnig soos die mense van die wĂȘreld s’n. Hoekom? “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis
” (Hos. 4:6). Christene was mislei en hulle volg eerder in die wĂȘreld se raad in plaas van God se raad.

Hoe weet ons dat ons mislei word oor die huwelik en egskeiding?

Wend hulle tot fabels.  Baie mense wat in ons kerke sit, wil nie die waarheid hoor nie. “Want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.” (2 Tim. 4:3–4).  

Nou soek ons wĂȘreldse oplossings vir gebrokkelde en gekwesde huwelike, in plaas daarvaan dat ons God en Sy Woord soek. “Maar julle is 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk, 'n volk as eiendom verkry
” (1 Pet. 2:9). Ons is nie ‘n “uitverkore geslag” indien ons die pad volg wat na die egskeidingshof lei!

Julle mag nie doen wat julle wil nie. Sy Woord is altyd konsekwent; God se Woord bied weerstaand teen die wĂȘreld se filosofieĂ« en is somtyds moeilik om te verstaan en volg. “Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.” (1 Kor. 2:14). “Maar ek sĂȘ: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.” (Gal. 5:16-17).

Slegte vrugte. Weereens, kan ons al “die vrugte” van christellike huwelike wat verwoes is sien, omdat hulle al die leuens geglo het. “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. 'n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie! So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 'n slegte boom dra slegte vrugte.” (Matt. 7:15–17).

Bybelse Feite om op te Staan

Om ons kyk na nog ‘n paar Bybelsverse om te sien hoe God die huwelik aanskou.

Die huwelik is vir ‘n leeftyd.  Ons het die belofte gemaak: tot die dood ons skei.  “
sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.” (Matt. 19:6). “EN HULLE TWEE SAL EEN VLEES WORD, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.” (Mark 10:8).

God sĂȘ dat Hy egskeiding haat!  Alhoewel, party vrouens eintlik oortuig is dat God hulle gelei het om ‘n egskeiding te kry! Sommiges het al gesĂȘ dat God hulle “vrygelaat het.” Hy sĂȘ... “Want Ek haat egskeiding, sĂȘ die HERE, die God van Israel.” (Mal. 2:16). Hy verander nooit nie... “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.” (Heb. 13:8). Jy is nie ‘n uitsondering nie: “Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie.” (Hand. 10:34).

Hertroue is nie ‘n “opsie” nie—die Bybel sĂȘ die is “egbreuk”! “Maar Ek sĂȘ [Jesus sĂȘ so] vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.” (Matt. 5:32).

 “Maar Ek sĂȘ vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en 'n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.” (Matt. 19:9).

Pleeg egbreuk. “En Hy sĂȘ vir hulle[Weer Jesus wat sĂȘ]: Elkeen wat van sy vrou skei en 'n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar.” (Markus 10:11). “Elkeen wat van sy vrou skei en 'n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.” (Lukas 16:18).

As haar eggenoot sterwe. “Daarom dan, as sy 'n ander man s'n word terwyl haar man lewe, sal sy 'n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie 'n egbreekster is as sy 'n ander man s'n word nie.” (Rom. 7:3).  

Sonder verstand. “Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hy doen so iets.” (Spr. 6:32). “En as iemand owerspel doen met 'n man se vrou, owerspel doen met sy naaste se vrou, moet hy en sy wat owerspel doen, sekerlik gedood word.” (Lev. 20:10).

Wat van die “uitsondering” Klousule?

Weereens, baie min van die egskeiding in die kerk is as gevolg van egbreuk, al was dit dalk die regte “uitsondering”.  Waaneer ek deur pastore vertel is dat ek ‘n rede het om van Dan te skei omdat hy egbreuk gepleeg het, het ek na die waarheid begin soek. Wat ek gevind het in die Bybel was die volgende woorde, “egbreuk” en “owerspel” of “sedelike onreinheid” en hulle was gebruik asof hulle dieselfde woord was—maar ek het gevind dat hulle NIE dieselfde betekenis het  nie!  Die woord “egbreuk” (In Grieks of die oorspronklike taal is 3429 Moichao) dit beteken om intiem te wees na die huwelik. Maar die woord “owerspel” beteken intimiteit voor die huwelik. Daarom is hierdie twee verskillende sondes en moet nie met mekaar verwar word nie.

Die Bybel vertel ons in Matteus 19:9 “Elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en 'n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.” Hierdie uitsondering was die bedoeling dat ‘n man van sy vrou mag skei, indien hy uitgevind het dat sy voor haar huwelik intiem gewees het met iemand—soos toe Josef in die Bybel van sy vrou wou skei (Matt. 1:19). Dit sĂȘ nie dat as u eggenoot egbreuk gepleeg het, wat intimiteit na die huwelik is, dat u van u eggenoot mag skei nie.  

Met hierdie inligting, kan ons die vers in Matteus herskryf om soos volg te lees: “...maar Ek [Jesus] sĂȘ dat enigiemand wat van sy vrou skei, haar tot egbreuk dryf, en wie van ‘n getroude vrou skei pleeg egbreuk.” Net wanneer daar gevind was dat die vrou voor of op haar trou dag nie ‘n maagd is nie; net dan kon ‘n man van sy vrou skei. En weer, Moses het net toegelaat dat mans skei: “Omdat Moses weens die hardheid van jul harte julle toegelaat het om van julle vroue te skei; maar van die begin af was dit nie so nie.” (Matt. 19:8).

Met ander woorde, nee, jy kannie van jou eggenoot skei vir enige rede nie.  

Pasop wanneer jy sĂȘ, “God het vir jou gesĂȘ!” “Kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die HERE, wat hulle eie tong gebruik en sĂȘ: Die HERE spreek! Kyk, Ek het dit teen hulle wat leuenagtige drome profeteer, spreek die HERE, en dit rondvertel en my volk verlei met hulle leuens en hulle grootpratery, terwyl Ek hulle nie gestuur en aan hulle geen bevel gegee het nie, en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie, spreek die HERE.” (Jer. 23:31–32). “Want Ek haat egskeiding, sĂȘ die HERE, die God van Israel.” (Mal. 2:16). God sal nooit vir ons vertel om teen Sy Woord op te tree nie! Hy verander nooit nie! Nooit!!

Jy moet ook baie versigtig wees wat jy oor die huwelik of oor egskeiding en hertroue sĂȘ, want dit kan dalk ‘n ander persoon lei om die verkeerde besluit te maak. “Wee die wĂȘreld weens die struikelblokke! Want dit is noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblok kom. 
Maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat 'n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see.” (Matt. 18:7, 6).

Baie was al mislei. Indien jy glo dat God wil hĂȘ jy moet skei, is jy mislei. “En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in 'n engel van die lig.” (2 Kor. 11:14).

Sal uit die vlees verderf maai. “Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.” (Gal. 6:8). Kyk bietjie hoe “gedrewe” jy is voordat jy ‘n stap in geloof neem. Vleeslike begeertes voel goed in die vlees; indien jy ‘n sin van “dringendheid” daaroor voel, sal jy nie genade nodig hĂȘ om die stap te neem nie. “Want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.” (Gal. 5:17).

God en alleenlik God! Watter kennis kan tot ons voordeel wees om so baie gebrokkelde en verwoeste huwelike te sien? God en alleenlik God kan ‘n huwelik red en twee mense by mekaar hou! Deur gehoorsaamheid aan Sy Woord!! Maar jy moet weet wat in Sy Woord staan en dit ken voordat jy dit kan gehoorsaam. “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis.” (Hos. 4:6). Dit is hoekom jy hierdie boek en die Bybel, oor en oor en oor moet lees!! Dit is hoe julle op Sy Woord moet mediteer. Dit is hoekom jy die hele tyd in Sy Woord moet wees en nie net elke dag nie!

As julle My liefhet

In sluiting, “As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie, diĂ© is verwaand en verstaan niks nie, maar het 'n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog, nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.” (1 Tim. 6:3–5).

“As julle My liefhet, bewaar my gebooie.” (John 14:15). Indien jy sĂȘ dat jy in God glo, dan moet jy aan Hom gehoorsaam wees. “En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sĂȘ nie?” (Lukas 6:46). Indien jy vir Jesus gevra het om jou te red maar jy is nie aan die Bybel gehoorsaam nie, dan is Hy nie jou Heer en Meester nie.  Indien Hy jou Heer is, dan moet jy seker wees dat jou gedrag dit toon. Gehoorsaam God!

Kom ons maak ‘n persoonlike verbintenis om

GETROUD TE BLY

en om almal wat ons ken te bemoedig om dieslefde te doen.

Persoonlike verbintenis: om getroud te bly en ander aanmoedig om dieselfde te doen. “Gebaseer op wat ek geleer het uit God se Woord, verbind ek my tot my huwelik. Ek sal nederig wees en te alle tye die ‘vredemaker’ in my huwelik wees.  Ek sal nie my sondes probeer wegsteek nie en ook nie die oorsaak wees dat ander struikel nie. Ek sal God se Waarheid op my lippe dra en dit aan ander vertel met ‘n sagmoedige en stille geaardheid.”

Sodra jy gereed is, maak 'n verbintenis tot GOD om die kursus klaar te maak deur HIER TE KLIK en saam te stem en gereed is om hierdie stap in jou reis na Herstel in "My Daaglikse Joernaal" vorm aan te teken. Vat jou tyd, sit en drink 'n koppie koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui