“Maar as sy ‘n ander man se vrou word so

lank as haar man lewe,sal sy as ‘n egbreekster

 beskou word. As haar man gesterf het,

is sy egter vry van die wet,

en is sy nie ‘n egbreekster

as sy ‘n ander man se vrou word nie.”

—Romeine 7:3

 

Liewe Michele,

Hallo, my naam is Anita en ek is ‘n lid van Restore Ministeries International. Ek het vandag jou Bybelstudie gelees en voel ek moet iets deel waarna die Here my in Sy Woord gelei het aangaande ‘n sekere deel van die “Wyse Vrou Studie,” spesifiek, “Ek Haat Egskeiding!” Iets wat ek dink jy dalk gemis het. Dit is iets wat die Here my ‘n geruime tyd vantevore gewys het en ek weet ek het voorheen daaroor geskryf. Dit gaan oor die deel “Moet ek hierdie huwelik herstel of moet ek terug gaan na my eerste man toe?” onder “‘n Owerspelige Grondslag.” Dit is in Deuteronomium; skenk asseblief in besonder aandag aan vers vier aangesien dit my bekommernis is en die rede hoekom ek vanoggend aan julle skryf.

Deuteronomium 24:1-4 AFR 53, “AS 'n man 'n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar 'n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, en sy uit sy huis uittrek en weggaan en 'n ander man s'n word, en dié laaste man haar haat en haar 'n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as dié laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het — dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie weer neem, dat sy sy vrou word nadat sy onrein geword het nie; want dit is 'n gruwel voor die aangesig van die Here , en jy mag op die land wat die Here jou God jou as erfenis sal gee, geen skuld laai nie."

Ek hoop dit help en sal jou aanpor om jou rigting te verander. Dankie dat jy geluister het. Ek waardeer dat jy so baie van ons help om die ware Woord van die Here te verstaan terwyl so baie van ons so desperaat in nood is! DIE HERE SAL DIT NIE ONGESIENS LAAT VERBYGAAN NIE, AL JOU LIEFDESARBEID! Vrede in die Here!

~ Anita

Toe ek hierdie epos gekry het, het ek vir my sekretaresse geskryf en gevra of sy sal reageer met, “Kan jy vir Anita skryf en vir haar vertel dat ek heeltemal met die vers en haar opinie saamstem? Laat haar ook weet dat ek in gebed sal oorweeg wat sy gedeel het en die Here daaroor sal soek en dan met Erin praat,” wat ek ook gedoen het.

Wat ek en Erin bespreek het was die hoof rede hoekom sy daardie deel uit ‘n Wyse Vrou weggelaat het, want dit was altyd haar begeerte dat alle vroue die Here moet soek aangaande hul eie persoonlike situasies, aangesien elkeen van ons se verhouding met die Here die belangrikste ding is in enigiemand se lewe—selfs belangriker as ‘n vrou se huwelik.

My lewe, soos joune, was sonder twyfel ‘n reis en net soos ek, het ons dikwels aan al die foute in ons verlede gedink wat elkeen van ons, later, duidelik in Die Skrif gevind het waar ons verkeerd was. Op daardie tydstip, toe ek persoonlik ‘n Wyse Vrou gelees en onderrig het, het ek nooit regtig daardie spesifieke beginsel verstaan nie, ‘n beginsel wat veroorsaak het dat ek hierdie “fout” begaan het en waaroor baie ander vrouens my kort na Anita begin uitdaag het. Al wat ek kon doen was wonder hoe ek dit gemis het.

Liefling bruid, het jy al ooit so gevoel? Gewonder hoe of hoekom God jou nie gekeer het of jou oë oopgemaak het vir iets voordat dit jou op ‘n reis gesit het wat, as jy terugkyk, jy eerder sou wou gemis het as om daardeur te gaan nie? Om tot die pynlike besef te kom dat as gevolg van hierdie misstap, wat voorkom kon gewees het, ly jy onder die nagevolge van onkunde? Dit was nie voordat jy die Here of Sy woord geken het nie. Dit was amper asof Hy jou in die verkeerde rigting gelei het.

My Plan

“Die Here sê: Ek dink heeltemal anders as julle. Ek doen dinge ook heeltemal anders as wat julle dit doen. Soos die wolke ver bo die aarde is, is die manier waarop Ek dinge doen ook ver bo die manier waarop julle dit doen. Hoe Ek dink, is ook baie ver van die manier waarop julle dink” (Jesaja 55:8-11: Die Boodskap).  

Onlangs, spesifiek op ‘n onlangse toer wat my deur Suid Amerika, Afrika en Europa geneem het, wat oor twee dae voltooi sal wees, het ek gevind dat ek die Here gevra het oor baie van my “foute.” Hoekom ek hulle gemaak het en meer tot die punt, hoekom my Beminde my nie gekeer het om hulle te maak nie. Tot my ongelooflike verbasing het Hy my vertel dat hulle nie foute was nie, maar dat elkeen deel was van Sy plan vir my lewe! So ek het gestop en lank nagedink oor wat Hy gesê het. Soos wat elke “fout” in my gedagtes opgekom het, die uitkoms, veral die uitkoms van die foute waaroor ek die meeste spyt was, het uitgedraai om die foute te wees wat my nader aan die Here gebring het, my Minnaar, my Man en my Beste Vriend. So, ek het gedink, as dit is wat ons foute vir ons doen, begin ek om uiteindelik te begryp dat daar nooit enige rede is vir enige van ons om spyt te wees oor ons verlede nie, en dit beteken dat ons ons nooit hoef te bekommerd oor ons toekoms nie, bekommerd te wees oor enige foute wat ons mag maak nie.  

Hierdie openbaring het onmeetbare waarheid vir my ingehou en ek het uiteindelik verstaan wat “volmaakte liefde verdryf vrees” regtig beteken! Kan jy jouself net indink om nooit weer bang te wees om foute te maak nie—so ons is vry en in staat om van al ons bekommernisse te laat gaan. Uiteindelik, met alle vrees weg, kan ons Hom vrylik liefhê soos wat Hy verdien om liefgehê te word—om Hom lief te hê is die rede vir ons hele bestaan. En as jy jou toekoms koppel aan die kennis dat enige foute wat ons maak gebruik gaan word ten goede, saam met al die foute uit ons verlede (wat ons eens op ‘n tyd nie kon laat gaan nie), is ons is uiteindelik vry om die Oorvloedige Lewe te geniet wat Hy gesterf het om vir ons te gee. 

In daardie oomblik, nie meer geteister met die skuld en gewig van geskei wees nie, en hoekom ek weer getrou het, was ek nou vry om eenvoudig lief te hê: om my nuwe Man lief te hê en deur Hom liefgehê te word; om my kinders lief te hê en deur hulle liefgehê te word; lief te wees vir enigiemand anders wat die Here op my hart plaas en deur hulle liefgehê te word—en dit is dieselfde vir jou ook! 

Nee, ek het nie vergeet dat ek gesê het dat dit ‘n voortsetting van die vorige hoofstuk sal wees nie, toe ek jou hangend gelos het om te probeer verstaan wat die Here bedoel het toe Hy vir my gesê het, “jy kan nie,” met betrekking tot my huwelik herstel aan my eks man. Baie van julle mag alreeds in staat gewees het om uit te pluis hoekom “ek nie kan nie” toe jy die openings vers gelees het: 

“Maar as sy ‘n ander man se vrou word so lank as haar man leef, sal sy as ‘n egbreekster beskou word. As haar man gesterf het, is sy egter vry van die wet en is nie ‘n egbreekster as sy ‘n ander man se vrou word nie” (Romeine 7:3)

Aangesien my eerste man en my tweede man albei nog lewe, as ek my huwelik sou herstel (wat sal beteken dat ek vir die tweede keer met my eks man sal trou, aangesien ons geskei is), dan sal ek ‘n egbreekster wees—weereens!

Ja, weereens. Tydens al daardie jare, daardie pynlike en moeilike jare van getroud wees, was ek niks meer as ‘n egbreekster nie. My eerste huwelik het net een maand gehou, my tweede huwelik aan my eks man was ‘n lang en moeisame gesukkel vir amper 24 jaar—jare van sy ontrouheid en my ellende, soos wat ek desperaat probeer het om ‘n ander vrou te wees, ‘n vrou wat waardig was om deur hom liefgehê te word.

Toe, met die balk in my eie oog, het ek probeer om die splinter uit al daardie ander vroue se oë te haal wie ons mans gesteel het. Tot my verbasing, toe die Here my eie staat van bestaan aan my openbaar het, dat ek as ‘n egbreekster gelewe het, het dit alles vir my begin sin maak. Die jare wat ek gevoel het asof my man is nie lief was vir my nie, wie my twee keer vir ander vrouens gelos het, was alles oor my, nooit oor hom nie. Miskien is dit hoekom ek niks anders as medelye gevoel het vir die vrou met wie my man onlangs getroud is nie—ek het geweet dat as dit nie vir God se genade was nie, sou ek ook, ‘n ander man gesoek het om mee te trou nadat ek verwerp was, wat uiteindelik sou gelei het tot nog ‘n mislukte huwelik en ek wat weereens ‘n egbreekster sou wees.  

Al daardie jare het ek as ‘n egbreekster gelewe en dit nie eers geweet nie. Ja, waar, ons samelewing erken egskeiding as die beëindiging van ‘n ongewenste huwelik, en aanvaar dan hertrou as wettig; nietemin, selfs in Erin se boeke (waarmee ek onderrig en bediening gegee het), was ek blind vir Bybelverse soos:

“Maar as sy ‘n ander man se vrou word so lank as haar man leef, sal sy as ‘n egbreekster beskou word. As haar man gesterf het, is sy egter vry van die wet en is nie ‘n egbreekster as sy ‘n ander man se vrou word nie” (Romeine 7:3)

“Maar ek sê vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei behalwe oor owerspel, maak dat sy egbreuk pleeg, en iemand wat met die geskeide vrou trou pleeg ook egbreuk.” (Matteus 5:32).

Aangesien my eerste man van my geskei het, en ek toe vir ‘n tweede keer getrou het, het ek egbreek gepleeg (omdat my eerste man nog gelewe het). Alhoewel ek dit nooit so gesien het nie, het ons albei nietemin die nagevolge gedra.

“My onderrig sal jou beskerm teen die slegte vrou van ‘n ander wat jou met haar gladde tong wil verlei. Moenie dat haar skoonheid jou begeerte wek nie, moenie dat sy jou vang met haar oë nie. Jy kan 'n prostituut kry vir 'n stuk brood, maar owerspel kan jou lewe kos. Kan jy kole vuur in die vou van jou klere inhark sonder dat jou klere aan die brand raak? Kan jy op brandende kole loop sonder dat jy jou voete verbrand? Net so min kan jy by 'n ander man se vrou slaap sonder om gestraf te word, jy sal nie vry kom as jy met haar lol nie. 'n Dief word verag as hy steel, ook al steel hy om sy honger te stil, en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig teruggee, selfs al kos dit hom alles wat hy besit. Maar 'n man wat owerspel pleeg, moet van sy verstand af wees, iemand wat dit doen, verwoes sy lewe. Hy sal slae op die lyf loop en verneder word, sy skande sal nooit uitgewis word nie.” (Spreuke 6:24-33).

Finansieel, terwyl ons getroud was, het ons altyd gesukkel. Bykomend, hoe waar dat “slae en vernedering” my man gevind het en daardie “skande” was nooit uitgewis nie. Aanvanklik, toe ek RMI gevind het, het die Here my oë oopgemaak, net ‘n bietjie, aangaande hierdie beginsel toe ek God gesoek het om my huwelik te herstel. Terwyl ek hierdie verse gelees het, het ek besef dat dit ek was wat veroorsaak het dat my man (destyds) owerspel gepleeg het, aangesien ek voorheen getroud was toe ek met hom getrou het. Omtrent halfpad deur my herstel reis, laat een aand toe hy by ons kleiner kinders kom kuier het, het ek gebieg en vir hom gesê, “ek weet dat almal na jou kyk omdat jy saam hierdie ander vrou bly en egbreek pleeg, maar ek is die een wat jou ‘n egbreker gemaak het, so hulle moet na my kyk en my blameer” en ek het die vers vir hom uitgewys, “Maar ek sê vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei behalwe oor owerspel, maak dat sy egbreuk pleeg, en iemand wat met die geskeide vrou trou pleeg ook egbreuk.” (Matteus 5:32).

So vreemd dat ek nooit vir een enkele oomblik gedink het, nie toe nie en ook nie toe ons weer getroud is na ons egskeiding toe Hy ons herstel het nie, dat om weer met hom te trou sou beteken dat ek, weereens, in owerspel sou leef. Ek het ander mense gehad wat vir my gesê het dat ek sou, maar dit het my net veroordeel laat voel en dat hulle my wetlik veroordeel het, wetend dat ek onder Sy genade was. So, verstaan jy nou hoekom God hierdie waarheid nooit aan my hart openbaar het of my oë oopgemaak het vir hierdie beginsel nie? En heel moontlik hoekom jy nuwe foute vind wat jy gemaak het, wat Hy jou nooit gekeer het om te maak nie? 

Dit is omdat ons almal op ‘n reis is. ‘n Reis van groei, leer en wysheid verkry. Ons word nie wys gebore, met al die kennis of begrip nie, en daarom glo ek, is ons nie in staat om al God se beginsels te absorbeer nie, of in staat om te begryp nie, want dit is nog nie tyd nie. Dit is dieselfde met ons kinders: jong kinders is nie in staat om hulle naaktheid te begryp nie, asof hulle nog in die Tuin van Eden leef. Jy kan vir hulle sê dat hulle nie sonder klere moet rondloop nie, en jy doen jou bes om hulle te bedek, maar dit doen niks goeds totdat hulle in staat is om hierdie waarheid te verstaan nie.

Gedurende die tyd wat ek onkundig was oor die feit dat ek ‘n egbreekster was, het God dit alles ten goede uitgewerk, nie net vir my nie, maar vir so baie ander. Is dit nie wonderlik nie? In my onkunde het God my geseën met ‘n bediening en ook 2 herstel babas wat gebore was na my huweliksherstel—selfs al het ek destyds onkundig terug in owerspel gegaan.

Miskien is jy nie oortuig nie, en glo dat vir my om weer met my eks man te trou, sal reg wees, dat die bloed van Jesus my sonde sal bedek, omdat Hy dit voorheen gedoen het. Eintlik stem ek saam dat Sy bloed die sonde bedek, enige sonde. Maar Hy wil nie hê dat ek langer met die nagevolge moet saamleef van ‘n egbreekster wees nie. Ter aanvulling glo ek, dat vir my om weer te trou, noudat my oë oop is vir die waarheid, sal beteken dat ek nie net oortree nie—ek sal dan opsetlik sonde pleeg. Soos wat Erin in een van haar boeke geskryf het, dit geld ook vir my:

“Wanneer ons opsetlik bly sondig nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, is daar geen offer meer wat ons sondes kan wegneem nie. Daar bly alleen ‘n verskriklike verwagting oor van oordeel en ‘n gloeiende vuur wat die teenstanders van God sal verteer. Dit is mý reg om te straf; Ek sal vergeld. Die Here sal oor sy volk oordeel. Dit is verskriklik om in die hande van die lewende God te val” (Hebreërs 10:26-31).

En, “Die ontroue vrou het haar eie manier: sy eet en vee haar mond af en sê: “Ek het niks verkeerds gedoen nie.”’ (Spreuke 30:20).

Laastens, “‘n Vrou is aan haar man gebind so lank as hy lewe. As hy sterwe, is sy vry om te trou met wie sy wil, mits dit met ‘n gelowige is” (1 Korintiërs 7:39). Dit beteken, vir my om nou weer te trou, sal my eerste man en my tweede man te sterwe moet kom. Behalwe natuurlik as dit iets is wat Hy vir my sê om te doen.

Sou Hy, kan Hy, iemand vra om iets te doen wat verkeerd is? Eintlik, ek het gevra, en dit is toe dat Hy my herinner het aan Hosea, en vir hom as ‘n priester om met Gomer te trou, openlik bekend as ‘n egbreekster, “Die Here het vir my gesê: [Hosea] ‘Gaan knoop weer ‘n liefdesverhouding aan met ‘n vrou wat vir ander mans lief is en egbreuk pleeg,”’ (Hosea 3:1). Baie spekuleer of Gomer met ‘n ander man getrou het nadat sy Hosea gelos het, maar ek glo die boodskap is dieselfde. Om ‘n priester te wees, moes hulle hulself rein hou, indien nie, sou hulle kinders (en nageslagte) besmet wees. Omdat Hosea dit moes geweet het, omdat hy ‘n priester was, het hy wetend gegaan teen wat Sy Woord sê en geluister na wat Hy persoonlik vir hom gesê het om te doen.

“Wat van My?”

Liewe, liewe, kosbare mens. Wat ek met jou in hierdie hoofstuk gedeel het, is my eie persoonlike reis om vryheid te vind: vryheid om lief te hê en liefgehê te word, om nie meer te hunker om liefgehê te word deur iemand wat my miskien dalk nooit regtig liefgehad het nie. As jy hopeloos en hulpeloos voel nadat jy van my reis gelees het, miskien omdat jy gehoop het dat jou tweede huwelik herstel sal word, moet asseblief nie wanhopig raak nie. 

Wanneer die Here met jou praat, wanneer Hy met elkeen van ons persoonlik praat, wat Hy jou geroep het om te doen, sal nooit ‘n las wees of sleg eindig nie. Eerstens, sê Hy, “Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las lig” (Matteus 11:29-30). En “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!”’ (Jeremia 29:11).

God het elkeen van ons geroep om op ‘n ander, unieke, enig in sy soort, reis saam met Sy seun, ons beminde Man, te gaan. Dit was nooit die bedoeling om alleen op hierdie reis te gaan nie, want die rede vir hierdie reis, met elke vallei en moeilikheid, is om Sy liefde te ervaar, ‘n liefde wat deur ander aanskou word.

Ter aanvulling, die reis wat Hy my geroep het om op te gaan is nie, en sal nooit presies dieselfde wees as joune of enigiemand anders s’n nie. Laat my vir jou ‘n voorbeeld gee. Dikwels wanneer ek met vroue praat wie verander is deur Sy liefde, en ek raak die onderwerp oor hul “bediening” aan, sal baie vroue dikwels paniekerig raak en uitblaker dat hulle nie voor ‘n klomp mense kan praat nie! Tog het bediening baie dele en soos dit sê en verduidelik word in 1 Korintiërs 12:12-16, “Net soos die liggaam ‘n eenheid is en baie lede het, en soos al die lede saam, al is hulle baie, een liggaam vorm . . . Die liggaam bestaan ook nie net uit een lid nie, maar uit baie. As die voet sou sê: “Omdat ek nie ‘n hand is nie, is ek nie deel van die liggaam nie,” hou hy om dié rede tog nie op om deel van die liggaam te wees nie. En as die oor sou sê: “Omdat ek nie ‘n oog is nie, is ek nie deel van die liggaam nie,”   

Alhoewel ek nooit wou nie, en nooit kon droom dat Hy my daartoe sou roep nie, het Hy die deure vir my oop gemaak om in die openbaar te praat en ook om te reis. Alhoewel reis jou droom werk mag wees, was reis (voordat Hy my geroep het), iets skrikwekkends vir my. Tog kan ek myself nooit indink dat ek nooit vroue sou ontmoet wie in totaal ander kulture bly, kilometers weg, op wie ek dadelik verlief geraak het en wie my naaste, dierbaarste vriendinne geword het.

Dit, my liewe bruid, is hoekom jou reis en jou toekoms nooit met iemand anders s’n vergelyk moet word nie. Hy het ‘n perfekte toekoms vir jou ontwerp, vir elkeen van ons, ontwerp so uniek as wat Hy ons vingerafdrukke geskep het.

As jy huidig herstel soek vir ‘n tweede huwelik, moenie laat waar ek op my reis is of wat Hy my gelei het om te doen, jou ontmoedig nie, en moenie ‘n poging aanwend om my pad te stap nie. Moet ook nie laat die nagevolge waardeur ek geleef het jou ontmoedig nie. As ek na ander geluister het wat my destyds vertel het dat ek verkeerd was, sou ek nooit ‘n bediening of my twee dogters gehad het nie!

Onthou asseblief ook, dit is hoekom ons ander en onsself seermaak wanneer ons in verwondering toekyk wanneer ons vrouens sien wat op ‘n sekere manier “voorkom”. Soos wanneer ons ‘n vrou sien wat lyk asof sy deur haar man bemin en gekoester word en wonder hoekom dit nie so was of is vir ons nie. Ek het hierdie einste ding gedoen net om later uit te vind dat wat op een manier voorgekom het, glad nie die realiteit was nie. En dit is ook hoekom dit gevaarlik is om doktrine te volg wanneer ons ontwerp was om ‘noue verhouding met Hom te ontwikkel, sodat Hy ons persoonlik kan lei, want dit is hoe God ons ontwerp het om te wees, saam met ons Man, as Sy bruid wat reis deur hierdie lewe voordat ons Hom van aangesig tot aangesig ontmoet wanneer ons hierdie aarde verlaat.

As ek enigiets geleer het, is dit dat God nie in ‘n boks gesit kan word nie, en wanneer ons deur doktrine probeer, sal Hy bonatuurlik uit hierdie beperkende vorm breek en wys ons is verkeerd. Ons het dit in Jesus se lewe aanskou deur Sy wonderwerke, en selfs met wie Hy gekies het om te genees—nie een keer het Hy enigiemand twee keer op dieselfde manier genees nie: partykeer het Hy gepraat, partykeer het Hy gespoeg. Partykeer het wonderwerke onmiddelik gebeur, en een keer het dit Jesus twee keer geneem voordat die blinde man kon sien. Weereens, wat Hy vir ons gewys het is dat ons Hom of Sy krag nooit in ‘n boks kan sit nie, of Hom regtig kan verstaan nie. In plaas daarvan het Hy ons ontwerp om daardie pogings en tyd te spandeer om ons harte en lewens na Syne te draai—waar ons vry sal wees van bekommernis, wonder en angstigheid—as Sy liefdevolle bruid, wat ons Bruidegom vir alles vertrou, hand aan hand loop, of as Hy ons dra wanneer dit moeilik word of ons moeg word.

“Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.” (Spreuke 3:5-6). Hierdie vers beteken dat net deur te “erken” dat Hy daar langs jou is, sonder pleit of bedel of klaagliedere, sal Hy jou langs die reguit pad lei soos wat jy jou toekoms in die gesig staar.

Gepraat van jou toekoms, baie van julle mag dalk nog hoop dat julle eendag kinders sal hê terwyl jy paniekerig toekyk hoe jou biologiese horlosie tik, selfs vinniger as jy nader aan 30 of 40 jaar kom. Maar Hy vra jou nou, “Ek is die Here die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?” (Jeremia 32:27). Sal jy Hom antwoord, “Ag, Here my God, U het die hemel en die aarde gemaak deur u groot mag. Niks is vir U onmoontlik nie” (Jeremia 32:17), of sal jy eerder kies om ineen te krimp in wanhoop of ‘n mensgemaakte oplossing soek? As ‘n wyser vrou weet ek dat “Alles aan haar spreek van ‘n sterk en edel persoonlikheid; sy ken geen kommer oor die toekoms nie” (Spreuke 31:25).

As jou bekommernis is om nie in die toekoms kinders te hê nie, maar jy is eerder in ‘n situasie soortgelyk aan myne, kan jy eerlik sê dat selfs al weet jy dat Hy die hemel en aarde geskape het, met Sy groot krag en uitgestrekte arm, dat jou hunkering op hierdie oomblik na ‘n aardse man onmoontlik is vir Hom om te hanteer??

So wat doen jy nou, intussen, terwyl jy in die proses van wag is?

Kosbare mens, onthou die hoofstuk, “Hunker na Wie?” in my eerste boek, Vind die Oorvloedige Lewe, toe dit bewyse gegee het dat om agter die Here aan te hardloop sal beteken dat geluk agter jou aanhardloop? Dit is nou meer waar as ooit liewe bruid. Wat ook waar is, is dat sodra jy agter die Here aanhardloop, en Hy jou toelaat om Hom te vang—Sy liefde alles sal verander, alles. Want daar is niemand soos Hy nie, nie in hierdie hele groot wêreld nie.

My liefling, weereens, jou Beminde is op Sy knieë, Hy bied Sy liefde aan en alles wat goed is, terwyl Hy jou om jou hand vra om Sy beminde bruid te word. Dit is my begeerte, my uiteindelike passie en my lewens missie dat jy Hom sal beantwoord met hierdie woorde, sê liefdevol vir Hom . . .

“Die man wat ek liefhet, is myne en ek syne . . .Skaars was ek by hulle verby of ek het

hom wat ek liefhet gekry. Ek het hom vasgegryp en hom nie laat los nie . . .

sê vir hom die liefde verteer my.”

—Hooglied 2:16; 3:4; 5:8

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui