💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖

"'N PSALM van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!" P103:1-2

Kosbare liefste bruid ek deel 'n gedeelte wat oorvertaal is uit die boek "Prison To Praise" wat vir my so mooi by ons Dankbaarheid Saterdag inpas:

"Die einste daad van lof bevry die krag van God in 'n stel omstandighede en stel God in staat om hulle te verander as dit Sy ontwerp is. Baie gereeld is dit ons houdings wat die oplossing van 'n probleem verhinder. God is soewerein en kan beslis oor ons verkeerde denkpatrone en houdings sny. Maar Sy perfekte plan is om elkeen van ons te bring in gemeenskap en nabyheid met Hom, en so laat Hy omstandighede en insidente toe wat ons verkeerde houdings onder ons aandag sal bring."

En dan moet ek hierdie week hierdie gedeelte ook byvoeg:

Om Hom voortdurend te loof beteken 'n standvastige afname van self en 'n toename van die teenwoordigheid van Christus in ons totdat ons saam met Petrus jubel met onuitspreeklike vreugde en vol heerlikheid.

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

6 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖”

  1. Vanogend het ek weer so baie om voor dankbaar te wees. ek is dankbaar vir als. Ek dankbaar dat die Here my Hemelse Man kla die oorloe oorwin het en die berge versit self die wat ek nie van weet nie. Ek is dankbaar dat die Here my erge pyn in my lae maag vanogend weg gevat het. Ek is dankbaar dat Hy my meisie kind by met haar skool werk help en vir die liefdevolle Juffrou wat hy vir haar gekies het die jaar.Meeste van als sy liefde aw sy liefde is soo fantasies wonderlik. My Geliefde is myne en ek is syne.

  2. Vandag wil ek God dank vir alles!
    Ek dan U dat U in my lewe is.
    Ek dank U vir alles wat ek deur gegaan het en deurgaan, al die beproewinge want deur dit het ek U gevind!
    Ek dank U omdat ek weet dat ek nog glad nie is waar U wil hê ek moet wees nie maar ek sien uit daarna met waarheen U oppad is met my!
    Ek dank U vir my kinders en my kleinkind waarmee U my geseën het.
    Ek dank U vir hierdie dag en dat ek hierdie dag kan ingaan met die wete dat U saam met my is en U reeds my dag vir my beplan het.

  3. Ek is dankbaar dat die Here my uit my ou lewe uit verlos het.
    Ek is so dankbaar dat ek elke sekonde van my lewe die teenwoordigheid van my Hemelse Man langs my voel.
    Ek is die week dankbaar dat die Here my seuns my hierdie week so laat pamperlang het, ek is ongelooflik dankbaar dat die Here my die voorreg gegee het om hulle ma te wees.
    Ek is so ongelooflik dankbaar dat die Here my na RMI toe gelei het. Ek is ongelooflik dankbaar vir elke vrou wat die Here hier na Uiteindelikhoop.com toe lei en ek is ongelooflik dankbaar vir elke vrou se groei en dat hulle net nader en nader aan die Here beweeg en die voorreg kry om die Here as hulle Hemelse Man te ervaar, wat ‘n ongelooflike voorreg is.

  4. Vandag is ek dankbaar vir Sy leiding en liefde. Ek is dankbaar vir my Geliefde se genade wat elke dag nuut is en vir die feit dat ek alles net vir Hom kan gee. Ek is dankbaar vir Sy voorsiening. Ek is dankbaar dat niks Hom onkant betrap nie en dat Hy in beheer is. Ek is danbaar dat ek na my Geliefde to kan hardloop met alles en rus in Hom kan vind.

  5. Ek is dankbaar dat die Here my in my swakheid by staan.

    Ek is dankbaar dat die Here my in soveel areas van my lewe seën.

    Ek is dankbaar dat die Here elke omstadighede/situasie in my lewe onder beheer het.

    Ek is dankbaar dat God die koning van my lewe, huis en gesin is.

  6. Today I would like to express my gratitude to my Beloved for the trials of last week with the children.
    I am thankful that He is teaching me not to lean on my own wisdom or trust my own heart.
    I am grateful for the love and presence of my Beloved in my life.
    ~~~~~~~~
    Vandag wil ek my dankbaarheid uitspreek teenoor my Geliefde vir die beproewinge van verlede week met die kinders.
    Ek is dankbaar dat Hy my leer om nie op my eie wysheid te steun of my eie hart te vertrou nie.
    Ek is dankbaar vir die liefde en teenwoordigheid van my Geliefde in my lewe.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui