Hy Voorsien Wonderbaarlik

"En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus." F4:19

Hi liefste dames, vandag het ek 'n wonderlike prys oor wat die Here, my Man, vir my gedoen het. Finansiële voorsiening bo wat ek kon dink of droom.

My seun moet laasjaar vir 'n noodoperasie gaan, maar die probleem is, ek was toe nog net 1 maand op my nuwe mediese fonds en ek was nie seker of hulle gaan betaal nie.

My liefste Man het dit so bestuur dat dit op 'n Vrydag gebeur so ek skat hulle kon nie by die mediese fonds vra vir "authorization" nie. Hulle moes maar gaan op die inligting wat ek het.

So, ek het niks inbetaal, daar was geen onkostes nie. Toe moes ek 'n hele spul verslae invul en doktersverslae indien en toe kom die rekeninge terug, onbetaal. 😱

Ek sien toe die mediese fonds het die prosedure afgekeur. O tog, wat nou? Dit is baie geld wat ek beslis nie het nie.

Ek sit toe saam met my Man en ek herinner Hom dat ek my tiende gee en dat ek weet Hy gaan vir my sorg en die probleem oplos. Skielik kom 'n gedagte by my op. "Stuur 'n email en vra net hoekom die prosedure afgekeur is"

Ek stuur nou maar die email en dames ek jok nie vir julle nie, seker was dit nie eens 15 minute nie, toe kom daar skielik boodskappe deur op my foon. Die prosedure is goedgekeur en al die rekeninge word weer deurgestuur vir betaling. WAT?!?

Is Hy nie die beste nie?

Soos wat Hy nou vir my voorsien het, will Hy vir elkeen van julle voorsien. My versie vir die jaar is:

"Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing."
2T1:7

Elke keer as ek bang word, gaan ek na my versie toe. Ek het hom op voor my rekenaar en ek lees hom gereeld.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

6 thoughts on “Hy Voorsien Wonderbaarlik”

  1. Dankie vir hierdie pragtige getuienis kosbare Yvonne, Hy is beslis die beste ooit! Jou getuienis laat my nou dink aan hierdie pragtige belofte, want wow nie eens minute nie, ek “love” die Here se voorsiening:
    “…Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie.” M3:10 https://www.bible.com/af/bible/6/MAL.3.10.AFR83
    https://uiteindelikhoop.com/kursus/k1/vensters-van-die-hemel-oopmaak/

  2. Liefste Yvonne dankie vir die wonderlike getuienis. Ja die Here ons man sal in alles vir ons voorsien, op maniere bo ons gedagtes.

  3. Ons wil so graag paniekerig raak, maar ons kan rus in die wete dat Hy in beheer is en niks ons Geliefde onkant betrap nie. Omdat ons gehoorsaam is en ons tiendes betaal, kan ons rustig wees en vertrou Hy sal in elke situasie werk en ons beskerm.

  4. Wow! ‘n Wonderlike getuienis! Ons dien die beste God ooit! So dankbaar! Dankie datcjy dit gedeel het en ons net weèr daaraan herinner het!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui