💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖

"Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle. Moenie vrees nie, Juda en Jerusalem, moenie bang wees nie. Trek hulle môre tegemoet. Die Here sal by julle wees.” 2K20:17

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte wat oorvertaal is uit "Prison To Praise" ('n boek wat ons aanbeveel om die beginsel van “loof in alle dinge” te leer en te gebruik):

Die vyand se pyle kan net nie deur die vreugde van iemand wat die Here loof nie. In II Kronieke 20 lees ons hoe 'n hele leër verslaan was toe die Israeliete bloot die Here geprys het en het Hom geglo het toe Hy gesê het dat die stryd nie hulle s'n was nie, maar Syne. Die boodskap is vandag net so duidelik. Die stryd is nie ons s'n nie; dit is God s'n. Terwyl ons Hom prys, Hy stuur ons vyande skarrelend weg.

Kosbare liefste vrou loof die Here in alle omstandighede en glo ons kosbare Here, die stryd is Syne.

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

7 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖”

  1. Ik ben Hem dankbaar voor de fijne werkweek dat ik heb gehad.
    Ik ben Hem dankbaar voor de nieuwe luxere wasmachine die mijn Echtgenoot mij gegeven heeft.
    Ik ben Hem dankbaar voor leiding die Hij mij geeft om mijn gezin te verzorgen.
    Ik ben Hem dankbaar dat mijn Echtgenoot altijd bij mij is waar ik ook ben.
    Ik ben Hem dankbaar dat ik een goed gesprek had op de school van mijn oudste zoon.

    I am grateful to Him for the wonderful working week I had.
    I am grateful to Him for the new, more luxurious washing machine that my Husband gave me.
    I am grateful to Him for the guidance He gives me to care for my family.
    I am grateful to Him that my Husband is always with me wherever I go.
    I am grateful to Him that I had a good conversation at my eldest son’s school.
    ~~~~~~~
    Ek is Hom dankbaar vir die wonderlike werksweek wat ek gehad het.
    Ek is Hom dankbaar vir die nuwe, luukser wasmasjien wat my Man vir my gegee het.
    Ek is Hom dankbaar vir die leiding wat Hy my gee om vir my gesin te sorg.
    Ek is Hom dankbaar dat my Man altyd by my is waar ek ook al gaan.
    Ek is Hom dankbaar dat ek ‘n goeie gesprek gehad het by my oudste seun se skool.

    1. Ek is saam met jou dankbaar kosbare Kristine vir al Sy voorsiening in jou lewe en hoe Hy jou pamperlang het met ‘n nuwe wasmasjien.

  2. Ek is dankbaar dat my kosbare Liefling Here my gesindheid verander en my ondankbaarheid in dankbaarheid verander, want ek kyk so om my en is dankbaar vir die gerieflike kamers wat ons het (juis na ek nie wou trek nie).
    Ek is dankbaar vir my gebede wat my kosbare Liefling beantwoord.
    Ek is dankbaar dat my ma my help met wasgoed was en kosmaak.
    Ek is dankbaar dat my kosbare Liefling Here my kalmte in die besige lewe is.
    Ek is dankbaar dat my kosbare Liefling Here my Hoop is, want nou kan ek hoop vir die toekoms hê.
    As ek net dink hoe ver die Here my al gebring het, is ek so ongelooflik dankbaar, want ek besef dis alles Hy, sonder Hom is ek niks.

  3. Ek is dankbaar dat ek die Here het en dat Hy my HH is. ek is dankbaar vir als wat Hy in my doen ek is dankbaar vir sy Oorvloedige liefde en dat hy lewe , oor hy lewe kan ek uitsien na vandag,more ,die toekoms want als is in sy hande. ek is dankbaar dat ek gister net weer dankbaar kon sien by my nigie wat n groot vrou is maar is nog soos n kind, dit was haar verjaarsdag gewees en sy was so bly gewees vir elke ding wat sy gekry het maak nie saak wat dit was nie sy nie 1 ding gesien as beter as die ander dinge nie maar ewe dankbaar vir elke ding. En ek dink dit is juis wat my Geliefde Hemelse Man my wou leer om ewe dankbaar te wees vir elke dink om vir die klein dingetjies net so dankbaar te wees soos vir die groot goed. Ek is dankbaar dat Hy my help om vir my kind klere te maak. En dat sy so baie daar van hou. Ek is dankbaar dat die Here my gelei het om aan my hare te verander en dat my tannie dit vir my kon doen. Ek is dankbaar vir als wat my Geliefde Hemelse Man in my lewe doen. En ek wil sy liefde vir almal gee.

    1. Dankie dat jy dit alles deel waaroor jy dankbaar is kosbare Kristy, ja Hy wil beslis hê dat ons vir die klein dingetjies ook dankbaar moet wees. Hoe kosbaar dat jou dogtertjie hou van die klere wat jy vir haar maak.

  4. Ek is dankbaar vir die dag wat my Geliefde vanoggend vir my en my kinders gegee het. Niks was beplan nie, maar Hy het oorgeneem en ons het ‘n heerlike ontbyt geëet, in ‘n lekker winkelsentrum rondgeloop en toe na ‘n binnenshuise trampolienpark gegaan.
    Ek is dankbaar vir die liefde, sorg en voorsiening van my Geliefde.
    Ek is dankbaar vir my kinders en vir die versekering dat my Geliefde hulle beste beskerming en Hemelse Vader is.
    Ek is dankbaar dat ek eenvoudig my lewe aan Hom kan oorgee en nie meer die las hoef te dra om my lewe te beplan nie.
    As ek terugkyk, was ek altyd bekommerd oor iets, ek kon tog so maklik stres oor goed, maar ek kan regtig sien hoe Hy dit van my weggeneem het. Ek kan maar my bekommernisse vir Hom gee en rus.

    1. Dankie dat jy deel waaroor jy dankbaar is kosbare Adina, hoe kosbaar die tyd wat jy saam met jou kinders gespandeer het. Ja is dit nie wonderlik dat ons nie meer ons lewens vooruit hoe te beplan nie, want ons lewens is in ons kosbare Here se hande.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui