💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖

"DIE geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie." H11:1

Lees asseblief hierdie gedeeltes wat oorvertaal is uit "Prison To Praise" (wat ons aanbeveel om die beginsel van “loof in alle dinge” te leer en te gebruik wat net as wonderbaarlik verduidelik kan word):

"Wat wil jy hê moet ek doen?"

"Maak my gesond, Here."

"Genees jou of neem die simptome weg?"

"Is hulle nie dieselfde nie, Here?"

“Nee, hulle is nie."

“Goed, Here, genees my dan net en ek sal nie let op die simptome nie."

Daarmee het ek het geweet dat God vir my iets nuuts en wonderlik gewys het. Elke keer wanneer ek vir genesing in die verlede gebid het en probeer glo het, was ek altyd verslaan wanneer die simptome volgehou het. Nou het ek geweet dat die simptome niks beteken nie. Geloof in God se belofte was al wat ek nodig gehad het; dan kon Satan al die simptome namaak soos hy wou!

Kosbare liefste vrou ons moet net geloof in God se beloftes hê!

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

5 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖”

  1. Ek is dankbaar dat my seun gekies is om by die fisiese gestremde atletiek, teen die hele land te gaan deelneem.
    Ek is dankbaar dat my seun se Hemelse Vader vir hom die geld voorsien het vir hierdie toer.
    Ek is dankbaar dat my seun se Hemelse Vader saam met hom is.
    Ek is so dankbaar dat ek my seun nie alleen grootmaak nie en dat ek met enige iets oor ons seun na sy Hemelse Vader, my Hemelse Man toe kan gaan.
    Ek is so dankbaar dat my Hemelse Man reg langs my is met alles in my lewe.

  2. Ek is vanogend dankbaar vir als wat die Here in my lewe doen, en te weet Hy is in beheer in my en my gesin en family se lewe. En dat hy agter die skerms besig is om als by mekaar te kry vir sy groter plan en glorie. Ek weet dat daar getuienise opad is en nie net in my lewe nie maar in my family ook. Ek is dankbaar dat die Here goed toe gelaat het om met my te gebeur om my nederig te maak en oop te maak om die waarheid te leer en om my te vorm en my n nuwe hart en gees te gee. Ek is dankbaar dat Hy deur my werk om ander te raak deur my boek van my lewe. Ek is dankbaar dat ek Hom gevind het en al sy liefde wat Hy ons oorvou. ek is dankbaar vir die ouer vrouens wat in my lewe gekom het (al is dit net op die foon) , wat my kan help om lans die pad wanneer ek n ouer vrou nodig. En dat ek ook weer vir iemand so ouer vrou kan wees om haar of hulle te onderig. Ek is dankbaar vir al sy liefde wat Hy my en my meisie kind om vou. Al wat ek entlik kan se is die Here is wonderlik.

    1. Dankie dat jy deel oor alles waarvoor jy dankbaar is kosbare Kristy, ons kosbare Here is beslis wonderlik!

  3. Vandag is ek dankbaar dat ek Sy hand in my lewe en die lewens van ander gesien het.
    Ek is dankbaar vir Sy genade en barmhartigheid.
    Ek is dankbaar vir Sy ewige liefde.
    Ek is dankbaar dat ek Sy bruid is en vir my reis saam met Hom.
    Ek is dankbaar dat Hy my uit die slymerige put van vernietiging getrek het en my ’n nuwe lewe gegee het.
    Ek is dankbaar vir elke nuwe dag en die seën van gesondheid en Sy voorsiening.
    Ek is dankbaar dat Hy in beheer is en niks vang Hom onkant nie.
    Ek is dankbaar vir die planne wat Hy vir my en my kinders het, want ek weet hulle is goed.
    Ek is dankbaar, want ek weet Hy is altyd by my.
    Ek is dankbaar dat Hy my hart, my begeertes, my swakhede ken. ‘
    Ek is dankbaar dat Hy my liefhet ten spyte van die feit dat ek te kort skiet.
    Ek is dankbaar dat ek my laste vir Hom kan gee en dat Sy juk sag en lig is.

  4. Dankie dat jy deel alles waarvoor jy dankbaar is kosbare Adina, die Here is beslis in beheer.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui