💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖

"HERE, U is my God! U sal ek verhoog; u Naam sal ek loof; want U het wonders gedoen, raadsbesluite uit ver tye, waarheid en trou." J25:1

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

9 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖”

  1. Ek is dankbaar dat God se belofstes vas staan.
    Ek is danbaar dat Hy my Hemelse man is.
    Ek is dankbaar dat ek nooit alleen is nie en dat alles met Hom kan deel en dat ek op Hom kan vertrou met my toekoms.

    1. Ek is so ongelooflik dankbaar dat jy die Here as jou Hemelse Man ontdek het kosbare Betty en ja jy is nooit alleen nie.

  2. Ek is so dankbaar vir elke ding wat die Here vir my doen. Vir sy liefde wat hy my die week deur laat kom het en hou hy in werking is. Gister se ek vir iemand ek het als vir die Here gegee so ek kan nie in vlees wil probeer planne maak nie so ek gaan wag vir Hom om deur te kom vir als in elke eara van my lewe. En om dit te sê het my weer meer bemoeding gegee. Ja die tyd raak al nader vir die skool om te begin en ek nog nie kan sien dat my berge besig is om weg te krummel of in die see te val nie. Weet ek my Geliefde sal deur kom in als.
    Ek is dankbaar dat die Here dit moontlik gemaak het vir die ouma en oupa wat my kind se skool goed gekoop het. Ek is dankbaar dat die Here vir hom n werk gegee het al is dit in n ander provinsie en ek glo en vertrou dat dit die werk is wat die Here wil he hy moet doen. Ek weet als sal teen goede uitwerk en sy wil sal geskiet en sy naam kry al die glorie. En ek is dankbaar vir die wysheid en talent wat die Here my gegee het om naaldwerk te doen en klere te kan maak en dat my Geliefde my meer geduld gee wanneer ek sukkel en meer vreugte daar in het om naaldwerk te doen. Dankbaarste van als is ek vir my Geliefde Hemelse Man.

  3. Ek is dankbaar dat my Liefling Here my met vanoggend se oggendtoewyding herinner het om positief te praat -https://uiteindelikhoop.com/my-beminde-kind-ouer-13-januarie/

    Ek is dankbaar dat my Liefling Here my met gister se oggendtoewyding herinner het dat as ek iets aan my wil verander waarmee ek sukkel, dat ek net in Sy teenwoordigheid moet sit met ‘n verlange na Hom, want Hy is die Een wat my sal verander.

    Ek is dankbaar dat my Liefling Here my herinner het om alles na Hom toe te vat en op te hou kla (want ons was besig om te kla oor ons nie bevorder word nie alhoewel ons op die hoofste skaal is) en direk nadat ons dit vir die Here gegee het, het ‘n vriendin na my kantoor toe gekom en uit die bloute gevra of ek die brief gekry het, wat wys dat die unies vir ons baklei juis oor die bevorderingskwessie. Ek is ongelooflik dankbaar die my Liefling dadelik geantwoor het en gewys het dat Hy alreeds die regte mense aangestel het om dit uit te sorteer.

    Weereens is ek so baie dankbaar vir Sy ewigdurende liefde, wat alles oortref – https://uiteindelikhoop.com/ewige-liefde/

  4. Vandag is ek dankbaar dat ons Hemelse Vader alles so mooi in plek laat val.
    1. In een van die kursuse wat ek so rukkie terug gedoen het, het Erin gepraat van “The picture Bible” vir kinders. Ek het Kersfees die Bybel gekoop vir my sussie se 2 seuntjies (Die een is 2 jaar en 4 maande, en die ander een is 3 maande oud).
    My sussie het vanoggend vir my gese: hy vra elke aand vir hulle om uit die Bybel uit te lees vir hom (die 2 jarige ene). Hy kom van die kleutelskool af, en sodra hy by die huis is stap, dan se hy: “upstairs,mommy/daddy read the Bible”.
    My sussie was nog altyd baie bekommerd want haar man “glo nie eintlik nie”, maar met hierdie klein seuntjie van hulle is God besig om sy pappa se hart ook te draai.
    Hulle het saam besluit om altwee seuntjies te doop, en is in die proses.
    Prys die Here!
    Vandag is ek baie dankbaar vir net dit, want dit is iets wat ons almal as n gesin voor gebid het!

  5. Ek het so baie dinge om voor dankbaar te wees vandag:
    Die geleentheid om volgende week met Tuisonderrig te begin, alhoewel ek geen idee het wat ek doen nie, gaan ek volkome staatmaak en vertrou op my Geliefde Man om my te lei.
    Vir my twee pragtige kinders wat ek elke dag na die toesigsaak sien. Dit is nie my naweek saam met die kinders nie, maar hulle is nou hier by my :):)
    Vir my Hemelse Man wat so mooi na ons kyk en vir ons voorsien.
    Vir die Liefde en begrip wat ek elke dag van my Hemelse Man ontvang.
    Vir hierdie reis waarop ek is, het Hy net ingekom alles rondom so baie verander, ten goede!

    1. Ek is saam jou dankbaar kosbare Adina, dat jou kinders by jou is al is dit nie jou naweek nie en wat ‘n voorreg dat jy hulle gaan tuisonderrig gee, ek weet ons kosbare Here gaan jou lei en ek sien uit om getuienisse daarvan te lees.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui