Dag 6: Psalms en Spreuke

1983 Vertaling

Psalm 6

Help my, want U is getrou
1Vir die koorleier: met snarespel; met basstem. 'n Psalm van Dawid.
2Moet my tog nie in u toorn straf nie, Here,
en my in u gramskap tugtig nie.
3Ontferm U oor my, Here, want ek kwyn weg,
maak my gesond, Here, want my liggaam is uitgeteer.
4Ek is heeltemal gedaan.
Hoe lank nog, Here, voordat U uitkoms gee?
5Neem my weer onder u sorg, Here, en red my lewe.
Help my, want U is getrou.
6Iemand wat dood is, kan tog nie u Naam bely nie.
Kan iemand in die doderyk U prys?
7Ek is uitgeput van verdriet,
ek huil die hele nag deur,
ek deurweek my bed met trane.
8My oë het dof geword van verdriet,
verswak deur wat my teëstanders my aandoen.
9Gee pad van my af, julle almal wat onreg doen,
want die Here het ag geslaan op my geroep om hulp,
10die Here het geluister na my smeking,
die Here het my gebed aangeneem.
11Al my vyande sal beskaamd daarvan afkom,
hulle sal verslae staan;
in 'n oogwink sal hulle beskaamd moet padgee.

Psalm 36

Hoe kosbaar is u trou, o God!
1Vir die koorleier. Van Dawid, die dienaar van die Here.
2In die hart van die goddelose
het die opstand teen God die laaste woord.
Die goddelose het geen vrees vir God nie
3en praat net goed oor homself.
Hy is altyd daarop uit om kwaad te doen en om te haat.
4As hy praat, is dit kwaadwillig en vals;
verstandig wees en goed doen bestaan nie vir hom nie.
5Selfs as hy gaan lĂȘ, dink hy net kwaad uit;
hy bly op 'n pad wat nie reg is nie;
wat sleg is, verwerp hy nie.
6Here, u liefde reik tot in die hemel,
u trou tot in die wolke,
7u geregtigheid tot op die hoogste berge,
die reg wat U spreek, tot in die dieptes van die see.
U sorg vir mens en dier, o Here.
8Hoe kosbaar is u trou, o God!
U beskerm die mense wat by U skuil.
9In u huis geniet hulle oorvloed,
U laat hulle drink uit die strome van u goedheid.
10U is die bron van die lewe,
deur u lig lewe ons.
11Laat u liefde bly by dié wat U erken
en u trou by dié wat opreg is.
12Laat my nie onder die voete van eiegeregtige mense beland nie,
moenie dat goddeloses my hier wegdryf nie!
13Dié wat altyd onreg doen, val net daar waar hulle is;
hulle word platgeslaan en kan nie weer opstaan nie.

Psalm 66

Hoe ontsagwekkend is u werk!
1Vir die koorleier. 'n Lied. 'n Psalm.
Juig tot eer van God, almal op aarde!
2Sing tot roem van sy Naam,
gee Hom die eer wat Hom toekom!
3Bely voor God: Hoe ontsagwekkend is u werk!
U mag is groot, u vyande kruip voor U.
4Alle mense moet voor U buig,
hulle moet sing tot u eer,
hulle moet sing tot eer van u Naam.Sela
5Kom hoor wat God gedoen het,
kom hoor van sy magtige dade onder die mense:
6Hy het die see in droë land verander;
sy volk het droogvoets deur die rivier getrek.
Toe het ons gejubel oor Hom
7wat ewig heers deur sy mag
en die nasies in die oog hou.
Die vyande moet hulle nie teen God verset nie!Sela
8Prys ons God, alle volke,
laat sy lof weerklink!
9Dit is Hy wat ons die lewe gee
en nie toelaat dat ons struikel nie!
10U het ons beproef, o God,
ons gelouter soos silwer;
11U het ons in 'n net gevang,
'n swaar las op ons gelĂȘ;
12U het ons deur mense laat vertrap,
ons het deur vuur en water gegaan;
maar toe het U ons uitgelei na oorvloed toe.
13Ek sal u huis betree met brandoffers
en aan U die geloftes betaal
14wat ek gedoen het, wat ek afgelĂȘ het
toe ek in nood was.
15Ek bring vir U vet skape as brandoffers,
ramme as wierookoffers,
ek offer beeste en bokke.Sela
16Kom luister, alle dienaars van God,
ek wil vertel wat Hy vir my gedoen het:
17Skaars het ek na Hom geroep,
of daar was reeds 'n loflied op my lippe.
18As daar sonde in my hart was,
sou die Here nie geluister het nie.
19Maar God hét geluister,
Hy hét my gebed verhoor!
20Die lof kom God toe wat my gebed nie afgewys
en sy trou nie van my weerhou het nie.

Psalm 96

Die Here kom om oor die aarde te heers
1Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here,
sing tot eer van die Here, almal op aarde!
2Sing tot eer van die Here, prys sy Naam,
verkondig elke dag sy reddingsdade!
3Vertel die nasies van sy mag,
al die volke van sy magtige dade.
4Die Here is groot, al die lof kom Hom toe,
ontsagwekkend is Hy bo alle gode.
5Al die gode van die volke is niks:
dit is die Here wat die hemele gemaak het.
6Majesteit en luister straal van Hom uit,
krag en glans vul sy heiligdom.
7Prys die Here, alle volke,
prys die Here om sy eer en mag!
8Prys die Here om die eer van sy Naam!
Kom na sy voorhowe toe, bring vir Hom offers!
9Buig voor die Here by sy heilige verskyning;
betoon eerbied aan Hom, almal op aarde.
10Verkondig onder die nasies: “Die Here regeer;
die wĂȘreld staan vas, dit wankel nie;
die Here sal die volke regverdig oordeel.”
11Die hemele moet bly wees en die aarde moet juig,
die see en alles daarin moet druis,
12die veld en alles daarop moet jubel,
al die bome in die bos moet hulle verheug
13voor die Here, want Hy kom,
Hy kom om oor die aarde te heers.
Hy sal oor die wĂȘreld heers met regverdigheid,
oor die volke met billikheid.

Psalm 126

Verander tog ons lot, Here!
 
1'n Pelgrimslied.
Toe die Here die lot van Sion verander het,
was dit vir ons soos 'n droom.
2Ons het gelag en gesing.
Onder die nasies het hulle gesĂȘ:
“Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.”
3Die Here hét groot dinge aan ons gedoen;
ons was bly.
4Verander tog ook nou ons lot, Here,
soos U droë spruite in die Suidland
in waterstrome verander.
5Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring.
6Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra,
hy kom juigend terug
terwyl hy sy gerwe dra.

Spreuke 6

1As jy vir iemand borg gestaan het, my seun,
as jy jou verbind het vir 'n ander,
2verstrik geraak het deur wat jy gesĂȘ het
en vasgevang is deur jou eie woorde,
3doen dan dĂ­t, my seun,
en red jouself sĂł as jy in 'n ander se mag beland het:
gaan soebat hom, gaan pleit by hom;
4moenie gaan slaap nie, bly wakker,
5red jou uit sy mag soos 'n wildsbok uit 'n strik,
soos 'n voëltjie uit die net van 'n voëlvanger.
6Gaan kyk na die mier, luiaard,
kyk hoe hy werk, en leer by hom.
7Hy het nie 'n leier nie,
nie 'n opsigter of 'n regeerder nie,
8tog maak hy sy kosvoorraad reg in die somer,
versamel hy sy voedsel in die oestyd.
9Hoe lank gaan jy nog lĂȘ, luiaard,
wanneer gaan jy opstaan?
10Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer,
nog 'n bietjie handevou en bly lĂȘ,
11en daar oorval die armoede jou soos 'n rower,
daar oorrompel die gebrek jou soos 'n inbreker.
12Dit is 'n nikswerd mens, 'n mens vol onreg,
wat altyd reg is om te lieg,
13om te bedrieg deur met die oog te knik,
met die voet te beduie,
met die vingers tekens te gee,
14wat altyd met 'n skelmstreek kom
en voortdurend op kwaad uit is.
Hy maak moeilikheid waar hy gaan.
15So 'n mens se ondergang kom skielik;
hy stort ineen, en daar is nie herstel nie.
16Die Here haat ses dinge,
nee, daar is sewe waarvan Hy 'n afsku het:
17oë wat straal van hoogmoed,
'n tong wat lieg,
hande wat met bloed bevlek is,
18gedagtes wat met komplotte besig is,
voete wat net een koers ken, dié van die kwaad,
19'n getuie wat lieg
en iemand wat rusie stook tussen broers.
20My seun, hou vas aan wat jou vader jou voorskryf;
wat jou moeder jou leer,
moet jy nie in die wind slaan nie.
21Dit moet jou altyd bybly,
daarmee moet jy saamleef;
22dit sal vir jou leiding gee in wat jy doen,
dit sal jou beskerm as jy slaap
en jou lei sodra jy wakker word.
23Wat ek jou voorskryf, is 'n lamp,
my onderrig is 'n lig;
wie hom laat teregwys,
is op die pad na die lewe toe.
24My onderrig sal jou beskerm
teen die slegte vrou van 'n ander
wat jou met haar gladde tong wil verlei.
25Moenie dat haar skoonheid jou begeerte wek nie,
moenie dat sy jou vang met haar oë nie.
26Jy kan 'n prostituut kry vir 'n stuk brood,
maar owerspel kan jou lewe kos.
27Kan jy kole vuur in die vou van jou klere inhark
sonder dat jou klere aan die brand raak?
28Kan jy op brandende kole loop
sonder dat jy jou voete verbrand?
29Net so min kan jy by 'n ander man se vrou slaap
sonder om gestraf te word,
jy sal nie vry kom as jy met haar lol nie.
30'n Dief word verag as hy steel,
ook al steel hy om sy honger te stil,
31en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig teruggee,
selfs al kos dit hom alles wat hy besit.
32Maar 'n man wat owerspel pleeg,
moet van sy verstand af wees,
iemand wat dit doen, verwoes sy lewe.
33Hy sal slae op die lyf loop en verneder word,
sy skande sal nooit uitgewis word nie.
34Die woede van die vrou se man is 'n gloeiende vuur,
sy wraak ken nie perke nie;
35hy laat hom nie afkoop nie,
geen betaling is vir hom genoeg nie.

☊ Nuwe Lewende Vertaling

Psalm 6

’n Gebed om hulp tydens
siekte
1Vir die koorleier: Met snarespel,
met basstem. ’n Dawidspsalm.
2Here, straf my nie
in u toorn,
kasty my tog nie
in u woede nie.
3Wees my genadig, Here,
want ek is swak.
Maak my gesond, Here,
want my liggaam is vol pyne.
4My hele wese
is angsbevange.
Hoe lank nog, Here?
5Kom terug, Here, en red my.
Genees my
op grond van u liefde.
6Want wie onthou U in die graf?
Wie kan U loof
in die doderyk?
7Ek is vermoeid van verdriet.
Snags is my bed deurweek,
is my kussing nat van trane.
8My oë is dof van droefheid,
dis verswak
weens al my vyande.
9Gaan weg,
al julle kwaaddoeners,
want die Here
het na my hulpgeroep geluister.
10Die Here
het my pleidooi gehoor;
die Here
sal my gebed beantwoord.
11Al my vyande sal beskaamd
en baie verslae wees;
in ’n oogwink
sal hulle beskaamd wees
en omdraai.

Psalm 36

Die Here is regverdig en
getrou
1Vir die koorleier: ’n Psalm van Dawid,
die dienaar van die Here.
2Die goddelose se opstand
kom uit sy hart.
Hy het nie ontsag vir God nie.
3In sy blinde verwaandheid
sien hy nie sy sonde
om dit te haat nie.
4Alles wat hy sĂȘ,
is sondig en vals.
Hy is nie verstandig nie
en doen nie die goeie nie.
5Hy beplan kwaad
wanneer hy gaan lĂȘ.
Hy kies ’n pad wat nie goed is nie
en verwerp nie die kwaad nie.
6Here, u goedheid
is eindeloos soos die heelal;
u trou tot by die wolke.
7U regverdigheid
is soos die hoogste berge,
u oordeel
soos die diepste waters.
U sorg vir mense en diere, Here.
8 Hoe kosbaar is u trou, o God!
Die hele mensdom vind skuiling
in die skadu van u vleuels.
9U voed hulle
uit die oorvloed van u huis,
en laat hulle drink
uit strome van vreugde.
10Want by U is die fontein van die lewe,
in u lig sien ons die lig.
11Laat u goedheid bly
by dié wat U erken
en u regverdigheid
by dié wat opreg is.
12Moenie dat die hoogmoediges
my vertrap nie.
Moenie dat die goddeloses
my wegdryf nie.
13Die kwaaddoeners val
daar waar hulle is,
hulle word neergegooi
en kan nooit weer opstaan nie.

Psalm 66

Ek wil vertel wat God
gedoen het
1Vir die koorleier: ’n Lied. ’n Psalm.
Almal op aarde,
juig tot eer van God!
2Sing tot eer van sy Naam!
Gee Hom eer en lof.
3SĂȘ vir God:
“Hoe ontsagwekkend is u werke!
U vyande kruip
voor u groot mag.
4Almal op die aarde
sal U aanbid;
hulle moet sing tot u eer
en lofsing tot eer van u Naam.”
Sela
5Kom en kyk
wat God gedoen het,
sy magtige dade
met die mensdom!
6Die see het Hy verander
in ’n droĂ« pad,
droogvoets het hulle
deur die rivier gegaan.
Kom, laat ons jubel oor Hom,
7Hy wat vir altyd
deur sy groot mag regeer.
Sy oë is gerig op die nasies.
Laat geen opstandeling
homself verhef nie.
Sela
8Alle volke, prys ons God
en laat sy lof weerklink.
9Ons lewe, dié hou Hy in stand,
ons voete
laat Hy nie struikel nie.
10U het ons beproef, o God,
soos silwer ons gesuiwer.
11U het ons met ’n net gevang,
’n sware las op ons geplaas.
12U het mense oor ons laat ry,
ons deur vuur en vloed
laat gaan,
en tog gebring
waar daar oorvloed is.
13Met brandoffers
kom ek na u tempel;
geloftes aan U wil ek betaal,
14geloftes met eie lippe
en mond gesĂȘ
toe ek diep in moeilikheid was.
15As brandoffer bring ek
die vetste van my vee,
as wierook
die beste van my ramme.
Ook bulle en skape sal ek offer.
Sela
16Kom en luister,
dienaars van God,
ek sal vertel wat Hy
vir my gedoen het.
17Ek het na Hom om hulp geroep,
Hom geprys terwyl ek praat.
18As ek kwaad in my hart
bedink het,
sou die Here
nie na my luister nie.
19Maar God het tog geluister;
Hy het my gebed verhoor.
20Loof God wat my gebed
nie verwerp het nie
en sy troue liefde
nie aan my onttrek het nie.

Psalm 96

Die Here is Koning en
Regter
1Sing vir die Here ’n nuwe lied!
Sing vir die Here,
almal op aarde!
2Sing vir die Here,
loof sy Naam!
Verkondig sy verlossing
dag na dag.
3Vertel die nasies
van sy heerlikheid,
aan al die volke
van sy wonderdade.
4Groot is die Here;
lof kom Hom toe!
HĂœ moet gedien word
bo alle gode.
5Die gode van die volke is niks,
die Here
het die hemele gemaak!
6Heerlikheid en majesteit
is voor Hom;
krag en glans is in sy heiligdom.
7Erken die Here,
geslagte van die aarde,
erken die Here
vir sy heerlikheid en mag.
8Erken die Here
vir die roem van sy Naam!
Bring offers vir Hom
en kom na sy voorhowe.
9Aanbid die Here
in sy heilige glans.
Laat die hele aarde
voor Hom bewe.
10Vertel aan die nasies:
“Die Here regeer!
Die wĂȘreld staan vas
en sal nie wankel nie.”
Sy oordeel oor volke
is regverdig.
11Laat die hemele verheug wees,
laat die aarde bly wees.
Laat die see druis
en ook alles daarin.
12Laat die velde jubel
en alles daarop!
Laat die bome van die bos juig
13voor die Here.
Want die Here kom!
Hy kom
om die aarde te oordeel.
Hy sal die wĂȘreld oordeel
met regverdigheid,
en die nasies
met sy betroubaarheid.

Psalm 126

Verander tog ons lot,
Here
1’n Pelgrimslied.
Toe die Here die bannelinge
teruggebring het na Sion toe,
was dit vir ons soos ’n droom.
2Ons het toe gelag
en van vreugde gesing.
Die ander nasies het gesĂȘ:
“Die Here het groot dinge
vir hierdie mense gedoen.”
3Die Here het groot dinge
vir ons gedoen
en ons is vol vreugde!
4Verander tog ons lot, Here,
soos strome in die Suidland.
5Hulle wat met trane saai,
sal met vreugde maai.
6Hulle wat met trane
die saadsak loop en dra,
sal beslis sing van vreugde
wanneer hulle die gerwe dra.

Spreuke 6

Die gevaar van ’n skuldbrief
1My seun, as jy borg staan
vir jou vriend
of instaan vir die skuld
van ’n vreemdeling;
2as jy gevang is deur wat jy sĂȘ,
vir jouself ’n strik gestel het
deur jou woorde,
3dan moet jy gou iets daaraan doen,
my seun!
Jy het beland in die mag
van jou vriend.
Gaan probeer jouself loskry.
Gaan dring nederig by hom aan
om dit nietig te verklaar.
4Moenie nog slaap nie.
Moenie dit los
vir ’n ander dag nie.
5Red jou uit sy mag
soos ’n wildsbok
wat die jagter afskud.
Kom daaruit soos ’n voĂ«ltjie
wat ontsnap
uit die net van ’n voĂ«lvanger.
Om betyds op te tree
6Jou luiaard,
gaan leer by die mier.
Kyk wat hy doen.
Leer wat wysheid is by hom.
7Hy het nie ’n leier,
of ’n opsigter, of iemand
wat agter hom staan nie.
8Hy kry reeds in die somer
sy kosvoorraad reg.
In die oestyd maak hy kos bymekaar.
9Jou luiaard, hoe lank
gaan jy nog lĂȘ en slaap?
Wanneer gaan jy eendag opstaan
uit jou slaap?
10Nog ’n bietjie verder slaap,
nog ’n bietjie lĂȘ en sluimer,
nog ’n bietjie hande gevou lĂȘ
om uit te rus.
11Skielik oorval die armoede jou
soos ’n struikrower.
’n Tekort aan kos oorrompel jou
soos ’n gewapende dief.
Die nuttelose mens
12’n Nikswerd mens
en ’n mens vol onreg
verkoop altyd leuens.
13Hy knipoog vir sy maats,
hy beduie met sy voet,
hy gee met die vingers tekens
van sy planne.
14Hy kom altyd
met ’n skelmstreek.
Hy maak moeilikheid
so ver hy gaan.
15Maar so ’n mens
se ondergang
kom baie skielik.
Hy stort in duie
en niks kan hom dan red nie.
Wat die Here haat
16Daar is ses dinge
wat die Here haat,
nee, eintlik sewe dinge
waarvan Hy ’n afsku het:
17oë vol hoogmoed,
’n tong wat lieg,
hande wat onskuldiges doodmaak,
18’n hart wat slegte planne beraam,
voete wat agter kwaad aanloop,
19’n vals getuie
wat leuens verkoop,
en iemand
wat rusie veroorsaak
tussen broers.
Wysheid beskerm jou
20My seun,
gehoorsaam wat jou pa jou leer.
Moenie reëls wat jou ma
vir jou gee,
ignoreer nie.
21Bewaar dit altyd in jou hart.
Dra dit om jou nek.
22Waarheen jy ook al op pad is,
dit sal vir jou die koers aandui.
Dit sal jou beskerm
wanneer jy slaap.
Dit sal jou wys wat jy moet doen
sodra jy wakker word.
23My opdragte
is soos ’n lamp vir jou.
My reĂ«ls is vir jou ’n lig.
Vir die een
wat hom laat dissiplineer,
is dit die pad na die lewe.
Die gevaarlike vrou
24Hierdie reëls
sal jou beskerm
teen die onsedelike vrou,
teen die vreemde vrou
wat jou wil verlei
met haar gladde tong.
25Moenie opgewonde raak
omdat sy mooi is nie.
Moenie dat sy jou vang
met die gefladder
van haar wimpers nie.
26’n Prostituut
kan jy vir ’n stukkie brood
in die hande kry.
Owerspel
met ’n ander man se vrou
kan jou egter jou hele lewe kos.
27Kan jy kole vuur
in ’n voorskoot dra
sonder dat jou klere
aan die brand raak?
28Kan jy op brandende kole loop
en nie jou voete skroei nie?
29Net so is dit met iemand
wat by ’n ander man se vrou
gaan slaap.
Niemand wat met haar lol,
sal ongedeerd
daarvan afkom nie.
30’n Dief kan verskoon word
wanneer hy steel,
want hy was honger.
31As hy betrap word,
moet hy sewe maal meer
teruggee,
selfs al kos dit hom
alles wat hy besit.
32Maar die man
wat owerspel pleeg,
is heeltemal dwaas.
Iemand wat dit doen,
verwoes sy hele lewe.
33Hy sal slae verduur
en verneder word.
Niks sal ooit weer
sy skande kan uitwis nie.
34Die verontwaardiging
wat die vrou se man ervaar,
sal brand soos vuur.
Daar sal geen einde
aan sy wraak wees nie.
35Hy sal geen vergoeding
aanvaar nie.
Geen geskenk, hoe groot ook al,
is vir hom genoeg nie.

Die Boodskap

Psalm 6

1Vir die musiekleier se aandag:
’n Dawidspsalm vir snaarbegeleiding en basstemme
2Here, moet my nie straf as U kwaad is nie;
moet my nie slaan as U woedend is nie.
3Wees goed vir my, Here, want ek word al hoe swakker.
U moet my asseblief gesond maak, Here, want my liggaam is besig om in te gee.
4Ek is lam van moedeloosheid.
Wat gaan U hieraan doen, Here? Hoe lank gaan dit nog so aanhou?
5Draai na my toe om, Here! Red my van hierdie swaarkry!
U het tog u kinders baie lief.
6Mense wat dood is, kan U mos nie meer onthou nie.
Onder die grond tussen die dooies is dit doodstil. Niemand prys U meer daar nie.
7Ek kan nie meer huil of kla nie; my kragte is op.
In die nag huil ek my kussing nat.
My hele bed is later nat van die trane.
Al die pyn en hartseer maak my gedaan. 8Ek is moedeloos.
Daardie spul wat niks van my hou nie, tap al my kragte.
9Julle wat my so sleg behandel, gee pad!
Die Here luister na my gebed wanneer ek huil.
10Die Here het gehoor toe ek huilend by Hom pleit. Hy aanvaar my gebed.
11Daarom help Hy my.
Almal wat niks van my hou nie, sal in die skande kom. Hulle sal vinnig en vol skaamte van my af padgee.

Psalm 36

1Aan Dawid: Van die hoof van die koor
2Slegte mense se lewe word deur slegte dade regeer. Hulle steur hulle nie aan God nie.
3Hulle dink baie van hulleself, en praat heeltyd oor hoe goed hulle is. Hulle floreer om kwaad te doen en mense te haat.
4Lelike woorde gly oor hulle lippe; hulle het g’n idee hoe om goed te doen aan ander nie. Hulle weet nie wat dit is om slim genoeg te wees om ander mense goed te behandel nie.
5Snags lĂȘ hulle wakker om slegte dinge uit te dink.
Hulle loop op ’n pad wat nie goed is nie. Hulle hou van die slegte.
Sonde is hulle kos: heeldag, elke dag.
6Here, U is baie lief vir ons, niemand op aarde kan dit ooit meet nie.
Here, U is so goed vir ons, niemand het genoeg woorde om dit te beskryf nie.
7Here, U tree altyd regverdig op.
Here, wanneer U praat, is dit altyd regverdig teenoor ons as mense.
U hou alles wat leef styf in u hand vas. Elke mens, elke dier leef uit u goedheid.
8God, niemand kan sonder u goedheid leef nie.
U pas almal op wat by U kom wegkruip.
9U liefde vloei soos ’n rivier oor ons hele lewe.
U gee vir ons meer as wat ons nodig het.
U is baie goed vir ons.
10U is ons lewe. U is die lig wat ons lewenspad verlig.
11God, U moet asseblief nooit ophou om lief te wees vir al u kinders nie, dié mense wat U as God erken en reg voor U lewe.
12Keer dat hoogmoedige mense my rondstamp.
Keer dat sondaars my uit u hand ruk.
13Slegte mense kom altyd sleg daarvan af by U;
op die ou end bly daar niks van hulle oor nie. Hulle bly lĂȘ.

Psalm 66

Vir die musiekleier. ’n Lied wat met snaarinstrumente begelei word
1Almal op aarde, juig opgewonde! Maak God se Naam groot!
2Sing liedere om Hom te eer! Vertel hoe groot Hy is! Hy verdien dit.
3SĂȘ vir God: Wat U doen, is te groot om in mensewoorde beskryf te word. U is baie sterk. U vyande lĂȘ teen die grond voor u voete.
4U is so groot dat alle mense laag voor U buig.
U is so sterk dat mense wat U nie liefhet nie, ook op hulle knieë na U toe moet kruip.
Almal op aarde moet U aanbid.
Hulle moet liedere sing om U te eer. Hulle moet liedere sing om u Naam groot te maak.
5Kom kyk na wat die Here gedoen het. Kom luister na wat Hy vir mense gedoen het.
6Die see het Hy in droë grond verander. Hy het Israel kurkdroog deur die Rietsee en die Jordaan laat stap.
Sy kinders was baie bly hieroor.
7So sterk is die Here dat Hy altyd in beheer van sake is.
Hy weet wat almal op aarde doen. Hy hou sy oog op almal.
Mense moenie dink hulle kan teen die Here in opstand kom nie.
8Kom, loof ons God, alle volke! Sing kliphard sodat julle lofliedere oral kan weerklink. 9Hy gee aan ons lewe. Hy sorg dat niks ons onderkry nie.
10God, U het mooi gekyk of ons alles doen wat U sĂȘ.
U wil dat ons ophou om verkeerde dinge te doen. Daarom het U ons skoon gewas.
11Ons was vasgevang. U het ’n swaar las op ons skouers gesit.
12Mense het bo-oor ons geloop.
Ons moes deur moeilike krisisse worstel.
Dit het gevoel of ons enige tyd kon doodgaan.
Maar U het ons met u goedheid deurgehelp.
Hierna het U ons oorlaai met goeie dinge.
13Ek sal vir U kom dankie sĂȘ vir alles wat U vir my gedoen het. Ek sal vir U doen wat ek belowe het.
14Die beloftes wat ek in my nood aan U gemaak het, sal ek nakom.
15Ek sal die heel beste wat ek het, vir U gee.
Die allerbeste wat ek het, sal ek na U toe bring.
16Julle wat God dien, kom luister na wat ek wil sĂȘ!
Ek wil vertel wat Hy alles in my lewe gedoen het.
17Ek het nog maar net die Here gevra om my te help toe ek in die moeilikheid was. Toe het ek al klaar ’n loflied begin sing.
18Daar was nie verkeerde dinge in my hart nie.
Anders sou die Here nie geluister het nie.
19God het my gehelp. Skaars het ek Hom om hulp gevra, toe help Hy my.
20God moet geprys word.
Hy het my nie geĂŻgnoreer nie.
Hy was getrou aan my.

Psalm 96

1Kom ons sing vir die Here ’n nuwe lied wat spesiaal net vir Hom geskryf is.
Laat almal op hierdie wĂȘreld kom saamsing.
2Laat ons oor ons groot en wonderlike Here sing!
Laat ons nooit ophou om te vertel hoe Hy ons uit ons nood gered het nie.
3Moenie stilbly nie. Vertel vir al die volke op aarde hoe sterk die Here is en wat Hy alles kan doen.
4Die Here is baie groot, en daarom moet ons Hom met ons mooiste woorde grootmaak. Hy is groter as enige ander god.
5Wat is die ander gode in vergelyking met Hom? Net mooi niks nie!
Mense het hulle gemaak.
Maar ons Here het die hemel gemaak waar mense dink daardie afgode is.
6As ’n mens by die Here is, word jy oorweldig;
oorweldig deur hoe Hy oor alles heers,
hoe belangrik Hy in vergelyking met enigiemand anders is,
hoe sterk Hy is en hoe mooi alles by Hom is.
7Elke mens op hierdie aarde moet die Here erken vir wie Hy regtig is.
8Hulle moet erken dat Hy sterker en belangriker is as enigiemand anders.
Gee daarom aan die Here die dank en eer wat net Hy verdien.
9Kom na Hom toe en bring vir Hom ’n offer wat Hom gelukkig sal maak.
As Hy in sy grootheid aan jou verskyn, kniel en erken Hom vir wie Hy regtig is.
Elke mens moet besef hoe klein hy is in vergelyking met die grootheid van ons Here.
10Vertel vir elkeen op hierdie aarde: “Die Here heers oor alles. Hy is so sterk dat die aarde onbeweeglik vas in sy hand lĂȘ.
Soos ’n regverdige regter in die hof sal Hy besluit wat eendag van elke mens sal word.”
11Die hemel en elkeen wat daar is, moet van opgewondenheid oorloop.
Die aarde en elkeen wat daar is, moet hulle blydskap uitskree.
Ook die see met alles daarin mag nie stilbly nie.
12Oor die velde moet die jubeling weergalm en in die bome van die woud weerklink.
13Hierdie uitbundige jubeling is bedoel vir die Here, want Hy kom na ons toe.
Ja, Hy kom om te sĂȘ wie sy mense is en wie nie.
Soos ’n regverdige regter sal Hy sy besluit neem; oor elke mens sal Hy met billikheid sy uitspraak maak.

Psalm 126

Die lied is geskryf vir mense wat Jerusalem toe gekom het om die Here te dien
1Toe die Here Israel uit die kloue van ’n vreemde volk gered het, was sy kinders baie bly.
Vir ons was dit soos ’n droom wat waar geword het.
2Ons het aanmekaar gelag en gepraat, so bly was ons.
Almal, selfs diĂ© wat nie die Here dien nie, het dit raakgesien en gesĂȘ:
“Die Here het wonderlike dinge vir sy kinders gedoen.”
3Ja, die Here het wonderlike dinge vir ons gedoen en ons was baie bly.
4Nou is ons weer in die nood. Here, keer asseblief ons situasie heeltemal om.
U kan ’n droĂ« woestyn in ’n pragtige blommeland verander.
Vat so ons probleme heeltemal weg.
5Die Here kan hartseer in blydskap verander.
Trane van pyn kan Hy in gelag van blydskap verander.
6Al werk ’n boer hard, is hy bly as hy ’n groot oes insamel.
So verander swaarkry in blydskap.

Spreuke 6

Pas op vir borg staan
1As jy vir iemand borg gestaan het, is jy dom. Jy het ’n groot geldlas op jouself gelaai.
2As jy ’n ooreenkoms te maklik gemaak het, jou handtekening te vinnig op papier geplaas het, is jy dom.
Deur jou woorde en dade word jy gevang. Jy word ’n gevangene van harde besigheidsmense.
3Probeer so vinnig moontlik uit hierdie knyptang kom. 4Moenie eens gaan slaap nie. Steek jou trots in jou sak en gaan praat dadelik met daardie mense. Pleit. Soebat. Veg. 5Hou aan soos ’n wildsbok in ’n strik en ’n voĂ«ltjie in ’n voĂ«lvanger se net, totdat jy vry is.
Raad aan lui mense
6Luiaard, gaan leer by die mier hoe om te werk. 7Sonder ’n baas wat hom moet dryf, ’n toesighouer wat sy vordering moet dophou of ’n bestuurder wat sy program moet reĂ«l, werk hy dag en nag. 8Sonder enige druk begin die miertjie al in die somer kos vir die winter opgaar. Tydens oestyd werk hy dag en nag om kos in die landerye te versamel en huis toe te dra.
9Luiaard, hoe lank gaan jy nog so sit en niksdoen? Of tot watter tyd in die oggend lĂȘ en slaap? 10Jy sal nog laat by die werk aankom, daar rondsit of lyf wegsteek, dan roep die baas jou. Jy kan jou werk verloor. 11Dan sluip die armoede jou lewe so ongemerk binne soos ’n skelm. Jy sal nie ’n verhoging kry nie. Dan sal armoede jou lewe so ernstig bedreig soos ’n gewapende man.
Pas op vir die glibberige soort
12Daar is ’n mens aan wie jy net nooit ’n vat kan kry nie. Hy praat nou sus en later so. Sy woorde is bedrieglik. 13Jy kan nooit daarop peil trek nie. Met die trek van sy oĂ«, die geskuifel van sy voete en die wys van sy vingers lei hy mense om die bos. 14In sy hart bedink hy heeltyd skelm planne. Waar hy is, is daar altyd rusie. 15’n Skielike ramp sal hom nog tref. In ’n oogwink sal hy byna vernietig word. Hy sal nooit weer regkom nie.
Onthou ses, nee, sewe dinge
16Kyk, daar is ses dinge waarvan die Here niks hou nie, sewe dinge wat Hy haat. 17OĂ« wat hoogmoed weerkaats, ’n tong wat leuens vertel, 18’n hand wat ander se ondergang bewerk, ’n hart wat net slegte dinge dink, voete wat haastig na die kwaad toe hardloop, 19’n vals mens wat na elke asemteug net leuens uitasem, en ’n rusverstoorder wat die liefde tussen mense wegvat.
Owerspel bring net ellende
20Jongman, jou ouers se opvoeding is belangrik. Hou vas aan die reëls wat jy by jou pa gekry het. En jou ma se lesse moet jy nooit vergeet nie.
21Dink gedurig daaraan sodat jy dit nooit sal vergeet nie. Of hang dit soos ’n hangertjie om jou nek sodat jy dit altyd sal onthou.
22Jou ouers se opvoeding sal jou help om gelukkig te leef. Wanneer jy gaan slaap, sal hierdie lewenswyshede jou nie verlaat nie. As jy wakker word, sal dit jou weer opnuut wys hoe om reg te leef.
23Lesse oor die lewe is soos ’n lamp. ’n Goeie opvoeding is soos ’n lig wat jou wys hoe om reg te leef. Dissipline is die deur tot ’n beter en gelukkiger lewe.
24Al hierdie spreuke moet jou teen ’n gevaarlike vrou se verleiding beskerm, jou teen haar sappige en verleidelike woorde oppas.
25Moenie deur haar mooi lyf oorweldig word nie. En moenie dat haar mond en oë jou verlei nie.
26Vir ’n prostituut is kos- en huurgeld voldoende betaling. Vir die vrou van ’n ander man gaan jy egter met jou lewe betaal.
27Om by iemand te slaap met wie jy nie getroud is nie, is gevaarlik. Kan ’n mens ’n vlam teen jou druk sonder dat jou klere brand? 28Kan ’n mens oor gloeiende kole loop sonder dat jou voete verbrand?
29Wie ontoelaatbare seks met iemand anders se vrou het, speel met vuur. Iemand wat so iets doen, gaan in groot moeilikheid beland.
30As ’n dief steel om sy hongerkrampe te stil, dink hy hy het ’n goeie rede. 31Maar as hy gevang word, moet hy alles teruggee. Hy moet ook vir alle skade betaal. 32Geen man of vrou wat rondslaap, sal ook die skuld van hulle daad kan ontglip nie.
Wie by iemand anders se vrou slaap, is baie dom. Hy vernietig homself en alles wat vir hom dierbaar is. 33Hy sal verneder word en groot skade ly. Niemand sal hom vergewe nie, veral nie die vrou se man nie. 34Haar man se jaloesie sal hom rasend maak. Hy sal wraak neem. 35Geen bedrag om die saak te skik of ’n groot geskenk sal hom tevrede stel nie.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!