Hy Het Gesê Hy Sal Die Res Doen…..

♕ Belofte van vandag: “Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie.” Jeremia 33:3

☊ Mercy Oudio

Al 4 van my kleinkinders is in die VK en bly al daar vanaf geboorte.My oudste kleinseun het so pas 10 geword, en ek was so geseën om hom vir die eerste keer te gesien het toe hy amper twee was en toe weer 2 jaar gelede toe my oudste dogter 'n reis na die VK gewen het en sy my saamgeneem het, wat 'n groot seën! Omdat hulle so vêr bly en nog so jonk is het ek nooit regtig 'n verhouding met Dustin wat 10 is of met Donovan wat 7 is, gehad nie. En ek het hule nooit eens geskakel nie omdat ek nie geweet het wat om te sê nie. Ek het begin bid en met my HL (Hemelse Liefde) daaroor gepraat, ek het Hom aanhoudend gevra om 'n verhouding tussen my en my kleinseuns te bewerkstellig. Totdat Hy onlangs vir my gesê het "Jy moet die eerste stap neem" Ek het lank gewag want ek was regtig bang oor wat ek sou sê ens...

Toe verjaar my oudste kleinseun en ek het vergeet dat dit sy verjaardag was, (ek het ook sy jonger boetie se verjaardag vroeër in die jaar vergeet) ek was verpletterd en dit was toe dat ek daar en dan besluit het dat ek hulle sou skakel al was dit te laat, en om verskoning vra. Ek het vir my HL gesê "Maar ek weet nie wat om te sê nie" Hy het geantwoord "Skakel jy en ek sal die res doen." Ek het die oproep gemaak en albei my kleinseuns het op die skerm verskyn. In die begin was die gesprek bietjie stadig en 5 minute in die gesprek in toe hoor ek my seun vir my kleinseuns sê hulle moet na hulle kamer toe gaan en daar met my praat omdat hy 'n video speletjie wou speel op die tv en dit sou 'n geraas maak.

Toe hulle in hulle kamer kom was dit hulle "gelukkige plek" Ek het so lekker met die oudste gesels hy het my vertel dat hy gaan uitvind hoe Covid ontstaan het en het soveel ander dingetjies met my gedeel wat ek nie van hom geweet het nie. Tot op hierdie stadium het sy jonger boetie nie met my gepraat nie hy was baie skaam. Toe vra ek hulle uit oor wat hulle vir Kersfees gekry het toe wys hulle my al hulle speelgoed en hoe dit werk. Dit was so lekker selfs die jongste het vir my sy speelgoed gewys. Hulle was so opgewonde. Hulle het vir my hulle karaoke masjien gewys en ek het vir hulle gesê hulle moet 'n liedjie vir ouma opneem en vir my speel die volgende keer wat ek skakel.

Toe ek wil totsiens sê wou die jongste nie hê ek moes gaan nie!, hy wou vir my nog speelgoed wys! En ek kon die teleurstelling in hulle klein gesiggies sien toe ek uiteindelik gegroet het. Toe ek die selfoon neersit was my oë vol trane oor die getrouheid van my HM (Hemelse Man), Hy het gesê Hy sal die res doen.....

Dit het my laat dink oor hoe teleurgesteld ons HL ook is wanneer ons nie tyd saam met Hom spander nie, wanneer ons nie die tyd neem om Hom te leer ken nie, hoe Hy daarna smag om ons dinge te wys wat ons nog nie eens weet nie...Dankie my HL vir jou trou, dankie vir my kinders en kleinkinders wat jy vir my geleen het. Mag ek altyd tyd vir hulle maak net soos wat Jy tyd vir my maak.

~ Mercy in Suid Afrika
Volg #Mercy Follow #Mercy
Mercy is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!