My Dogter en Haar Vriend 💖

"...en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors." J9:5

Paassondag, het ek my kinders gemis, want hulle is nou al vir 'n week lank by hulle pa en terwyl ek so aan hulle dink het my Man my herinner aan 'n gesprek wat ek met my dogter Mia gehad het wat so kosbaar was en ek deel dit graag.

My dogter praat gereeld oor die hemel en hoe dit daar gaan wees. Sy het twee spesiale vriendinne en een van hierdie vriendinne het vir haar en die ander vriendin een van daardie vriendskaps hangertjies gegee. Dit is die lyk soos een ding wat in twee verdeel is. In hierdie geval is dit vir die drie meisies in drie verdeel.

Terwyl Mia na hierdie halssnoer kyk, vra sy vir my: "Ma, dink ma as ek eendag in die hemel is, sal die Here een met my deel?" en ek het gesê: "Natuurlik, ek is seker Hy sal."

Sy het haar kop geknik maar sy was diep ingedagte en toe sê sy: "Die ding is, Sy nek sal seker so vol wees met so baie van hulle dat ek nie seker is of daar enige plek vir myne sal wees nie."

Ek moes hieroor glimlag en Hom in stilte vra vir wysheid oor wat om haar te antwoord. Ek het haar geantwoord: "Waarskynlik, ja, maar ek is seker wanneer Hy by jou is, sal Hy net joune dra."

Haar gesiggie het opgehelder en toe sê sy: "Ek sal baie daarvan hou."

Dit het my hart geraak dat my nou 14-jarige meisie sulke gedagtes het. Soveel keer leer ek by hulle hoe om mooi gedagtes oor Hom te hê en alhoewel ek hulle alles oor Hom leer, leer hulle my baie meer en wil ek my dierbare Man bedank vir ons wonderlike kinders. 💖

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

7 thoughts on “My Dogter en Haar Vriend 💖”

    1. En dit is alles net Hy Janine. Ek is so dankbaar dat Hy so in my kinders se lewe werk. Ek sidder om te dink wat sou van hulle geword het as dit nie was dat Hy my na Hom toe getrek het nie.

      1. En ek dink nou die prentjie is groter as wat ons werklik besef, want deur jou na Hom toe te trek en Hy jou kinders ook na Hom toe getrek! Sy plan vir ons lewens is werklik groter as wat ons besef!

    1. Dankie Kristy. Dit is altyd lekker vir my om weer bietjie hier by die Afrikaans te bemoedig. Ek kom nie nastenby genoeg hiernatoe nie.

  1. Dankie Yvonne, dis seker hoekom ons HM in Sy woord se ons moet glo soos kinders. Hul geloof en hoe hul dit sien is so suiwer en ongekompliseerd, ons maak dinge te moeilik en wil als oordink en uitredeneer. Maar ons hoef nie, ons kan net soos ‘n kind vertrou en glo.

    1. Adina, ek leer so baie by my kinders elke dag. Net hoe hulle op Hom vertrou is so groot les vir my elke dag.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui