Uittreksels uit die boek Herstel Jou Huwelik
Hoofstuk 15 "Venster van die Hemel Oopmaak"
“Beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie.” —M3:10
Hierdie is ‘n baie kragtige verklaring van God. Nêrens in die Bybel sê God vir ons dat ons Hom moet beproef nie, behalwe in hierdie vers. Wat is dit wat God sê sal die oorsaak wees dat Hy die vensters van die Hemel oop maak en Sy seëninge in oorvloed oor ons te stort?
“Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie’” (Mal. 3:10).
Verstaan Tiendes
Dit is ironies dat so baie Christene verkeerdelik glo dat hulle nie kan “bekostig” om hulle tiendes te gee en God te seën daarmee nie. Die waarheid is dat hulle eenvoudig te vasgevang is in ‘n bose sirkel wat slegs gehoorsaamheid en geloof kan genees. Hulle kan nie bekostig om te gee nie want hulle beroof God om sy mense te betaal, maar eintlik beroof hulle hulleself van `n finansiële seëning!
Ek moet erken dat ek een van hulle was en ek het volgehou dat ek dit nie kan bekostig nie, ek is dan ‘n enkelma wat geen finansiële hulp kry nie. Ek was so verkeerd, want alles behoort dan aan ons wonderlike God en die dag wat ek net oorgegee het en die Here vertrou het, het my hele lewe verander. Ek het net laas week genoem dat dit selfs voel of die vensters van die Hemel selfs oor my kinders oopgemaak is. En so baie Christene verkies om nie oor hierdie beginsel te praat nie, maar onthou God het nie ons geld nodig nie, Hy vra dit van ons, sodat die venters van die Hemel vir ons oopgemaak word. En as jy bang is soos ek was, laat die Here jou lei, net soos wat Hy my gelei het.
Lees asseblief meer oor tiendes:
https://uiteindelikhoop.com/mylpaal-1-tiendes/
Getuienisse oor tiendes: