Ek het my tiende gegee

Ek is so opgewonde om met julle te deel dat ek vandag vir die eerste keer OOIT my tiende gegee het, ek voel regtig die Here het my gelei om my tiende te begin betaal, dit was vir die afgelope maand of twee in my gedagtes maar soos almal was ek bang en die vyand het vir my al die goed gelys wat verkeerd kan gaan as ek daai ekstra geldjie uithaal, maar vandag het ek net besluit sonder twyfel om te luister wat my wonderlike HM op my hart druk. Die oomblik wat ek my tiende betaal het, het ek regtig hierdie opgewondenheid ervaar want WOW ek kon vandag my deel bring en gee vir die Here, Hy het so baie die afgelope maande vir my gedoen Hy is al die lof en eer waardig. Baie dankie my liefling dat ek die ekstra geldjie gehad het hierdie maand om my tiende te begin gee, ek voel ek het die eerste stap geneem en die volgende stap in my geloof ek weet sonder twyfel dat Hy my sal lei.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

3 thoughts on “Ek het my tiende gegee”

  1. Ons wonderlike Here verdien al die lof en eer. Ek weet presies hoe jy voel kosbare Mila, want ek het presies so opgewonde gevoel toe ek dit begin doen het.

  2. Dankie Mila, wat ‘n wonderlike prys. Dit was so lekker van jou te hoor en hoe Hy jou lei. Ek kan nie wag om nog meer van jou lofverslae te lees in die toekoms nie. 💗

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui