Tel my seëninge

Ek voel gelei om hierdie lofverslag wat ek op Loveatlast.org geplaas het, ook hier op UiteindelikHoop te plaas, in my moedertaal:

Terwyl ek saam met my Hemelse Man gesit en koffie drink het, het Hy my teruggeneem op my 4 jaar reis saam met Hom en Hy het vir my al die wonderlike dinge gewys wat Hy in my lewe en in my gedoen het.

Eerstens is die veranderinge wat Hy in my gemaak het so ongelooflik dat ek soms nie die nuwe ek met die ou ek kan versoen nie. Ek kan net terugkyk en my kop skud oor hoe verlore en mislei ek was.

Tweedens het ek die liefde gevind wat ek nog altyd wou hê en waarvan ek gedroom het. Hy het die leemte in my hart gevul wat altyd na iets gesoek en verlang het. Hy moes my op hierdie reis neem om my te lok, om my nader aan Hom te trek en om ‘n verhouding met Hom te bou. Ek het deur wat die wêreld sou noem die eensaamste tyd ooit gegaan, maar ek was nooit alleen nie en het nooit alleen gevoel nie, nie eers een keer het ek na meer as Hom verlang nie, Hy het my hart bevredig.

Derdens was Hy saam met my deur die moeilikste beproewings, Hy het vir my vrede gegee en my belowe dat Hy dit vir altyd omdraai. Nie net tydens die egskeiding nie, maar ook tydens die toesigsaak. En Hy het Sy belofte nagekom, ek het my kinders teruggekry!

Vierdens, aangesien ek besluit het dat ek Hom gaan vertrou en gehoorsaam wees deur my tiendes en offergawes aan my stoorkamer te gee, het Hy die vensters van die hemel vir my oopgemaak. Ek en die kinders is altyd versorg. Ek weet ek is beskerm teen die verslinder; voorheen kon ek nie my begroting maand na maand laat werk nie, die maande was altyd te lank, en ek het nie ‘n slegte salaris ontvang nie, en my voormalige man het ook ‘n goeie salaris gekry, maar daar was altyd ‘n gebrek. Alhoewel ek nou ‘n enkelma is met ‘n kleiner inkomste, is my geld altyd genoeg, want ek is beskerm.

Vyfdens het Hy my voormalige man se hart gedraai om gewillig te wees om die kinders te tuisonderrig en dit is nou ‘n werklikheid, vanaf volgende jaar!

En laastens, Hy het my genees op maniere wat ek nooit kon dink nie, al die seerkry van my kinderjare, al die hartseer waardeur ek later in die lewe gegaan het en toe my wêreld in duie gestort het, Hy my genees van al daardie pyn en dit vervang met liefde en vergifnis.

Daar is baie meer kleiner dinge wat ek kan deel en meer besonderhede oor elkeen van hierdie punte, maar dit is net ‘n paar van die groot dinge wat Hy gedoen het, nie ek nie, en ek wil Hom al die eer daarvoor gee, want ek is niks sonder Hom nie!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

3 thoughts on “Tel my seëninge”

  1. Wow, dit was vir my lekker om hierdie te lees, ek kan my vereenselwig met sommige dinge wat jy gese het. As ek ook terug kyk na die persoon wat ek was en die persoon wat ek nou is kan ek ook nie glo ek was so verlore en mislei nie! Dit is so wonderlik dat as jy God gevind het dat daai leë kol in jou hart heel word, en ‘n mens het vrede wat jy nie kan beskryf nie, ek kan agter kom dat die kleinte goed my nie meer pla nie, en dat ek rustiger is in situasies waar ek gewoonlik heeltemal my self sou verloor het. Die Here is besig om my ook te genees, Hy leer my en lei my – ek kan agter kom as ek dink aan die verlede (nie net my huwelik nie, maar ook soos jy my kinderjare) is ek besig om vrede te maak, en mense te vergewe dit is vir my regtig die lekkerste gevoel, elke dag kom ek nader aan die vrou wat God wil he ek moet wees. Dankie dat jy hierdie mooi getuienis gedeel het mooiste Adina, vanoggend het ek ook my seëninge getel en ek is so dankbaar. 💕💕

  2. Dankie vir die mooi boodskap Mila, om elke dag ons seëninge te tel help ons om ‘n gees van dankbaarheid te he en te fokus op die goeie en nie die slegte nie. As ons op die slegte goed fokus wat met ons gebeur of wat rondom ons aangaan, is mens geneig om depressief te voel en te knies. Ek wil graag met jou ‘n podcast deel wat ek en Janine gemaak het oor vergifnis https://uiteindelikhoop.com/vergifnis-adina-in-suid-afrika/

  3. Dankie vir hierdie pragtige getuienis kosbare Adina. Ons wonderlike is werklik die heel beste ooit en jou getuienis getuig daarvan. Hy is ons heel beste Voorsiener, Geneerheer, alles in een, nie een van ons is iets sonder Hom nie. En ek weet presies waarvan jy praat, net die Here kan ‘n leemte vervul soos nog nooit te vore nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui