“Wat As”

“Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.” M6:35

Vandagoggend se oggendtoewyding het my so baie herinner aan toe my man my gelos het en ek in die "wat as" geleef het. Dit het begin met wat as hy saam met die ander vrou intrek, wat as hy my skei, wat as hulle trou... Glo my dit was die swaarste las wat ek gedra het, in plaas van om daardie las net vir die Here te gegee het en my nie te bekommer het nie. En toe ek ophou met "wat as" toe neem my Liefling Here net oor en elke keer los Hy my met 'n "wow".

https://uiteindelikhoop.com/toewydings/my-beminde/maart/#5Maart

Kosbare liefste vrou moenie jou lewe een groot "WAT AS" maak nie, vertrou ons kosbare Here, dat niks Hom onkant gevang het nie, ja jy lees reg, nie eens jou omstandighede het Hom onkant gevang nie, Hy het alles nog steeds onder beheer, so gee al jou bekommernisse vir Hom.

Kosbare liefste vrou vou jouself toe in die wete dat ons Liefling Here vir jou planne van voorspoed het, so jy kan maar gerus al die "wat as" vrae laat gaan.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

6 thoughts on ““Wat As””

  1. ja liefste Janine niks vang Hom omkant nie en ons kan met vrede by Hom wees Hy het als onderbeheer.

  2. Bedankt voor het delen van deze toewijding van vandaag. Wat als….. is een vraag die ik mij soms nog wel eens stel. Net na mijn scheiding was deze vraag dagelijks een uitspraak van mij. Nu dat ik zoveel geleerd hebt bij de ministrie, maak ik mij veel minder druk over de wat als…. de beproevingen die we door gaan zijn allemaal voor ons ten goede. Hij heeft mij zoveel lief dat Hij alleen het beste heeft voor mij. Er zal mij nooit iets gebeuren waarvan Hij niks van af weet. Zijn liefde is mijn bescherming.
    ~~~~~~~
    Dankie dat jy hierdie toewyding vandag deel. Wat as….. is ‘n vraag wat ek myself soms vra. Net na my egskeiding was hierdie vraag ‘n daaglikse verklaring van my. Noudat ek so baie in die bediening geleer het, bekommer ek my veel minder oor die wat as … die beproewinge waardeur ons gaan is alles vir ons beswil. Hy is so lief vir my dat Hy net die beste vir my wil hê. Niks sal ooit met my gebeur waarvan Hy nie weet nie. Sy liefde is my beskerming.

    1. Dankie dat jy meer deel kosbare Kristine, Sy liefde is werklik ons beskerming. Ek het ook daardie fout gemaak toe my aardse man my gelos het, maar ek is so dankbaar dat ek nie meer wat as nie, want my hoop is in Hom.

  3. Janine ek het net voor en na die egskeiding dieselfde vraag so baie gevra, ek dink dis omdat ons so bang is vir die onbekende en nog nie die verhouding met ons HM gehad het wat ons nou het nie. Maar nou weet ek ook ek kan net al die “Wat as” vir Hom gee, want Hy weet wat Hy vir ons beplan.

    ‘ Ja, Ek ken die planne wat Ek vir julle het,” is die uitspraak van die Here. “Dit is planne van voorspoed, en nie teenspoed nie, om aan julle ‘n toekoms en hoop te gee. ‘

    Jeremia 29:11
    https://www.bible.com/bible/3499/JER.29.11

  4. Ja kosbare Adina, ek dink dis presies omdat ons nie weet wat vir ons voorlê nie en ons so bang is vir die onbekende. Eks so dankbaar ons kan alles net vir Hom gee, want ja Hy weet alles en wat Hy vir ons beplan.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui