🙌Belofte Woensdag🙌

"Ek sal my woord op hulle harte skryf en dit in hulle gedagte vaslê. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees." J31:33

Kosbare liefste bruid dis presies wat ons Liefling Here met Sy woord gaan doen.

Lees wat sê die Skupertaal woordeboek wat beteken vaslê: Iets vasvang en bewaar.

Wow ons kosbare Liefling Here se woord, met ander woorde Sy riglyne en beloftes, sal in ons harte vasgevang en bewaar word, so ek hoop jy is reg om 'n belofte te deel wat vasgevang en bewaar gaan word in ons harte.

🙌Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

5 thoughts on “🙌Belofte Woensdag🙌”

  1. ‭Dit is ook Hy wat goeie dinge met julle laat gebeur. As sulke mooi dinge met julle gebeur waaroor julle maar net kon droom, moet julle weet: dit kom van God af. Jakobus 1:17

    https://bible.com/bible/50/jas.1.17.DB

    ‭Moenie bang wees dat ‘n ramp jou skielik sal oorval, dat die storm wat vir slegte mense bedoel is, jou sal tref nie, want die Here sal jou beskerm, Hy sal sorg dat jy nie in ‘n strik beland nie. Spreuke 3:25-26

    https://bible.com/bible/6/pro.3.25.AFR83

  2. “…Ik heb uw gebed gehoord. Ik heb uw tranen gezien; zie, Ik zal u gezond maken, …..” 2 Koningen 20:5 https://www.bible.com/bible/1276/2ki.20.5.BB

    “Al wat namelijk tevoren geschreven is, werd tot ons onderricht geschreven, opdat wij in de weg der volharding en van de vertroosting der Schriften de hoop zouden vasthouden.” Romeinen 15:4 https://www.bible.com/bible/1276/2ki.20.5.BB
    ~~~~~~~~
    “…Ek het jou gebed gehoor, Ek het jou trane gesieN; kyk, Ek sal jou gesond maak…) 2k20:5 https://www.bible.com/af/bible/compare/2KI.20.5

    “Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.” R15:4 https://www.bible.com/af/bible/compare/ROM.15.4

  3. ‘Gee, en aan julle sal gegee word – ‘n goeie maat, saamgepers, ingeskud en tot oorlopens toe vol, sal in julle skoot val. Want met die maat waarmee julle meet, sal vir julle afgemeet word. ” ‘
    Lukas 6:38
    https://www.bible.com/bible/3499/LUK.6.38

    My liefste antwoord my,
    hy sê vir my:
    “Staan op, my liefling,
    my mooiste, en kom!
    Want kyk, die winter
    het verbygegaan,
    die reën is verby, dit het opgeklaar.
    Die veld staan in die blom.
    Die tyd om te sing het aangebreek,
    die gekoer van die tortelduiwe
    klink op in ons land.
    Die vyeboom laat sy groen vye
    uitswel,
    die wingerd bot en versprei sy geur.
    Staan op, my liefling,
    my mooiste, en kom!
    Hooglied 2:10-13
    https://www.bible.com/bible/3499/SNG.2.10

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui