Vra Hom Om Vrede in Jou Huis Te Bring

♕Belofte van vandag: "'n Geduldige mens is baie verstandig; een wat kort van draad is, stel sy dwaasheid ten toon." Spreuke 14:29

~Mercy in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Mercy

Terwyl ek besig was met die oorvertaling van die mans se Herstel Jou Huwelik boek, ek was besig om die hoofstuk "Die Kwaai Man" oor te vertaal. Hierin verduidelik Erin hoe 'n persoon se woede, en dit is vir beide mans en vrouens, ek myself is skuldig hieraan, verhoudings kan vernietig, spesiaal met die wat die naaste aan ons is. In hierdie hoofstuk vra Erin "Bly jou kinders buite wanneer jy in die omtrek is? Waar is jou tiener kinders? Nie by die huis nie? As gevolg van jou en jou woede kwessies. Miskien is jou vrou/man ook nie in die omtrek nie, nie noodwendig omdat owerspel betrokke is nie, maar as gevolg van die manier wat jy hulle behandel. As gevolg van die vrees wat jy in hulle ingeboesem het.

Wat my bring na 'n getuienis wat ek van sal hou om te deel. Ek het 'n ietwat gespanne verhouding met 'n vriend se dogter gehad omdat ek gevoel het dat sy altyd tyd gehad het vir haar tannie en nie vir haar moeder en vader nie. Ek het nooit verstaan WAAROM sy so 'n noue verhouding gehad het nie totdat sy eendag besoek afgelê het. Ek glo my HL (Hemelse Liefde) het die hele ding orkestreer sodat ek kon verstaan en later 'n getuienis skryf :). Dit het nooit gebeur dat die twee van ons heelteml alleen was tot hierdie dag nie. Sy het begin praat oor haar tannie en ek het 'n kommentaar gemaak dat ja, jy het 'n baie noue verhouding met jou tannie. Sy het haar hart oopgemaak en my vertel van die manier wat sy groot geword het. Hoe haar ouers nooit vir haar en haar broers geld gehad het vir uitstappies of vir snoepie nie. (maar daar was altyd geld vir alkohol). So dan het haar tannie altyd betaal.

Sy het my vertel dat sy 'n verskriklike kinderlewe gehad het met haar ouers wat die heeltyd baklei het en dat dit so erg was dat die polisie 'n paar keer uitgroep was en dat sy dan na haar tannie toe gestuur was. Sy het my vertel hoe skaam sy was dat haar ouers altyd baklei het wanneer haar vriende kom kuier het. So toe sy matrikuleer het, het sy onmiddellik uitgtrek en by haar tanne gaan bly. So as jy in 'n situasie is waar jy 'n onbestendige situasie by die huis het. Bid tot ons HL (Hemelse Liefde) daaroor. Vra Hom om vrede in jou huis te bring. Bid elke oggend en vra God vir vrede in jou huis vir daardie dag. Doen dan dieselfde ding more oggend. Glo my dit werk. Ek ook het onbestendigheid in my lewe ervaar. Dit is hoe ek weet dat gebed werk en dit SAL die situasie vrander. Ek bedank my HL dat Hy vrede in my situasie ingebring het. Ek bid dat Hy ook vrede in jou situasie sal bring as jy in onbestendigheid leef.

Psalms 145:8
"Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en vol liefde."

Kom ons streef om meer soos Hy te wees meer van Hom en minder van ons.

Efesiërs 6:4
"En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil."

Die nagevolge om jou kinders/ en of vrou of man opstandig te maak of enigiemand anders. Is hartverskeurend, verhoudings word gestrem of bestaan nie meer nie.

Spreuke 14:29
"'n Geduldige mens is baie verstandig; een wat kort van draad is, stel sy dwaasheid ten toon."

Geduld kan geleer word vra jou HL om jou meer geduld te gee om jou te help, jou kort van draad houding sal net spyt en hartseer veroorsaak.

 

Volg#Mercy Follow #Mercy
En Mercy is 'n tiende vennoot. Leer meer.

 

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!