Hy Sal In Elke Situasie Opdaag

♕Belofte van vandag: “Maar jy moet die Here jou God nie vergeet nie, want dit is Hy wat jou die krag gee om die rykdom te verwerf. So hou Hy die verbond in stand wat Hy met ‘n eed aan jou voorvaders beloof het. So is dit nou nog.” Deutoronomium 8:18

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Liewe Bruide,

Dit is die Here wat vir ons die vermoë gee om alles te besit wat ons het en suksesvol te wees. Niks wat ons doen kan ons werlik suksesvol maak en gee wat ons besit nie. Dit is die Here en ons geloof en vertroue op Hom.

Ons moet glo en vetrou dat die Here ons die krag gee om rykdom te verwerf. Dit is partykeer moeilik, veral as ons 'n groot berg skuld voor ons sien met geen manier om oor daardie berg te kom nie.

Maar Hy sal voorsien as ons Hom vertrou om ons te help. En Hy sal, want dit is vir Sy glorie en getuienis. Hy sal opdaag in elke situasie op die perfekte tyd, maar daardie tyd kan partykeer op die nippertjie, of te laat, wees.

Maar soos Jesus gewag het todat Lazarus dood was, sal Hy opdaag en Sy krag wys.

Na my egskeiding het ek geen manier gehad om my eie rekeninge te betaal nie, maar Hy het wonderbaarlik ingegryp en daar was altyd naaldwerk of naels of iets wat ek kon doen om genoeg geld te hê om als te betaal.

En selfs nou nog, as daar maande is wat die geld te min is vir die maand, of iets onbepland duik op, voorsien Hy, partykeer op dir nippertjie, maar Hy daag altyd op! En dis hoe Hy my geloof en vertroue opbou. Ek bekommer myself nie meer soos aan die begin nie, want Hy het Hom getrou aan my bewys.

Ek gaan hierdie beginsel [Armoede Mentaliteit, Die Krag om Rykdom te Maak] toepas deur meer en meer op Hom te vertrou, want Hy sê in Sy Woord: "... want dit is Hy wat jou die krag gee om die rykdom te verwerf." Deutoronomium 8:18.

Verder sal ek aanhou om my tiendes te gee, want Hy se ook: “Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets my hierin, sê die Here die Almagtige. Toets my of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal opmaak en vir julle reên sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie”’ Maleagi 3:10. En ek glo en weet dis hoekom Hy nog altyd vir my sorg en ek nooit tekort het nie, want ten spyte van alles, gee ek my tiende.

Liewe Bruide,

Vertrou op die Here vir alles, gee elke rekening wat betaal moet word vir Hom, Hy belowe in Sy Woord Hy sal voorsien. Gee jou tiende, al lyk dit onmoontlik, maar Hy se "toets My". Gee as jy niks het om te gee nie en vertrou op Hom, Hy sal voorsien

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Volg #AmM om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lee

Armoede Mentaliteit is as ‘n Aanlyn Kursus beskikbaar!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!