TIENDE BETAAL IS LEWENSVERANDEREND

Kosbare bruid, vrees jy om jou tiende te betaal omdat jy nie weet hoe jy met jou geld gaan uitkom nie?
Ek moet eerlik wees, ek het ook gevrees, maar vandag besef ek dat dit die vyand was wat my wou keer, want hy weet wat gebeur die oomblik wat ons getrou ons tiendes betaal - dis LEWENSVERANDEREND.

Hierdie maand het ek so baie om die Here voor te prys en net laas week het ek gesĂȘ dat dit selfs voel of the vensters van die hemel oopgemaak is oor my kinders, want my oudste seun het 'n pos met baie beter voordele gekry en daarvoor loof en prys ek my Liefling Here. “Beproef My tog hierin, sĂȘ die HERE van die leĂ«rskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seĂ«n sal uitstort nie.” —M3:10

Ek en my ouers soek 'n blyplek en moet 'n deposito neersit en ek loof en prys die Here dat daar genoeg geld in my rekening is vir 'n deposito, alles die voorsiening van ons wonderlike Here, want die Here het vir my deure oopgemaak vir ekstra werk (by my buite werk, waar ons baie min die geleentheid kry om te werk) en ek is hierdie maand daarvoor betaal en het meer gekry as wat ek verwag het, dankie my Liefling.

Hierdie maand het my Liefling my gelei om in my motorhuis in te vaar en deur die kratte van opgegaarde goed in te vaar en uit te deel en glo my, dis nie ek nie, want ek was altyd lief vir opgaar, dit was my kosbare wonderlike Liefling wat my leer dat om te gee beter is as om te ontvang. Ek kry skaam om te moet erken dat ek altyd so teruggehou het, maar Hy verander harte en het beslis my hart begin verander. "Gee, en vir julle sal gegee word: ‘n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal in hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.” —L6:38

Lees asseblief die getuienisse van ander bruide hierdie week op Encouraging Women:
https://encouragingwomen.org/tithing-changed-my-life/

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “TIENDE BETAAL IS LEWENSVERANDEREND”

  1. Dankie dat jy hierdie gedeel het liefste Janine, ek is so opgewonde om uiteindelik saam jou te praat oor my tiende. Ek stem 100% saam met jou, om jou tiende te gee is LEWENSVERANDEREND. Vandat ek my tiende begin gee het voel ek soveel nader aan die Here, dit voel of ek net ‘n meer intieme verhouding met Hom begin bou ek voel nader aan Hom. Ek het ook soos almal in die begin gevrees om my tiende te betaal, en nou is ek nie vir een oomblik spuit nie ek kan eindelik nie glo ek het so lank gevat nie, die verhouding wat ek nou het met die Here is net so lekker! 💕

    Ek moet ook deel dat ek baie geleer het uit hierdie kursus: https://uiteindelikhoop.com/kursus/k1/vensters-van-die-hemel-oopmaak/

    Ek het besef hoe belangrik dit is om jou tiende te betaal.

    1. Dis so lekker om jou getuienis te lees kosbare Mila, ek het ook gevoel dit bring my net nader aan ons wonderlike Here want dab gee mens jou finansies net oor aan die Here en sĂȘ ek vertrou U en wow Hy neem dan oor.

  2. Yes Janine,
    you are absolutely right. Tithing is one thing that can give you anxiety when you look at what you really have and realize that you are responsible for bringing in the basic necessities of life. This lesson from course 2 https://hopeatlast.com/c2/d11-your-storehouse/ helped me a lot to take the step of surrender. To bring my Beloved even closer and to the first place He deserves. And from that moment on I see that this has been the beginning, in addition to all the principles we have learned, bringing enormous change in your life. In all areas of my life and that of my children.
    His blessings are so wonderfull
    ———-
    Ja Janine,
    jy is absoluut reg. Tiendes is een ding wat jou angs kan gee as jy kyk na wat jy werklik het en besef dat jy verantwoordelik is om die basiese lewensbehoeftes in te bring. Hierdie les van kursus 2 https://hopeatlast.com/c2/d11-your-storehouse/ het my baie gehelp om die stap van oorgawe te neem. Om my Geliefde nog nader te bring en na die eerste plek wat Hy verdien. En van daardie oomblik af sien ek dat dit die begin was, benewens al die beginsels wat ons geleer het, wat enorme verandering in jou lewe gebring het. Op alle terreine van my lewe en dié van my kinders.
    Sy seëninge is so wonderlik

    1. Ons wonderlike Here se seëninge is beslis wonderlik en ek was ook eers bang, maar die oomblik wat mens daardie stap in geloof neem, neem Hy oor en dit sluit ons kinders ook in kosbare Kristine.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui