ONNODIGE VREES OOR TIENDES

“Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sĂȘ die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reĂ«n sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie. Ek sal die sprinkane keer dat hulle nie die oes op julle land vernietig nie” M3:10-11

Ek het 'n groot vrees gehad om my 10de te betaal en in my verstand kon ek net nie dink hoe ek met my geld uit sou kom nie, maar vandag besef ek dat daardie vrees absoluut van die vyand af gekom het, want hy wil nie hĂȘ die vensters van die hemel moet vir ons oopgemaak word nie.

Nadat ek Kursus 2 dag 10 gedoen het, het die Here vir my gesĂȘ om my tiende te betaal en om Hom te vertrou. Ek het net geweet ek moet dit doen en ek het aan my Voorraadkamer, RMI my tiendes begin betaal en ek is nie een dag spyt nie. Ek kan getuig my begroting wat nooit geklop het nie, het begin klop, alles oor die Here. Ek voel net hoe die vensters van die Hemel vir my oopgemaak is. Nou dink ek nie eens wat ek met daardie geld kon doen nie, want dis nie my geld nie en die Here het op wonderbaarlike maniere voorsien meer as wat ek nodig het. Hy is my Voorsiener en glo my alles behoort aan Hom, so ons hoef glad nie te vrees nie.

“En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus”—F4:19

En saam met die beginsel van tiendes aan die beginsel van gee hand aan hand en ek moet hier erken, ek het 'n baie slegte gewoonte gehad om op te gaar, ek het klere wat nie vir my gepas het nie opgegaar vir wanneer ek maer sou word, maar na ek my tiende begin betaal het, het dit my hart net meer oopgemaak vir gee en wow dis skoon lekker om te gee en ek kan getuig dat ek niks kort kom nie en ek probeer baie fyn na die Here se stem luister om te hoor waar ek nog moet gee, buiten dat ek heel eerste my tiende aan my Voorraadkamer betaal sodra ek enige geld inkry.

Gee, en vir julle sal gegee word: ‘n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal in hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.” L6:38

Lees getuienisse oor tiendes:
https://uiteindelikhoop.com/tag/tiendes/

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “ONNODIGE VREES OOR TIENDES”

  1. Dankie Janine, dis is aan die begin moeilik om te probeer verstaan hoe jy ‘n tiende moet gee, maar soos jy se dit is vrees en die vyand wat ons allerhande goed wil laat glo. Maar as ons die eerste stap geneem het in gehoorsaamheid, en volhard, kan mens Sy voorsiening begin sien in ons lewens. Ek het ook met vrees geworstel en die eerste maand was moeilik, want my bankrekening was nie juis oorlopens toe vol nie, MAAR nadat ek daardie eerste stap geneem het, het Hy net voorsien en voorsien. En om te gee is so ‘n seening, nie net vir die ander persoon nie, maar ook vir ons.

    1. Ja kosbare Adina, die vrees is absoluut van die vyand af, want die oomblik wat mens gehoorsaam is, sien mens net die voorsiening van die Here en Hy is werklike die heel beste Voorsiener ooit.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui