Sy Genade Sal Genoeg Wees

♕Belofte van vandag: My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. 2 Korinthiërs 12:9

~Yvonne in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Yvonne

Ek wil net my Hemelse Man loof en prys vir ons gesondheid. Ek en my kinders was baie siek gewees die laaste paar weke, maar natuurlik toe ek met die Here daaroor praat in plaas daarvan om my vas te staar aan die moeilik tyd waardeur ons gaan, het Hy my gewys hoe Hy dit tog vir ons makliker gemaak het.

My seun was eerste siek en toe my dogter en toe ek. Ons was nie almal saam siek wat my die geleentheid gegee het om na my kinders te kyk.

Ek is 'n werker by die huis en ek gee tuisonderrig, so ons kon ons skedules aanpas en het nie nodig gehad om oor 'n skool bekommerd te wees. Ek kon my werk skedule so aan pas dat ek kon werk as ek goed voel en gaan rus as ek nie doen nie.

Die Here is wonderlik in alles wat Hy doen. Aan die begin van die jaar het Hy vir my die vers gegee: Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. 2 Korinthiërs 12:9

En om baie eerlik met jou te wees, dit het my so bietjie bang gemaak, want Hy het dit duidelik gemaak dat ons deur moeilike tye gaan gaan, maar dat Sy genade genoeg sal wees.

Nou dat ons deur die eerste paar maande van die jaar is, kan ek terug kyk en sien deur alles wat ons al deurgemaak het, dat Sy genade verseker genoeg was en dat ek net in Hom kan rus. Hy is werklik so baie lief vir ons, dat Hy ons voorberei vir wat kom, jare voor dit gebeur en sonder dat ons dit weet.

My lewe sal nooit weer dieselfde wees nie, want ek leef nou 'n lewe saam 'n Man wat ek weet my nooit sal bewege of verlaat nie. Al is ek somtyds bang vir die toekoms, kan ek net saam met Hom sit vir so klein rukkie en Hom toelaat om vir my te wys hoe mooi Hy tot nou toe vir ons gesorg het en dan kan ek weer daai vrede vind wat alle verstand te bowe gaan.

Somtyds moet ek myself net knyp om seker te maak ek is wakker en dat die net alles 'n lieflike droom is nie.

"Soos 'n herder versorg Hy sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms
en Hy dra hulle teen sy bors, Hy sorg vir die lammerooie." Jesaja 40:11

"Die Naam van die HERE is 'n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut." Spreuke 18:10

In die tyd het ek weer teruggegaan na my eerste gunsteling verse wat ek in my hart gebêre het.

Ons Afrikaanse Bediening Pastoor en RMI se Bedienings Direkteur
Follow #Yvonne‘, Volg #Yvonne
En Yvonne is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!