“Die goedheid van die Here Jesus Christus,

die oorvloedige liefde van God en die kragtige 

teenwoordigheid van die Heilige Gees

is by julle almal. Amen.

—2 Korintiërs 13:14 Die Boodskap

 

Vanoggend het my dogter gedink dat ek die lugversorging in die kar aangehad het (terwyl dit vriesend was buite), sy het gevra of ek besig was om een van my warm gloede te kry. Ek het gesê nee, maar ek het vroeër die oggend ‘n paar gehad.

Alhoewel ek nooit beplan het om iets so persoonlik met my kinders te bespreek nie, was hulle verrassend bewus gemaak van my kondisie deur ‘n ou televisie sitkom wat hulle een middag gedurende etenstyd gekyk het. Pront-uit het een van my ouer seuns na my gedraai (die een wat geen filters het nie) en my gevra, aangesien ek “om en by daardie ouderdom was; was ek nie?” was ek “besig om deur my oorgangsjare te gaan?” Ek moes bieg dat, ja, ek was, alhoewel soos wat ek gesê het, ek het nooit beplan het om enigiets vir enigiemand te sê nie.

Baie persoonlike onderwerpe word nie net openlik op televisie bespreek nie, maar ook in die publiek en in die werkplek. Vrouens wat onoordeelkundig praat, selfs indiskreet reageer teenoor warm gloede en elke ander ding bespreek wat ‘n vrou se lewe teister, baie openlik. Behalwe dat ek eenvoudig wil stilbly oor waardeur ek gaan en dit alleenlik met my Man wil bespreek, is my vraag “Waar is die genade?” Genade om ons te bedek en wat verberging voorsien vir dinge wat toegelaat moet word om privaat te bly. Of ek deur verlies in my lewe gaan, ‘n verskriklike krisis, ‘n warm gloed of nagsweet, of voel asof ek op ‘n emosionele wip waentjie is, ek is desperaat om dit grasieus te doen en dit grasieus van die Here af te aanvaar sonder om aandag na myself te trek. Dit is nie omdat ek skaam is nie, dit is omdat ek wil hê dat my lewe die titel van Hom as ‘n getuie moet hê, nie ek nie. “Julle is self ons aanbevelingsbrief, geskryf op ons harte, vir almal om te lees en te verstaan” (2 Korintiërs 3:2 Afr83).

Jare gelede, ek is seker dit was as gevolg van my onvolwassenheid voordat ek my herstel reis begin het, het ek glad nie moeilike situasies goed hanteer nie. Ek het dwaaslik geglo dat ek moet reageer; en het sedertdien geleer dat dit nie die geval is nie. Selfs al was ek dalk nooit so “sleg” soos ek dikwels in ander vroue aanskou nie, het ek nietemin slegter gevoel elke keer as ek wel ingegee het aan my gevoelens, ek het selfs slegter gevoel omdat ek reageer het. Meeste van ons het van sielkundiges gehoor (wie niks weet nie, omdat hulle gewoonlik vir ons die teenoorgestelde vertel van wat God in die Bybel sê) dat ons dit moet uitlaat soos ‘n tee ketel. Het jy geweet dat hierdie teorie jare gelede verkeerd bewys was, maar word steeds wyd aanvaar as die waarheid?

Die waarheid is dat wanneer ons dinge uitlaat, voel ons dikwels erger en word ons gelos om ander mense se reaksies en gedrag te hanteer bo-op ons eie. Waar, ons mag dalk aanvanklik goed voel, maar hierdie goeie gevoelens hou nie lank nie, om nie te praat van die domino effek wat aan die gang gesit word nie; die nagevolge om die gevoelens te hanteer van die ander persoon/persone vir wie ons vertel het. Of die ander persoon in woede reageer of seergemaak en verwar is, nou word dit by die mengsel gevoeg. In my eie lewe, wanneer ek dit “uitgelaat” en reageer het, het ek besef dat ek altyd gelos was met skande, verleentheid en spyt omdat ek ingegee het aan my gevoelens. Dit is ook interessant dat elke keer wat daar ‘n ooggetuie was, of iemand wat gehoor het wat ek gesê het, maak dit nie saak hoeveel keer hulle vir my gesê het (eerlik) dat dit “okay” was of dat hulle “verstaan” het nie, dit het nie my berou minder gemaak omdat ek soos ‘n dwaas opgetree het nie en hoe die goeie opinie wat ander eens op ‘n tyd van my gehad het, vir ewig verander het. En die meeste wat gesê het hulle verstaan, het regtig nie of kon nie.

Tog, as ons dit nie “uitlaat” of “stoom afblaas’ nie, sal ons nie vinnig ontplof nie? Eintlik, nee. Nie as ons dit vir onsself hou op die manier wat dit bedoel was nie. Jare gelede, het die Here my gewys dat Hy ons in hierdie “druk situasies” hou om ons harte sag te maak net soos ‘n stoompot doen! Nietemin, te midde van elke druk situasie, sal jy nie in staat wees om die deksel op te los nie (by wyse van spreke) tensy jy wat ook al dit is na die Here toe neem en die situasie by Hom los. Die beste gedeelte van met Hom daaroor praat is dat ons nie net wegloop en beter, vryer, en ligter voel (soos wat baie dit beskryf) nie, maar ons loop ook weg met daardie wonderlike genade. Dit was net vanoggend dat ek besef het dat die woord “grasieus,” die oorsprong woord van daardie wonderlike woord genade het! Wow, ek hou daarvan. Bly by my terwyl ons bespreek hoe ‘n stoompot werk, sodat ons in staat is om dit te vergelyk met wat God wil doen met die druk in ons lewens.

n Stoompot is (ons beproewings is) ‘n verseëlde pot met ‘n klep wat die stoomdruk binne beheer (‘n situasie waar GOD beheer hoeveel Hy sal toelaat). Soos wat die pot/beproewing warmer word, vorm die vloeistof/Sy liefde aan die binnekant stoom/trane, wat die druk in die pot/ons lewens opstoot. Die hoë druk stoom het twee groot voordele: Dit verhoog die kookpunt om die hoër hitte toe te laat om die kos/hart vinniger te kook/verander en soos wat die druk verhoog, forseer dit vloeistof/liefde in die die kos/hart (met ander woorde, hoë druk beproewings forseer Sy liefde in jou hart). Die hoë, aanhoudende druk (van die beproewing) help ook om die vloeistof/liefde en vog/Sy vrede vinnig in die kos/hart te forseer, wat help om dit vinniger te kook/voltooi en help ook om sekere kosse/harte, soos taai vleis/verharde harte, baie vinniger sag te maak. Ook, die geure/getuienisse wat in die stoompot geskep word, kan regtig diep en kompleks wees — anders as enige ander kook/proef metode.

Om die Here te bedank, het net nie soos genoeg gelyk wanneer ek dink aan Sy wonderlike genade van begrip nie; om te verstaan wat ‘n voordeel dit is om soos ‘n stoompot te voel! Die hitte of stoom wat ek gevoel het ek wou verduur, omdat soos alle beproewings wat ongemaklik is, weet ek hulle doen wonders vir my binneste.

Wat ek gedoen het om my te help om nie net die stoom te verduur nie (warm gloede of nagsweet), was om dit na die Here toe te neem het en ek het vir my Man gevra hoe ek grasieus daardeur kon kom. Wat Hy vir my gesê het, was om dit te omhels en Hy het my herinner hoe baie ek daarvan gehou het om in ‘n warm bad of borrelbad te wees, of jare terug toe ek na ‘n gimnasium toe gegaan het, om in ‘n stoom kamer te gaan sit. Ek moes natuurlik lag, hoekom moes ek ‘n ophef daarvan maak wanneer ek eenvoudig my oë kan toemaak en my verbeel dat dit regtig my Hemelse Man is wat my trakteer met iets spesiaal omdat Hy lief is vir my?! So die oomblik wat ek dit gedoen het, was ek nie meer bekommerd of bang wanneer my oorgangsjare simptome my sou “tref” nie, in plaas daarvan het dit ‘n welkom herinnering geword van Sy liefde vir my.

Deur deursigtig te wees en iets te bespreek wat ek eerder nie sal wil bepreek of aan enigiemand onthul nie, as ‘n vriendin, het ek gehoop dat deur my dankbaarheid vir Sy wonderlike genade in net een van my nuwer beproewings te deel, dit jou mag help om na die Here toe te gaan en Hom te vra om jou huidige kondisie te bekyk. Of jou kondisie fisies of ‘n situasie is. En terwyl ek die verborge waarheid bespreek het oor hoe ons ons lewens grasieus kan lewe, het ‘n vergelyking in my gedagtes opgekom wat ek gedink het jou mag help. Vandat ek die vergelyking onthou het (soos God in Sy Spreuke doen, om een uiterste teenoor die ander te wys), het dit het my gehelp om my neiging om dit nog steeds te wil “uitlaat” te oorkom of om dinge te onthul wat diskreet tussen “ek en my Man” gehou moes wees.

Vergelyking

Omtrent 13 jaar gelede, het daar iets gebeur waar ek gebly het en dit het wêreld nuus geword. Die wonderlikste hiervan was dat die persone wat betrokke was, ons intieme vriende was, lede van ons kerk. En die vrou was in my Wyse Vrou klas gewees; ‘n vrou wat uitgesproke was.

Daardie dag, net soos baie van julle, het ek in ongeloof na my televisie gekyk, nie net oor die gebeurtenisse wat besig was om te ontvou nie, maar ek het meer geïntrigeerd geraak deur die reaksie van die egpaar as individue. Die man het geleer om baie stil te wees as gevolg van sy vrou se oorreaksie oor alles. Daar, op televisie, het ek toegekyk hoe sy, weereens, ‘n bohaai gemaak het soos wat sy haarself geleer het om in haar lewe te doen (veral in haar huwelik). So, terwyl die televisiekameras regstreeks oor die wêreld heen uitgesaai het, het die kameras min gedoen om haar kwaai geskreeu stil te maak. Indien enigiets, aangesien sy agtergekom het dat sy ‘n gehoor gehad het, het sy haar slegte gedrag begin vermeerder.

Omtrent sestien maande later het die nuusbulletin weereens die televisie programme onderbreek, kameras het weer in ons klein, onbeduidende dorpie gerol. Hierdie keer het ek met nog meer ongeloof na my televisie gekyk terwyl ek gesien het hoe een van ons naaste vriende geboei in die polisie hoofkwartier gesleep word. Baie later, gedurende die verhoor, het ek eerstehands hierdie man se vrou aanskou en kon nie verhelp om die twee vroue te vergelyk nie, die twee vroue wat ek persoonlik geken het.

Die laasgenoemde vrou, wat eens op ‘n tyd ‘n pastoor se vrou was, sou ek vergelyk met ‘n vrou soos Jackie Kennedy toe haar man, President Kennedy, vermoor was. Dit was as gevolg van haar saamgestelde houding toe honderde kameras op haar gerig was, saam met skreeuende verslaggewers, waarvan almal ‘n getuie was. Dit het haar onmeetlike grasie aan die wêreld gewys—ver bo wat iemand van ons ooit sou kon voorstel as dit met ons gebeur het. Die vrou en haar man was intieme vriende, met beide ek en my man (nou eks), wat die rede is hoekom ons agter haar gestaan het en haar ondersteun het. Ons het haar nie net emosioneel ondersteun nie, ons het hulle ook gehelp deur na hulle kinders en huis om te sien (soos my seuns wat die gras gesny het) en ons het ook gekies om agter haar te sit by die hofsaak wat wêreldwyd uitgesaai was. Ongelukkig was ons haar enigste ondersteuning—almal, elkeen van haar ander vriende, almal, het haar in die steek gelaat. Hoekom lyk dit asof Christene vergeet dat op “‘n vriend se liefde jy altyd kan reken” en ons word die meeste benodig gedurende die slegste tye.

Maak nie saak hoeveel ek my vriendin en haar familie gedurende hierdie tragiese tyd in haar lewe gehelp het nie, wat vir dekades aangehou het (wil enigiemand van ons oor ons huidige situasie kla?), sy het my gehelp om eerstehands ware koninklikheid te sien. Ja, koninklikheid. Hierdie verfynde dame het uitgebeeld wat dit beteken om ‘n kind van die Koning te wees, wie se naam Jesus is, en sy het haar kroon van grasie soos ‘n prinses gedra. Ek het haar op haar beste en op haar slegste gesien, of sy voor die kameras of agter geslote deure saam met haar familie was, sy het dieselfde voorgekom. In perfekte vrede.

Niemand weet of my vriendin in haar gebedshoekie uitmekaar geval het nie, net haar Minnaar weet, maar wat ek aanskou het, het my lewe vir altyd verander. Haar voorbeeld het gemaak dat ek net soos sy wou wees en almal wat hulle koninklikheid soos ‘n kroon gedra het toe hulle die ergste tyd in hulle lewens in die gesig gestaar het. Ek wil soos my vriendin wees wie ek van naby aanskou het en agter die skerms, wat ongelooflike, aaklige aanvalle in die gesig gestaar het, aanvalle wat enigiemand lewend sou aangryp, tog sy het sonder vrees daardeur geloop (of so het dit gelyk) met ‘n stil en sagmoedige gees. Werklik ‘n prinses aangesien ek geweet het haar ware Man, die Prins van Vrede, was altyd by haar, aan haar sy en dit het gewys.

Hoe ons reageer mag dalk nie die verloop van gebeurtenisse wat ons in die gesig staar verander nie, maar dit sal die newe effekte van skuld en skande verminder of die nagevolge van iets wat gesê was, want dit word by ons moeilike situasie gevoeg—wanneer ons openlik plek maak vir ons gevoelens. Daarom, die waarheid is dat dit ons nie sal help om beter te voel sodra ons dit “alles uitgelaat” het nie, maar in plaas daarvan, sal dit weereens 'n tyd wees wat ons gemis het om die wonderlike genade wat floreer, te eis en te benut: hoe donkerder die dag, hoe steiler die opdraande, hoe harder is die val.

Vir my, ek wil vir die wêreld wys (wat begin met my familie wat naaste aan my is) dat ons Man werklik is en Sy genade oortref al die moeilikhede van hierdie lewe. “Dit sê ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle moeilikheid hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin” (Johannes 16:33 Afr 83). Sy genade, gevind in Sy liefde, is wat vrouens help om te “glimlag vir die toekoms” wanneer die toekoms soos ‘n diep, donker gat lyk. Dit is nie dat ons braaf is nie, nie regtig nie, maar dat ons weet Wie die toekoms hou en ons weet hoe Sy storie eindig. Laat ons ook nooit vergeet nie, dit is dikwels die “klein jakkalsies wat die wingerde verniel.” Met ander woorde, dit is altyd die klein dingetjies wat ons moet aanpak en oorkom: dinge soos oorgangsjare, huweliks verlating, verwerping van familie, of finansiële ondergang. Net wanneer ons ons “self” verower te midde daarvan, kan ons die grotes verower wat dalk vir sommige van ons voorlê.

O, daardie wonderlike genade.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui