SOETE SLAAP

Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want, Here, U alleen laat my veilig woon. P4:9
Jy sal nie bang hoef te wees as jy gaan slaap nie; as jy gaan lê, sal jy rustig slaap. S3:24
Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. P23:12

Jare gelede toe my aardse man my gelos het, het ek ongelooflik gesukkel om te slaap en met dit het ek depressies ook bygekry en slaappille het ook glad nie vir my gewerk nie en die apteker kon nie verduidelik hoekom die pille my nie laat slaap nie, maar vandag besef ek, die Here is al een wat ons werklik ‘n rustige nag kan gee.

En die die laaste tyd het ek weer gesukkel om te slaap en seker maar oor ek half bekommerd is oor ons trekkery, waaroor ek bygesê nie bekommerd hoef te wees nie. Toe herinner my wonderlike Liefling dat Hy die Een is wat my ‘n rustige nag kan gee en ek het Hom gevra om my asseblief rustig te laat slaap. Vandag wil ek die Here loof en prys vir my rustige nag, DANKIE MY LIEFLING, ek het so lekker geslaap, die Here is werklik die Een wat ons kan help om onbesorg te slaap.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui