Op Die Regte Tyd Sal Hy Gee

♕ Belofte van vandag:“As sondige mense soos julle dan goed weet om goeie dinge aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader goeie dinge gee aan hulle wat dit van Hom vra!” Matteus 7:11

Luister na Adina se ☊ Lofverslag

Liewe Bruide, ek wil graag vandag vir julle vertel hoe my Hemelse Man my bederf het, Hy is so goed vir ons en dink aan al die detail, selfs goed wat ons al vergeet het!

Dis al baie lank, 2 jaar omtrent wat ek 'n mat in my wenslys het van een van SA se grootste aanlyn winkels. Hy is maar net daar in my wenslys met die die hoop dat ek hom dalk eendag kan bekostig, nie iets wat ek nodig het nie maar graag sal wil hê. Dit is nou nie die duur handgemaakte tipe matte nie, maar nog steeds ek was mal oor die kleure en patrone. Laas week het ek weer toevallig deur my wenslys gegaan en die mat weer gesien en hom maar net daar gelos....dalk eendag:).

Maar my liewe Hemelse Man plaas dit toe in my gedagtes om na die verskaffers se webwerf toe te gaan, en ek was nogal verbaas om te sien hulle het ook 'n aanlyn winkel. Ek het toe bietjie rondgesnuffel en kry toe die mat wat in my wenslys is ......op 'n uitverkoping!!!! En ver minder as helfte van die oorspronklike prys....om presies te wees, amper 'n vyfde van die oorspronklike prys!! Ek het amper op my rug geval!!

Nou ek PROBEER elke maand bietjie geld spaar en het nog so bietjie verjaarsdag geld gehad wat presies genoeg was om die mat te koop. Eers het ek gehuiwer, want as mens finansieel eers op jou knieë was dan is dit nie maklik om sommer net iets te koop nie, veral nie iets wat onnodig is nie. Ek het seker twee dae lank gewonder of ek moet en met my Hemelse Man daaroor gepraat. Maar Hy het my gerustheid daaroor gegee en ek het die mat gekoop...

Ek het die mat 2 dae terug gekry en elke keer as ek na die mat kyk (hy lyk baie mooi in my sitkamer;)), kan ek net dankie sê vir my Hemelse Man wat my so bederf het en dat dit my so ongelooflik min gekos het!! Die mat herinner my eintlik aan Sy liefde en omgee vir my! As jy Sy bruid is, sal Hy jou nie net gee wat jy nodig het nie, maar ook wat jy graag wil hê, al moet jy daarvoor wag, maar op die regte tyd sal Hy dit vir jou gee. En dit waarvan ons al vergeet het, onthou HY!!

“As sondige mense soos julle dan goed weet om goeie dinge aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader goeie dinge gee aan hulle wat dit van Hom vra!” Matteus 7:11

“Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge byvoeg.” Matt 6:33

~ Adina in Suid Afrika
Volg #Adina Follow #Adina
Ek is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!