Hulle Het Dit Eenvoudig Nie

“Soos 'n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God.” P42:2 

Kosbare liefste vrou na die lees van Hoofstuk 6 uit Vind Die Oorvloedige Lewe het ek met 'n terugblik op my lewe besef hoe verkeerd ek was om te verwag dat my aardse man my behoeftes moes vervul. Net die Here kan ons vervul nie. Verbeel jou net gou as elke de laaste persoon op hierdie aarde hulle vervulling by die Here soek, dan gaan mens eenvoudig die liefde waarmee die Here ons vervul, uitdeel aan ander sonder om iets terug te verwag (en natuurlik dink ek dat daar soveel meer gelukkige huwelike, gesinne sal wees).

Lees asseblief hierdie pragtige gedeeltes aangehaal uit Hoofstuk 6:

Dit is wat die Here vir my gesê het in die motor daardie dag op pad huis toe van die pakhuis winkel af—hulle het dit nie; hulle het dit eenvoudig nie. Hy het gesê dat die mense van hierdie wêreld bankrot is op elke manier. Dink daaraan. Die mense van die wêreld (en meeste Christene) kort deernis, sagmoedigheid, liefde en almal het beperkte bronne, tog hou ons dwaaslik aan om na hulle te kyk vir wat ons nodig het. Terwyl ons Here, ons Minnaar en ons Vriend, ‘n eindelose bron het van elke hulpbron wat ons nodig het en wil hê—beskikbaar aan ons—wanneer ons eenvoudig na Hom alleenlik kyk!!

En elke keer wat ons na ander kyk in plaas van Hom, vind ons dat ons selfs meer behoeftig is wanneer hulle faal om vir ons te gee wat ons mag nodig hê, verdien of wil hê. Dit is wanneer ons, ook, bankrot opeindig, want om na ander kyk, het ons het die prop uitgetrek, die band gesny, ons Bron afgesny, Hy.

Kosbare liefste vrou kom ons hou op om na 'n mens te kyk om ons te vervul terwyl net die Here ons werklik kan vervul en in al ons behoeftes voorsien.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Hulle Het Dit Eenvoudig Nie”

  1. Ja liefste Janine net die Here kan ons vul met als, en die liefde wat Hy ons mee vul is so wonderlike want dit is liefde wat ons vir almal wil gee en wil he almal moet sy liefde voel, En Hy is die een wat voorsien al gebruik die Here n persoon om vir iemand iets te gee of te doen,is dit nog steet van die Here af wat voorsien.

    1. Ja kosbare Kristy, dit is rerig ‘n liefde wat jy wil elke de laaste persoon ook moet ervaar.

  2. Dankie Janine, jy het die deel uit die hoofstuk gedeel wat vir my ook die meeste uitgestaan het. Ons kan nie ons vervulling by ander soek nie want hulle het dit nie, net ons Geliefde kan al die leemtes in ons harte vul. Ons kan nie ons geluk by ander mense soek nie, net so kan hul nie hul geluk by ons soek nie want ons het dit ook nie. Maar as ons Hemelse Man ons harte vul met Sy liefde, tot oorlopens toe, sal Sy liefde deur ons vloei na ander toe.

    1. Ja ne liefste Adina, dis so pragtig, want net Hy kan werklik die leemtes in ons harte vul en ja deur ons kosbare Here se liefde vloei dit oor na ander.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui