Ons Liefling Here Kan Dit Vir Goed Gebruik

Soveel keer oordink ek alles, ek sal dink moet ek dit so gesê het of miskien moes ek dit nie so gesê het nie en ja iets waarvoor ek die Here se hulp moet vra want oordink kan vermoeiend wees.
“My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.

"Hy wat 'n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus."

Maar vandag het ek gedink hoe wonderlik dit is dat al sê ek nie alles op die regte manier nie, my Hemelse Man dit ten goede kan omdraai. Dit is so wonderlik om die Here as my Hemelse Man te hê wat alles vir my sal omdraai en dit steeds ten goede sal gebruik. Dit is WARE LIEFDE!
"En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is."

4 thoughts on “Ons Liefling Here Kan Dit Vir Goed Gebruik”

  1. WOW! Liefste Janine, kan ek net se hoe mooi hierdie boodskap vanoggend is. Dit het regtig my net weer daai bietjie hoop gegee. Baie dankie dat jy hierdie gedeel het. ❤️

    1. Dis so wonderlik ne liefste Meagan, dat al stel ons iets nie reg nie, dat ons soveel vir die Here saak maak dat Hy dit nog steeds ten goede sal gebruik. Hy is net WOW!

  2. Janine ek het ook daardie probleem, wonder of ek dalk iets simpels gese het of het dit verkeerd oorgekom vir die ander persoon. Ek kon ook lank top oor wat ek gese het, maar ons hoef nie, soos jy se, ons Hemelse Man kan en sal dit ten goede gebruik, ons moet dit net laat gaan in en Sy hande los.

    1. Ek dink baie keer is dit ook hoe die vyand ons aanval en ja dis vir my so wonderlik die wete dat die Here dit nog steeds ten goede sal gebruik.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui