AANVAAR SY HULP (WLL81)

Asseblief luister na waar Erin gesels oor dat ons die Here se hulp vir ons moet aanvaar en dankbaar daarvoor moet wees. Ek weet in my eie lewe het ek so gewoond geraak om onafhanklik te wees dat mens nie sommer hulp wil aanvaar nie. Ek onthou toe my kar afgeskryf was en ons winkel toe geloop het om 'n paar goedjies te koop en toe moes terugloop met al die pakkies wat swaar was en iemand langs my en my kinders gestop het en gevra het om hy ons kan aflaai. Ek weet mens moenie sommer by enige iemand gaan staan en inklim nie, maar vandag weet ek dit was die Here wat vir my hulp gestuur het, want op daardie stadium was ek taamlik moedeloos en ek moes net dankie gesĂȘ het, want ek het nie onveilig met die persoon gevoel nie, ek was net te trots om hulp te aanvaar.

Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. P121:12

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui