‘N WYSE VROU – HOOFSTUK 5 – GEESTELIKE OORLOGVOERING

Geestelike Oorlogvoering deur Jou Gedagtes Gevangene te Neem

Maak nie saak hoe sleg dinge lyk nie, God is in beheer. Ons kan vertroosting vind in die wete dat God in beheer is, nie ons nie en beslis nie Satan nie. “‘Simon, Simon!’ het Jesus gesĂȘ. ‘Luister! Die Satan het daarop aangedring om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou broers versterk.’” Lukas 22:31-32.

Sifting. Jesus het geweet wat die uitkoms sou wees, maar Petrus moes steeds deur die “siftingsproses” gaan om gereed te wees vir God se roeping op sy lewe. Sal jy gereed wees wanneer Hy jou roep? “En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom sonder enige tekortkoming.” Jak. 1:4.

Met so baie herstelde huweliksgetuienisse het ek gelees dat die vrou glad nie vermoed het dat herstel naby was nie, dit het soos baie keer selfs erger gelyk, maar dit bewys ons net weer die Here is in beheer, maak nie saak hoe dit lyk nie. En dit laat my weer dink aan ‘n visioen wat die Here vir my jare gelede gegee het, dat dit wat die vyand ons laat dink voor ons is, ‘n leuen is. Die skrywer stel dit so mooi, ons moet deur ‘n “siftingsproses” gaan, om gereed te wees vir die roeping op ons lewe. En as ek terugkyk op my lewe, was al die seer (die siftingsproses) die moeite werd.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui