Ons Kan Niks Doen Om die Uitkoms te Verander Nie

♕Belofte van vandag: "Ek maak die lig en skep die donker; Ek gee voorspoed en skep rampspoed. Ek is die Here, Ek doen al hierdie dinge." Jesaja 45:7

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Vandag het my HM (Hemelse Man) my deur 'n ontsaglike moeilike tyd 'n paar dinge gewys wat my weer op 'n plek van vrede gebring het. Dit is snaaks hoe die Zoom Gemeenskap lesse altyd net op die regte tyd kom, en vandag se Lewensles (LL30 en LL31) het presies op die regte tyd gekom.

As dinge op die pad waarop die Here ons gesit het nie uitdraai soos ons gedink het nie, of 'n groot beproewing kom oor ons lewe, is ons geneig om te vra "Waar het ek verkeerd gegaan?" of "Here het ek Jou verkeerd verstaan?", "Het ek dinge uit my eie vlees gedoen?"

En wat Hy my gewys het is dat hierdie beproewinge nie altyd oor ons gaan nie, al is dit wat ons selfsugtige natuur wil dink. Dit gaan oor Hom en wat Sy plan is en als wat gebeur is vir Sy glorie. En dit het dalk niks met my te doen nie, maar wel met iemand anders wie Hy wil red en al affekteer dit my, is dit wat moet gebeur vir iemand anders se redding.

Ek moet net deur alles Sy hand vashou en Hom nog meer soek en net onder Sy vleuels bly, dan sal ons aan die anderkant uitkom sonder dat ons eers soos die brandende vuuroond se rook ruik.

Maar ons hoef nie skuldig te voel oor enigiets nie, self al het ons foute gemaak op die pad, want ons kan niks doen om enigiets beter te maak of die uitkoms te verander nie, dit is alles in Sy hande. Hy het 'n perfekte plan vir ons en ken ons harte, ons faal dalk partykeer om alles reg te doen, maar Hy weet ons wil graag alles reg doen, maar ons struikel en val baiekeer. Ons hoef nie 'n lewe van spyt te lewe nie.

Hy is die een wat dinge laat gebeur om Sy plan en wil te laat geskied, ook die perfekte plan wat Hy vir ons het en vir ons getuienis om Sy glorie in alle omstandighede te wys. Ons moet Hom net meer soek en Hom eerste maak, Hom altyd prys in alle omstandighede, Sy genade is groot genoeg om ons deur enigiets te dra.

"Ek maak die lig en skep die donker; Ek gee voorspoed en skep rampspoed. Ek is die Here, Ek doen al hierdie dinge." Jesaja 45:7

"Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare. Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie." PSALMS 34:5-6

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!