Om Ons Uiteindelik Te Seën

♕Belofte van vandag: “Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie. Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms in heerlikheid” 1 Petrus 4:12,13

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Liewe Bruide,

Hierdie hoofstuk [Jy Word Opgestel] het my geleer dat die Here laat dinge in ons lewens toe vir ons om geseën te word en vir Hom om die glorie te kry wat Hy verdien.

Ons moenie altyd die vyand die skuld gee vir dinge wat verkeerd loop in ons lewens nie. Die Here laat dinge toe om in ons lewens te gebeur om ons uiteindelik te seën. Maar ons moet ons nie teen nie dit wat teen ons kom verset nie. Ons moet aan Hom vashou en in Hom bly sodat Hy ons deur dis teëspoed kan vat, gewillig wees om tot teen die Rooi See gedruk te word sodat Hy dit vir ons kan oopmaak en ons sodoende vir Sy glorie kan seën.

Ons moenie soveel aandag aan die vyand gee nie want alhoewel hy kan vra om ons te sif soos koring soos Job, is hy skadeloos in dis lewe van n Christen. Die Here kan hom ook gebruik om ons op te stel vir n seëning.

My hele huwelikskrisis en die egskeiding, die feit dat ek als verloor het, en hoe dinge toe vir my begin uitdraai het, kan ek sien hoe ek opgestel word vir n seëning. En alhoewel ek al baie seëninge ontvang het, gaan daar nog n groter seëning kom wat Hom al die glorie sal gee.

Om dinge te sien vir wat dit is en nie enige kwaad te weerstaan nie maar dit toe te laat om my tot teen die Rooi See te druk want ek kan weet dis om my op stel.

Liewe bruide,
Alles wat sleg en hopeloos lyk, al die teëspoed wat ons tref, gebeur om ons op te stel sodat ons geseën kan word en Hy al die glorie kan kry. Hou vas aan Hom terwyl jy deur die teëspoed gaan en laat Hy jou dra tot by die punt waar Hy vir jou die Rooi See gaan oopmaak.

“Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie. Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms in heerlikheid” (1 Petrus 4:12, 13).

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende​ vennoot. Leer meer.

Volg #LOL om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lees.

Leef Die Oorvloedige Lewe is as e-boek beskikbaar in ons boekwinkel!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!