Ek maak die lig en skep die donker;

Ek gee voorspoed en skep rampspoed.

Ek is die Here, Ek doen al hierdie dinge.

—Jesaja 45:7

 

Verskeie kere het ek die begeerte gehad om hierdie hoofstuk te skryf as gevolg van die feit dat dit lyk asof ek elke dag duideliker kan sien dat ek opgestel word. Wetende dat ek vir lesers skryf van verskillende kulture rondom die wêreld, is ek nie seker dat almal van julle duidelik die term “opgestel” verstaan nie. So voor ek verduidelik hoe en hoekom ons opgestel word (en deur wie), moet ek hierdie konsep vestig. ‘n Eenvoudige definisie van opgestel word is “om te veroorsaak dat iemand gevang en geblameer word vir iets.”

Noudat hierdie konsep basies gevestig is, kan ek aanbeweeg na waarom ek sien dat dit duidelik met my gebeur en sodat jy kan verstaan dat dit ook (heel waarskynlik) besig is om met jou te gebeur. Laat ek begin deur te sê dat vir meeste van ons om te besef dat iets met ons gebeur (soos om opgestel te word), moes dit dikwels al voorheen gebeur het. So laat ek jou terugvat en net een voorbeeld gebruik wat ek dink maklik sal verduidelik wat ek bedoel en hoe ek in staat was om te besef dat ons elkeen opgestel word.

In Mei vanjaar, was ek net besig om ‘n toer in Asië te voltooi. Ek was in Hong Kong vir die vyfde keer en was eintlik daar om die stad te geniet voordat ek teruggekeer het huis toe (na ‘n toespraak afspraak met ‘n groep vrouens wat daar bly en wie deel is van RMI). Daardie oggend was ek verheug omdat ek op die punt was om op die rekenaar met my kinders te praat en hulle te sien op ‘n tyd wat ons ooreengekom het om te ontmoet. Net ‘n paar minute nadat ons hallo gesê het, het my seun my gestop en gesê, “Pa sê hy wil met jou praat.”

Wel, almal van julle ken die gevoel—ons weet dat ons op die punt staan om iets nuuts en waarskynlik moeilik in die gesig staar, veral wanneer jou eks-man vra dat al die kinders die kamer verlaat. Dit is toe dat hy in die rekenaar gekyk het en kalm vir my gesê het dat hy al die RMI bediening hulpbronne gaan vernietig (boeke en video’s wat ek aangekoop het). Alhoewel ek net vir ‘n paar weke weg was, het my gedagtes die bokse wat in my kantoor opgestapel was gevisualiseer en ook in my motorhuis waar ons die res geberg het. [Op daardie tydstip was ons in staat om die helfte van die prys van die boeke en video’s te spaar deur bokse op ‘n slag te aan te koop, so dit is wat ons gedoen het; dit was voordat my eks my verlaat het.] Op daardie oomblik, was God besig om my op te stel.

Soos wat ek voorheen in my boeke genoem het, meeste van ons wat al ‘n ruk in die kerk was, is geleer om die duiwel te blameer vir enigiets “slegs” wat met ons gebeur, maar hoe meer ek sekere dele van die Bybel lees (wat vir een of ander rede nooit die preekstoele haal nie, of meeste Christelike boeke) en hoe meer ek hierdie oorvloedige lewe leef wat Hy gesterf het sodat ons toegelaat kan word om dit te leef, hoe meer sien ek dat dit God Homself is wie my en jou opstel.

Ek doen dit sodat elkeen van die ooste af tot in die weste kan weet dat daar buiten My geen God is nie; Ek is die HERE, daar is geen ander nie. Ek maak die lig en skep die donker; Ek gee voorspoed en skep rampspoed. Ek is die Here, Ek doen al hierdie dinge” (Jesaja 45:6-7). Wanneer jy dit lees is daar nie eintlik ‘n ander manier om dit te interpreteer nie.

Somtyds is dit die vyand wat aan die werk is of vra dat ons gesif word soos koring (soos wat hy gedoen het met die apostel Petrus), tog selfs dan—is dit God wat net hierdie demoniese figuur gebruik wat poog om sy vuil werk te doen—met die wete dat dit net sal bewys om ten goede vir sy slagoffer te wees. Onthou, die vyand het geen krag hoegenaamd nie, of krag gelykstaande aan die van die gelowige nie. “Julle behoort aan God, liewe kinders, en het die vals profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel” (1 Johannes 4:4). So ek het gekies om hierdie berugte klein figuurtjie te ignoreer net soos wat ek doen met ‘n vlieg wat in my huis gekom het—hy kan irriterend wees, maar hou min bedreiging vir my in. Dit is hoe ek die vyand aan my drie jongste kinders verduidelik het terwyl ek hulle net laas week kerk toe gevat het: die vyand is irriterend maar skaars ‘n bedreiging, net soos ‘n lastige vlieg.

So, met hierdie beginsel, kan ons ook die mense in ons lewens (mans, eks-mans, ons baas, ons gemene skoonfamilie, of selfs die prokureur wat hulle verteenwoordig) in hierdie kategorie plaas van diegene wat ons nie kan skade aandoen nie. “Waarom is daar onrus onder die volke, waarom smee die nasies planne - en dit tevergeefs? Die konings van die aarde is in opstand, die leiers span saam teen die HERE en teen Sy gesalfde . . . Hy wat in die hemel woon, lag hulle uit, die Here spot met hulle” (Psalms 2:1-4). As Hy lag vir hulle nuttelose pogings, maak nie saak hoe dinge lyk nie, ons het die vertroue dat sodra die bose gedoen het wat dit bedoel was om te doen, sal die gety draai.

Om opgestel te word, soos julle teen die tyd weet, kom eers voor as iets sleg, wanneer dit in werklikheid, tot die teenoorgestelde gevolgtrekking sal lei—ons word eintlik deur God opgestel—sodat ons geseën kan word! Nou, as ons regtig geglo het dat elke teëspoed die voorwaarde vir seëninge was, nie vir verwoesting nie, en ons glo dat dit God was wat in beheer was en nie die duiwel nie, sou ons dan nie in staat gewees het om met entoesiasme eerder as met angs of vrees daardeur te gaan nie? Dit is waarvan God ons voortdurend probeer verseker regdeur die Bybel, maar in plaas daarvan kies ons angs en vrees, dikwels as gevolg van die gebrek aan hierdie beginsel wat behoorlik en baie meer gereeld geleer moet word.

Oor die afgelope twee jaar, soos nooit vantevore, sien ek die ongelooflike gebeur, as ‘n resultaat van die: tragedie, ongelooflike aanvalle, en onregverdige behandeling wat ons in die gesig gestaar het. Die resultaat van vals beskuldigings teen my karakter was om opgestel te word en toe vereer te word deur mans en vroue rondom die wêreld (en vir my die belangrikste, vereer en gerespekteer te word deur my eie kinders). En die resultaat van die vernietiging van my boeke, was dat ek ook opgestel was. Nadat ek dit bespreek het en God saam met Erin vertrou het, is dit wat daartoe gelei het dat sy gevra is om by een van die grootste uitgewers ter wêreld te teken, en die boeke sal verkoop en gedruk word op aanvraag (met nuwe video’s wat beplan word om aanlyn gekyk te word eerder as die nodigheid om die DVD te koop). Daarom sal ek (en RMI) nie meer nodig hê om in grootmaat aan te koop en te stoor nie, of om vir iemand te pos nie! Die Here het die las gelig sodat Sy bruide meer tyd kan spandeer om Hom net lief te hê en deur Hom bemin te word!!

Dit is waar hierdie nuutste reis begin het, onthou? Dit het begin met die feit dat ek my herstelde huwelik verloor het, weereens, verneuk is, en ook deur my eks-man gedagvaar was vir alles wat ek gehad het, wat soos jy weet, eenvoudig God was wat my opgestel het om my te seën—om uiteindelik en heeltemal die Here se beminde bruid te word—met ‘n wittebrood wat my om die wêreld saam Hom gevat het!!

Natuurlik, die geseënde resultate is ook as gevolg van die regte reaksie. “Julle moet julle nie teen ‘n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer” (Matteus 5:38-40).

Soos wat ons in baie vorige hoofstukke bespreek het, as ons die kwaad of ‘n kwaadwillige persoon weerstaan, mis ons wat die teëspoed gestuur was om vir ons te doen in die eerste plek. Dit, waaraan ek jou weer wil herinner, is waar meeste Christene lewe—deur die kwaad te weerstaan (om nie te praat van dit tot op die punt te neem om die seën te ontvang deur die aanvaller te seën nie). Alhoewel nie almal die kwaad uiterlik weerstaan nie, weerstaan hulle verseker die kwaad in hulle gebede, wat dikwels is waarop die Christene hulle gebede fokus, hulle bid teen die kwaad. So aangesien God wel ons gebede hoor, mag die golf van aanvalle verminder, maar sal dikwels weer en weer terugkeer, in die hoop om te bereik waarom die teëspoed (en sy boodskapper) gestuur was. “So sal die woord wat uit My mond kom, ook wees: dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor ek dit gestuur het” (Jesaja 55:11).

Jesus het deur die middel van die ergste teëspoed in die geskiedenis gegaan en was nie daarvan verlos nie. Alhoewel Hy gebid het dat die beker (van teëspoed) by Hom moes verbygaan, was Sy begeerte uiteindelik vir God se wil om te geskied. Hierdie hele beginsel, waarop Jesus se lewe gebaseer was, is een wat heeltemal deur die hedendaagse Christen oor die hoof gesien word—God se wil en om nie die kwaad te weerstaan nie. Daar is geen twyfel dat dit Sy wil is dat ons elkeen opgestel word nie—sodat ons geseën kan word en ook hoe God verheerlik sal word.

Voorbeelde

Dit was nie totdat die Israeliete opgestel was met baie meer onregverdige behandeling nie, wat teen die einde van die plae, hulle aanhouding afgesluit het toe hulle kapers hulle weggestuur het met alle “artikels van silwer en artikels van goud, en kledingstukke” van hulle nasie wat dit gebroke en “geplunder” gelos het (Eksodus 12:35-36).

Dit was nie totdat Josef opgestel was deur sy broers dat hy gevangene geneem was deur die Egiptenare en hy by Potifar se huis aangekom het, waar hy weer opgestel was deur sy meester se immorele, toe verwerpte vrou, wat hom toe tot jare in die tronk gelei het nie. Onthou dat Josef ook opgestel was deur die skinker wat “Josef nie onthou het nie, maar hom vergeet het” om nog een jaar in die tronk te spandeer totdat God die hele Egiptiese nasie opgestel het vir hongersnood. Hierdie hele opstel was in plek om Josef se eie familie te red en om Josef die leier van die nasie te maak net onder Farao.

Daar is baie vrouens uit die Bybel wat ook opgestel was vir grootheid.

Rut was opgestel deur die dood van haar man, skoonpa en swaer sodat daar geen mans in haar lewe was nie, net sodat sy in daardie spesifieke veld begunstig sou word waar sy ‘n paar pitte versamel het sodat sy en haar skoonma kon oorleef. En waar haar toekoms begin het, deur haar man, Boas te ontmoet en wat deel was van die voorgeslag van Jesus Homself.

Ester was opgestel om die nuwe vrou van die koning te wees sodat die Joodse mense gered kon word (en sodat haar getroue nefie, Mordegai, ook vereer kon word).

Selfs Maria, die moeder van Jesus, was opgestel as ‘n jong, ongetroude, swanger meisie om “geseënd te wees tussen vroue” as die maagdelike moeder van ons Redder.

God het nie al daardie voorbeelde in die Bybel vir ons gesit om nie te verstaan Wie daardie groot mans en vrouens van geloof opgestel het nie—en vir watter doel nie! Die doel van die kwaad (in die lewe van die gelowige) en hoekom God ons opstel het, weereens, is vir ons om geseën te word en vir Hom om die glorie te kry wat Hy verdien.

So, liewe mens, al die teëspoed en al die kwaad wat vandag teen jou kom, wees verheug! Jy word opgestel—God staan op die punt om jou te seën!!

Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie. Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel, want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms in heerlikheid” (1 Petrus 4:12, 13).

Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin (Johannes 16:33). Dankie Here!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui