NEW-COVER-WW-AFR-Front-1593x2048-1

Hoofstuk 11 "Hy Haat Egskeiding" 


"Die Here God die van Israel,
SĂȘ Hy haat egskeiding."
Maleagi 2:16

Hoekom eindig so baie huwelike in egskeiding? Ons het almal die statistieke gehoor...50% van eerste huwelike eindig in egskeiding en 80% van tweede huwelike eindig in egskeiding!

Maar hoekom? “Die stortreĂ«n het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en tog het dit nie ingestort nie, want die fondament was op ‘n rots.” Matt. 7:25. Meeste van ons huise was nie op die Rots van God se Woord gebou nie.

Was jou huis op die Rots gebou? Indien nie, dan was jy, soos ek, ‘n dwaas. “Die stortreĂ«en het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en die huis het ingestort en is heeltemal verwoes.” Matt. 7:27.

Die Rots waarop ons moet bou is Sy Woord. “Hulle is dus nie meer twee nie, maar een. Wat God saamgevoeg het, mag ‘n mens nie skei nie.” Matt.19:6. “...en hulle twee sal een wees, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een.” Markus 10:8. “...Maar Ek sĂȘ vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat met die geskeide vrou trou, pleeg egbreek.” Matt. 5:32AFR53. “En Hy sĂȘ vir hulle:  ‘Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar.’... ” Markus 10:11.

“Elkeen wat van sy vrou skei en met ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en iemand wat met ‘n geskeide vrou trou, pleeg ook egbreuk.” Lukas 16:18.

“Maar as sy ‘n ander man se vrou word so lank as haar man lewe sal sy as ‘n egbreekster beskou word. As haar man gesterf het, is sy egter vry van die wet en is sy nie’n egbreekster as sy ‘n ander man se vrou word nie.” Rom. 7:3.

Die Skrifgedeeltes oor die huwelik is baie duidelik.

Toewyding

Nog ‘n rede vir die hoĂ« egskeiding syfer is ‘n tekort aan toewyding. Ons is nie toegewy om getroud te bly nie. Dit is uit met die oue; kom ons kyk vir iemand nuut. Die regte skande is hoeveel gebroke huwelike in die kerk is, omdat die kerk egskeiding as ‘n opsie aanvaar!

Deur egskeiding te aanvaar as ‘n opsie, is nog ‘n rede vir die hoĂ« egskeiding syfer binne in die kerk. Wanneer ons die verkeerde idee of gedagte vermaak, sĂȘ God vir ons, “...Maar ‘n mens word verlei deur sy eie begeertes. (Die definisies van begeerte is ‘n “verlange” na wat verbode is.) Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood. Moenie julleself mislei nie, my liewe broers.” Jak. 1:14-16.

Baie sal sĂȘ dat daar niks verkeerd is met egskeiding nie, veral onder sekere omstandighede; dit is waar die misleiding inkom.

Misleiding

Gehoorsaam God eerder as mense. Elkeen het hulle eie opinie oor die huwelik en wat hy of sy “dink” God sĂȘ aangaande die huwelik in Sy Woord. Die “grys area” wat meeste mense, of Christene, op staan is net nie gegrond op die Woord nie. Egskeiding is baie duidelik ‘n swart en wit kwessie. ‘n Ferm stand is moeilik en ongewild; dit is hoekom so baie pastore nie die sterk stand teen egskeiding wil inneem nie. Maar  “ ‘n Mens moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense!” Hand. 5:29.

Ek skaam my nie. Moet nooit volg wat enige persoon sĂȘ nie; volg God, gehoorsaam Hom want Hy is ons enigste hoop vir redding. Moenie probeer om sy Woord ingewikkeld te maak deur te probeer uitvind “wat jy dink Hy bedoel nie.” Hy bedoel presies wat hy sĂȘ! Sommige van die liberale of progressiewe kerke het die wonderwerke van Jesus in iets heel anders verander. ’n Vroulike pastoor het in haar preek gesĂȘ dat die wonderwerk van die broodjies en vis niks meer was as ‘n les in “mededeelsaamheid” nie. Sy het gesĂȘ die klein seuntjie was die eerste om sy kos te deel; toe het ander begin deel wat hulle weggesteek het. Hou asseblief by God se onderrig ongeag van wat gewild is of hoeveel mense in die kerk geskei is en weer getroud is. “Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is ‘n krag van God tot redding van elkeen wat glo.” Rom. 1:16. Weet net dat as huwelike gered en herstel moet word, ons op die Waarheid moet staan.

Dit veroorsaak rusies. Moet asseblief nie debatteer oor die kwessie van egskeiding nie. Elke persoon is slegs verantwoordelik om die Waarheid te praat, te onderrig en te lewe. Die Heilige Gees sal die oortuiging bring en die Here sal die hart draai. “Moet jou nie met dwase en sinlose strydvrae inlaat nie, want jy weet tog dat dit net rusies veroorsaak. ‘n Dienaar van die Here moenie rusie maak nie. Inteendeel, hy moet vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om ander te leer en iemand wat onreg kan dra. Met vriendelikheid moet hy teenstaanders teregwys. Dit kan wees dat God hulle bekeer en hulle tot kennis van die waarheid bring. Dan sal hulle weer tot nugtere insig kom en vry raak uit die vangstrik van die duiwel, waarmee hy hulle gevangene gehou het om sy wil te gehoorsaam.” 2Tim. 2:23-26.

Aan hulle vrugte. Ons kan die “vrugte” van diĂ© in die kerk sien wat die skuiwergat en die wydverspreide wangebruik van die uitsluitsels vir egskeiding toelaat. Ons het gesien dat dit begin het met die skuiwergat van “ontrouheid of owerspel” en dit het gelei na egskeiding vir prakties enige rede! Dit parallel wat gebeur het met die aborsie situasie ...verkragting, bloedskande en die gesondheid van die ma tel nou vir minder as 1% van alle aborsies wat uitgevoer word - 99% is vir gerief! Egskeiding vir die rede van owerspel is nou ook vir gerief. “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken.” Matt. 7:16. “As julle sĂȘ ‘n boom is goed, moet julle ook sĂȘ sy vrugte is goed; en as julle sĂȘ hy is sleg, moet julle ook sĂȘ sy vrugte is sleg. ‘n Boom word tog aan sy vrugte geken.” Matt. 12:33. Ons kan duidelik die slegte vrugte in so baie gebroke huwelike en gebroke geloftes sien.   

Die Vrae

Draai terug van julle bose weĂ«. Hoekom maak dit saak of ons God se Wet verstaan en volg aangaande die huwelik? Dit maak saak omdat families vernietig word, en, sonder die familie, het ons nasie nie ‘n gebed nie. En ons as Christene sal geblameer word vir die ondergang van ons nasie. Ons kan nie die vinger wys na ander nie as gevolg van God se belofte aan die Christen. As “ my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou  en bid en vra na My wil en draai terug van hulle bose weĂ« af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.” 2Kron. 7:14. Kom ons wees eerlik, Christelike huwelike word teen dieselfde tempo vernietig as diĂ© in die wĂȘreld.  Hoekom? “My volk gaan onder omdat hulle nie aan my toegewy is nie.” Hos. 4:6. Christene is mislei en volg die wĂȘreld se weĂ«, eerder as God se weĂ«.         

Tot verdigsels wend. Hoe kan ons weet dat ons mislei word oor die huwelik en egskeiding? Ons weet dit omdat ons nie na die Waarheid wil luister nie. “Want daar sal ‘n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sĂȘ wat hulle graag wil hoor. Hulle sal hulle tot verdigsels wend.” 2Tim 4:3-4. Ons soek wĂȘreldse oplossings wanneer dit kom by gebroke huwelike, egskeiding en hertrou. “Julle, daarenteen, is ‘n uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, “ 1Pet. 2:9. 

Julle kan nie doen wat julle graag wil nie. Sy Woord is altyd konsekwent; God se Woord is die teenoorgestelde van die wĂȘreld se filosofieĂ« en dit is moeilik om te verstaan en te volg. “Die mens wat nie die gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word.” 1Kor. 2:14. En dit sĂȘ “Laat jou lewe deur die gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor die begeertes van die sondige natuur nie
.en daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie.” Gal. 5: 15-17. Weereens kan ons maklik die “vrugte” sien van al die Christelike huwelike wat vernietig is omdat hulle ‘n leun geglo het. Maar  “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Kry ‘n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels? Elke goeie boom dra tog goeie vrugte, maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte.” Matt. 7:15-17. Kom ons soek na meer Skrifgedeeltes om te sien wat is God se standpunt oor die huwelik.

Skriftuurlike Feite om op te Staan

Vrou deur verbond. Die huwelik was bedoel om ‘n bloed verbond te wees. Op die huweliks nag word ‘n bloed verbond gesluit soos wat die egpaar hulle huwelik volvoer. “Hierdie beker is die nuwe verbond, wat deur my bloed beseĂ«l is.” 1Kor. 11:25. “Daar is nog iets wat julle doen. Julle huil en kerm en sug by die altaar van die HERE omdat Hy nie meer julle offers wil aanneem nie, en julle vra: ‘Waarom dan nie?’ Dit is omdat die Here weet wat gebeur het tussen jou en die vrou met wie jy van jou jeug af getroud is: jy was ontrou aan haar, ontrou aan jou eie vrou, die vrou aan wie jy plegtig trou belowe het.” Mal. 2:13-14. “Ek sal my verbond nie versaak nie, nie een van my beloftes terugtrek nie.” Ps. 89:34. “Liefde en trou is die paaie wat die HERE bewandel met diĂ© wat sy verbond en verordeninge bewaar.” Ps. 25:10.  

Nie meer twee nie, maar een. ‘n Huwelik is vir ‘n leeftyd. Ons sĂȘ die gedeelte tot die dood ons skei, maar bedoel ons dit? “Hulle is dus nie meer twee nie, maar een. Wat God dan saamgevoeg het, mag ‘n mens nie skei nie.” Matt. 19:6. “ ...en hulle twee sal een wees, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een.” Markus 10:8.

Hy haat egskeiding, sĂȘ die Here. God sĂȘ dat Hy egskeiding haat! Tog is sommige vrouens oortuig dat God hulle gelei het om te skei! Eerstens sĂȘ Hy, “Hy haat egskeiding.” (Mal. 2:16) En, Hy verander nooit nie. “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde tot in ewigheid.” Heb. 13:8. Nie eens vir jou, jou vriendin of jou suster
. “Waarlik, ek begryp nou eers dat God nie onderskeid maak nie.” Hand. 10:34.

Een man toegesĂȘ. Ons moet ‘n lewende voorbeeld van Christus en Sy Kerk wees, die een vrou van een man. “Ek waak oor julle met ‘n ywer wat van God kom, want julle is soos ‘n jongmeisie wat ek aan een man toegesĂȘ het as sy bruid en wat ek vlekkeloos na hom toe wil bring. Die man is Christus
.” 2Kor. 11:2-3. “...getrou aan sy vrou
.”1Tim. 3:2 “...onberispelik van gedrag wees; hy moet aan sy vrou getrou wees
.” Titus 1:6.

Pleeg egbreuk. Hertrou is nie ‘n “opsie” nie; dit is “egbreuk”!  “Maar Ek sĂȘ vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeide vrou trou, pleeg egbreuk.” Matt. 5:32AFR53. “Maar Ek sĂȘ vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreek; en die wat die geskeide vrou trou, pleeg egbreuk.”Matt. 19:9AFR53.  “En Hy sĂȘ vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar..” Markus 10:11AFR53. “Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.” Lukas 16:18AFR53

As ‘n egbreekster beskou word. “Maar as sy ‘n ander man se vrou word so lank as haar man lewe, sal sy as ‘n egbreekster beskou word. As haar man gesterf het, is sy egter vry van die wet en is sy nie ‘n egbreekster  as sy ‘n ander man se vrou word nie.” Rom. 7:3. “Maar ‘n man wat owerspel pleeg, moet van sy verstand af wees, iemand wat dit doen, verwoes sy lewe.” Spr. 6:32. “Iemand wat egbreuk pleeg met die vrou van ‘n medeburger, moet doodgemaak word. Dit geld vir die man en ook vir die vrou wat egbreuk pleeg.” Lev. 20:10. “Ek het haar kans gegee om haar te bekeer, maar sy wil haar nie van haar onsedelikheid bekeer nie. Kyk, Ek gee haar aan ‘n siekbed oor, en die mense wat met haar owerspel gepleeg het, aan swaar lyding - as hulle nie van haar praktyke bekeer nie.”Open. 2:21.

Jy sal daar staan ‘n leunaar. Wat van die uitsondering? Eerstens, baie min huwelike in die kerk eindig as gevolg van owerspel, selfs al was dit die korrekte “uitsondering” Die vers sĂȘ, “...Maar ek sĂȘ vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei behalwe oor [owerspel, ontug, morele onreinheid en onkuisheid], maak dat sy egbreuk pleeg, en iemand wat met die geskeide vrou trou, pleeg ook egbreuk.” Matt. 5:32. In verskillende Bybel weergawes, word die woorde, owerspel, ontug, morele onreinheid en onkuisheid verwissel asof dit dieselfde woorde is. Dit is nie.

Die “uitsluitsel” waarvan Jesus praat is die woord ontug, morele onreinheid, en onkuisheid. Dit is porneia (4202) wat voor die huwelik plaasvind. Die woord owerspel, wat verwys na ná die huwelik, is (3429) Moichao in die Strongs Concordance, in die Griekse of oorspronklike taal. Die woorde owerspel of moichao (3429 na) en porneia (4202 voor) is twee aparte en afsonderlike sondes.  Daarom, kan jy nie van jou gade skei oor owerspel, morele onreinheid of onkuisheid nie. Egskeiding was en is net toelaatbaar in die geval van ontug wanneer daar gevind word dat ‘n vrou nie ‘n maagd op haar huweliks nag was nie.

Nog ‘n interessante notering is gevind in die definisie van 4202. Die skrywer erken dat hy sy eie woorde bygevoeg het. hy verklaar; “Hierdie woorde is bygevoeg om ‘owerspel’ en ‘bloedskande’ in te sluit vir ‘n beter begrip van ontug (Porneia).” Hy sĂȘ dat owerspel bygevoeg is by die definisie van die woord porneia. Maar God se Woord sĂȘ, 
”Moet niks byvoeg by wat Hy gesĂȘ het nie; Hy sal jou bestraf, en jy sal daar staan as ‘n leuenaar.” Spr. 30:6

Laat ek ook Strong’s se nota aanhaal onder “Signs Employed and Plan of the Book:”  “Hakies
..dui ‘n gegewe woord aan met die vernaamste woord waarby dit aangeheg is en ‘n paar woorde ter verduideliking word bygesit om dit te identifiseer.” Weereens moet ons “...niks byvoeg by wat Hy gesĂȘ het nie; Hy sal jou bestraf, en jy sal daar staan as ‘n leuenaar.” Spr. 30:6

Hulle leuens en hulle praatjies. Wees versigtig met wat jy sĂȘ God jou vertel het. “Kyk sĂȘ die Here, Ek is teen diĂ© profete wat hulle eie stories vertel en dan sĂȘ: ‘Die Here sĂȘ so.’ Kyk sĂȘ die Here, Ek is teen diĂ© profete wat drome wat nie plaasgevind het nie, as openbaring oorvertel, want hulle lei my volk op ‘n dwaalspoor met hulle leuens en hulle praatjies.” Jer. 23:31-32. “Die Here die God van Israel sĂȘ Hy haat egskeiding.” Maleagi 2:16. God sĂȘ nooit vir ons om teen Sy Woord te gaan nie! Hy verander nooit.

Wees ook versigtig wat jy sĂȘ oor egskeiding of hertrou; dit kan daartoe lei dat ‘n ander persoon skei of hertrou. “Hoe jammer tog vir die wĂȘreld dat daar dinge is wat die mens afvallig maak! Sulke dinge kom noodwendig, maar wee die mens deur wie dit kom!...vir hom is dit beter as hy met ‘n groot meulsteen aan sy nek in die diep see verdrink.” Matt. 18:7, 6.

Is heeltemal verwoes. As jy glo dat egskeiding in sommige gevalle reg is, dan is jy mislei. “En geen wonder nie! Satan self doen hom voor as ‘n engel van die lig.” 2Kor. 11:14. Wanneer jy gelei voel om iets te sĂȘ of iets te doen, maak eers seker dat dit ooreenstem met wat in die Skrif staan. “En elkeen wat hierdie woorde van My hoor en nie daarvolgens handel nie, kan vergelyk word met ‘n dwaas wat sy huis op sand gebou het. Die stortreĂ«n het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en die huis het ingestort en is heeltemal verwoes.” Matt. 7:26-27.

Die Gees teen die Sondige natuur. Nadat jy in die Woord gekyk het, kyk dan hoe gedrewe jy daaroor is. Sondige begeertes voel goed. Waneer daar ‘n dringendheid is in wat jy doen, het jy nie genade nodig om dit uit te voer nie. “Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer. Hierdie twee staan lynreg teenoor mekaar, en daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie.” Gal. 5:17.

Wat as

Wat as my man ontrou is en hy pleeg owerspel, mag ek dan van hom skei? Nee. Sy Woord sĂȘ dat jy slegs  as gevolg van ontug mag skei, wat, soos wat ons vroeĂ«r gesien het, seksuele omgang voor die huwelik is. Dit was gedurende die verlowings tyd. Ontug en owerspel is nie dieselfde sonde nie. As dit wel dieselfde was sal hulle nie albei gelys word in dieselfde vers nie, soos in hierdie Skrifgedeelte: “...geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers 
.” 1Kor.6:9.

Egskeiding as gevolg van ontug, was gedurende die verlowings tyd toegelaat, soos met Maria en Josef. “En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei” Matt. 1:19AFR53. Die terme verloofde en verloof was nie gedurende hierdie periode in die geskiedenis gebruik nie. Josef was beskou as haar man omdat hy alreeds ‘n belofte gemaak het om met Maria te trou. Hy was toegelaat om van haar te skei omdat dit voor hul huwelik was, aangesien egskeiding toegelaat was in die geval van ontug. In die voorafgaande vers, verduidelik dit dat die egskeiding sou plaasvind voor die huwelik! “Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind
.” Matt. 1:18AFR53. Die laatste wat ‘n egskeiding kon plaasvind was die dag na die huweliks nag, wanneer daar uitgevind was dat die vrou nie ‘n maagd was nie.    

Kan enige iemand hertrou? “ ‘n Vrou is aan haar man gebind so lank as hy lewe. As hy sterwe, is sy vry om te trou met wie sy wil, mits dit met ‘n gelowige is.” 1Kor. 7:39. Vir die vrouens wat weduwees is, is dit belangrik om te weet dat wanneer die regte “Mnr. Reg” opdaag, hy ‘n wewenaar moet wees of nooit voorheen getroud was nie. Moet nie met ‘n geskeide man trou nie. Onthou, Satan bring gewoonlik sy beste eerste. Die Here laat jou wag en dan bring Hy sy beste! “Vertrou op die Here en bly op sy weĂ«.” Ps. 37:34.

As enige een van julle ‘n wettige beswaar het, teenoor die voorgenoemde huwelik, sal jy dit nou bely. Wees verseker, dat as enige persoon saamgevoeg is anders as God se Woord dit toelaat, is hulle huwelik nie wettig nie.  (“Die Huweliks Diens” C.R. Gibson Co.)

Wat as ek alreeds in ‘n tweede (of derde) huwelik is? Eerstens, moet jy God om vergifnis vra, of dit nou was voor jy gered is of nie. Jy kan nie effektief in jou Christelike wandel wees as jy nie sondes van die verlede kan erken  nie. “Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie.” Spr. 28:13. “As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely - Hy is getrou en regverdig,  Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.” 1Joh. 1:8-9.

Jy weet dit nie. “Ek het haar kans gegee om haar te bekeer, maar sy wil haar nie van haar onsedelikheid bekeer nie. Kyk, Ek gee haar aan ‘n siekbed oor, en die mense wat met haar owerspel gepleeg het, aan swaar lyding as hulle nie van haar praktyke bekeer nie.” Open. 2:21.

As jy sĂȘ jy het niks verkeerd gedoen nie, mag jy dalk net jou skuld bewys het. “ Die ontroue vrou het haar eie manier: sy eet en vee haar mond af en sĂȘ: ‘Ek het niks verkeerd gedoen nie.’” Spr. 30:20. As jy nie  bekeer nie, sal jy die eienskappe van ‘n egbreekster hĂȘ. “Die slegte vrou se lippe drup van die heuning, haar tong is gladder as olie, maar agterna is alles so bitter soos wildeals; sy is so gevaarlik soos die skerpste swaard
.Sy hou jou weg van die pad van die lewe af, sy laat jou dwaal, en jy weet dit nie.” Spr. 5:3. 

Moet nie belydenis vrees nie; ons is nie onder die wet nie - prys die Here! “Iemand wat egbreuk pleeg met die vrou van ‘n medeburger, moet doodgemaak word. Dit geld vir die man en ook vir die vrou wat egbreuk pleeg.” Lev. 20:10. “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.” Jak. 5:16. “Maar as ons ons sondes bely - Hy is getrou en regverdig.” 1Joh 1:9.  

Nie my wil nie, maar u wil geskied. Nadat jy gebieg het, moet jy jou wil neerlĂȘ en jou Hemelse Vader vir Sy wil vra aangaande wat Hy wil hĂȘ jy moet doen. Baie ander wat in ‘n tweede (of daaropvolgende) huwelik is, het hierdie moeilike taak in die gesig gestaar. Sommige het die versekering dat God se voorneme is dat hulle in hulle huidige huwelik moet bly en hulle lewens gebruik as ‘n getuienis teen egskeiding. Ander het gesien dat hulle huwelike uit mekaar val omdat hulle deur Satan gebruik was toe hulle hulle gade se vorige huwelik verwoes het. “ ‘n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hĂȘ, en dit in oorvloed.” Joh. 10:10. Jy moet op Hom vertrou. Hy wil jou die oorvloedige lewe gee, nie ‘n namaaksel nie. Asseblief bid net, “Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied!” Lukas 22:42. 

Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie? Maar kan owerspel vegewe word? Ja. Jesus het vir die vrou wat in owerspel betrap was gesĂȘ. “Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?...Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.” Joh. 8:12-11. Maar jy moet jou sondes bely en nie ander aanmoedig om sonde te pleeg soos jy nie. Eintlik is owerspel nie gronde vir egskeiding nie, dit is gronde vir vergifnis soos deur Christus gewys in Joh. 8:10 hier bo. Ons het ook ‘n voorbeeld in die boek van Hosea van ‘n man wat sy vrou vergewe het wat betrokke was in owerspel. “Die Here het vir my gesĂȘ: Gaan knoop weer ‘n liefdesverhouding aan met ‘n vrou wat vir ander mans lief is en egbreuk pleeg.” Hos. 3:1. Dan in 1Kor. 6:9-11, wanneer God na owerspeliges en onsedelikes verwys sĂȘ Hy, “En so was party van julle juis. Maar julle het julle sondes laat afwas, julle is geheilig, julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus Christus en deur die gees van God.”  Ons is skoongewas deur Sy bloed van vergifnis.

Maar wat van pastore wat sĂȘ dat owerspel gronde is vir egskeiding? “Julle het gehoor dat daar gesĂȘ is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie. Maar ek sĂȘ vir julle: Elkeen wat na ‘n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg.’ ” Matt. 5:27-28 As dit waar is dat owerspel gronde vir egskeiding is, dan moet meeste vrouens hulle mans skei aangesien meeste van hulle die vrouens wat hulle op televisie of in tydskrifte gesien het, begeer.!!

Sal die minste geag word in die koninkryk. Maar so baie kerke en pastore sĂȘ dat egskeiding reg is in sommige situasies en dat hertrou reg is onder die regte omstandighede. “Wie dan ook een van die geringste van hierdie gebooie ongeldig maak en mense so leer, sal die minste geag word in die koninkryk van die hemel. Maar wie die wet gehoorsaam en ander so leer, sal hoog geag word in die koninkryk van die hemel” Matt. 5:19.

Ek het julle nooit geken nie. Hoe kan ek seker wees dat hierdie leringe reg is en wat baie kerke leer is verkeerd? “Pas op vir die vals profete. Hulle kom na julle toe in skaapsklere, maar in werklikheid is hulle verskeurende wolwe. Baie sal daardie dag vir My sĂȘ: Here, Here, het ons dan nie in U naam gepreek nie, deur U Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie? Dan sal Ek openlik vir hulle sĂȘ: ‘Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.’” Matt. 7:15, 22-23. Is daar nie baie families in die kerke wat ten gronde gaan en die huwelike wat ontbind word nie? Dit is die slegte vrugte van vals profete.  

Vyandskap teenoor God. Baie pastore voel “diep binne” ‘n oortuiging oor die huwelik, maar hulle wil nie enige iemand “beledig” nie, veral nie al die “kerk lidmate” wat in hulle tweede en derde huwelike is nie. “Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wĂȘreld vyandskap teen God is nie? Wie ‘n vriend van die wĂȘreld wil wees, wys daarmee dat hy ‘n vyand van God is.” Jak. 4:4.

As ‘n pastoor of ‘n kerk ‘n standpunt inneem teen egskeiding en hertrou word hulle geklassifiseer as “te streng nakomeling van die wet” of “veroordelend” Dan sal die wat hulle eie ding wil doen na ‘n ander kerk toe gaan om te hoor wat hulle wil hoor (in hul gehoor gestreel wil wees). “want daar sal ‘n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sĂȘ wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid nie wil hoor nie en hulle tot verdigsels wend.” 2Tim. 4:3-4.

Gaan weg van My af. Egskeiding is teen God se wet. Net omdat iemand ‘n prediker is, of in een of ander kerk ministerie is, beteken dit nie dat hy God volg nie. Jesus het gesĂȘ dat jy die wil van Sy Vader in die hemel moet doen! Kom ons lees weer die verse: Nie elkeen wat vir My sĂȘ: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Baie sal daardie dag vir My sĂȘ: ‘Here, Here, het ons dan nie in U naam gepreek nie, deur U Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie? Dan sal Ek openlik vir hulle sĂȘ: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.’ ” Matt. 7:21-23. 

‘n Vrou is aan haar man gebind. Jy mag vra, “Aangesien ek ‘weer enkel is’ kan ek nie hertrou of uitgaan en dan vir God vra om my te vergewe nie?” Eerstens is jy nie enkel nie. Net iemand wat nog nooit getroud is, is enkel. “ ‘n Vrou is aan haar man gebind so lank as hy lewe.” 1Kor. 7:39. “Maar as sy ‘n ander man se vrou word so lank as haar man lewe, sal sy as ‘n egbreekster beskou word. As haar man gesterf het, is sy egter vry van die wet en is sy nie ‘n egbreekster  as sy ‘n ander man se vrou word nie.” Rom. 7:3. Tweedens, wat ‘n mens saai, dit sal hy ook oes. “Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat ‘n mens saai, dit sal hy ook oes.” Gal. 6:7.

Elke stap saam haar bring jou ondergang. As jy hierdie verse ignoreer, sal jy dieselfde nagevolge hĂȘ as enige egbreekster: bitterheid, skerp tong, onstabiel, luidrugtig, uitdagend en jy sal dit nie eers weet nie! “maar agterna is alles so bitter soos wildeals; sy is so gevaarlik soos die skerpste swaard. Haar pad is die van die dood; elke stap saam haar bring jou ondergang, jy weet dit nie.” Spr. 5:4-6. “Sy (die hoer) is luidrugtig en uitdagend; haar huis is te nou vir haar.” Spr. 7:11

Ek het niks verkeerds gedoen nie. Wanneer jy willens en wetens sonde ingaan, sal jou gewete geskroei word. “Die ontroue vrou het haar eie manier: sy eet en vee haar mond af en sĂȘ: ‘Ek het niks verkeerds gedoen nie.’ ” Spr. 30:20. Weereens, jy gaan willens en wetens in sonde in. “As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde.” Jak.4:17. Jy stel jouself op vir God se wraak. “Wanneer ons opsetlik bly sondig nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, is daar geen offer meer wat ons sondes kan wegneem nie. Daar bly alleen ‘n verskriklike verwagting oor van oordeel en ‘n gloeiende vuur wat die teenstanders van God sal verteer. ‘Dit is mĂœ reg om te straf; Ek sal vergeld;’ Die Here sal oor sy volk oordeel. Dit is verskriklik om in die hande van die lewende God te val.” Heb. 10:26-31

Om ‘n moeilike onderwerp af te sluit, as gevolg van die omvang van kerk sonde, kom ons kyk na die ferm verklaring wat Paulus aan Timoteus geskryf het: “As iemand ‘n ander leer verkondig en nie hou by die gesonde woorde van ons Here Jesus Christus en by die leer van ons godsdiens nie, is hy verwaand en weet hy niks. Hy het ‘n sieklike beheptheid met twisvrae en met stryery oor woorde. Daaruit ontstaan afguns, twis, beledigings, gemene verdagmakery, voortdurende rusie van mense wat verstandelik verward en van die waarheid beroof is.” 1Tim. 6:3-5. 

“As julle My liefhet sal julle My opdragte uitvoer.”  Johannes 14:15.    

 

Kom ons maak ‘n persoonlike verbintenis

om getroud te bly

en ander aan te moedig om dieselfde te doen.

Persoonlike verbintenis: Om getroud te bly en ander aan te moedig om dieselfde te doen. “Gebaseer op wat ek uit God se Woord geleer het, herverbind ek myself aan my huwelik. Ek sal myself onderdanig maak wanneer nodig en al die stappe neem as ’vredemaker’ in my huwelik. Ek sal nie my oortredinge bedek of veroorsaak dat ‘n ander struikel nie. Ek sal my toewy om God se Waarheid te versprei aangaande die huwelik op ‘n sagmoedige en stil manier.”

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hĂȘ om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui