Net nog ‘n dankie-sê lof.

Aan God kom al die lof toe, dankie dat U krag en sterkte gee, dankie dat U dag na dag ons dra en weet dat ons enige tyd na U toe kan kom vir hulp. U is vir ons, die God wat ons red. Dit is vir my so ‘n voorreg om eerste na Hom toe te kan hardloop, en weet Hy sal my pad gelyk maak, dankie vir hoe U in my en almal om my wat ek lief het se lewens besig is – ek het U regtig so lief! Ek kan nie genoeg van Hom kry nie, Hy is die enigste een wat altyd bly wanneer die res van die wêreld weghardloop, hoe wonderlik is dit dat NIKS MAAR NIKS ons kan skei van die liefde van God nie – wat meer het ek nodig? God is al wat ek wil hê, en Hy is al wat ek nodig het.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

1 thought on “Net nog ‘n dankie-sê lof.”

  1. Dis presies wie die Here is kosbare Meagan, Hy bly, wat ‘n wonderlike versekering.
    Al beswyk my vlees en my hart — God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid. P73:26
    En hy het gesê:
    Ek het U hartlik lief, Here my sterkte. Die Here is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting. P18:2-3

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui