Na Wie Luister Ons?

♕Belofte van vandag: "Die geloof kom dus deur die prediking wat 'n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus." Romeine 10:17

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Liewe Bruide,
Na wie luister ons ivm ons situasies? Luister ons na die wêreld wat sê dat ons moet sukkel en dat ons en ons kinders se toekoms geruïneer is agv egskeiding? Maar wat sê die Here, wat sê Hy oor ons situasies?

Hierdie les [Wie Het Gesê?] het my geleer dat ons baie keer situasies as venselfsprekend aanvaar, want dit is hoe die wêreld sê dit moet wees. Bv. as ons geskei is en enkelmamma's is sê die wêreld ons SAL swaar trek en ons en ons kinders se toekoms is outomaties geruïneer. Maar wie sê dit moet so wees?

Dit is nie wat ons Hemelse Man sê nie. Dit is nie wat Sy woord sê nie. Hy het gekom om vir ons 'n toekoms en 'n hoop en 'n verwagting te gee. Hy belowe in Sy woord dat Hy in al ons behoeftes sal voorsien. So na wie luister ons?

En weereens ons moenie spreek teen dit wat Hy belowe nie. Ons moet glo en vertrou in alles wat Hy sê en belowe. Ons moet lewe spreek oor ons en ons kinders en ons toekoms, want dit is wat Hy belowe en Sy woord en Sy beloftes is betroubaar en Hy is nie 'n mens dat Hy sal jok nie.

Ek het ook geglo dat as ek 'n enkelma gaan word ek gaan sukkel en dat my toekoms en my kinders se toekoms geruïneer was. En ja daar was 'n tydperk wat dit swaar gegaan het, maar as ek terugkyk kan ek sien hoe Hy gesorg en voorsien het.

Hy het soveel geleenthede voorsien wat ek nooit eers kon indink nie en Hy voorsien nog steeds.

Maar ons glo wat mense sê en die dood wat die wêreld oor situasies spreek, maar ons moet vashou aan Sy beloftes en wat HY sê! Ons moet lewe spreek en nie dood nie.

Ek gaan hierdie beginsel toepas deur nie meer te luister of te glo wat die wêreld sê of dink soos die wêreld dink nie. Ek gaan fokus op Sy beloftes en wat Hy sê, en as vrees oor my en my kinders se toekoms my wil begin onderkry, gaan ek net Sy beloftes oor en oor spreek. Ek gaan nie meer dood spreek oor my of my kinders of ons toekoms nie. Hy het gesterf om vir ons 'n Oorvloedige Lewe te gee, en dit is waaraan ek moet vashou.

Liewe bruide,

Moenie na jou situasie kyk soos die wêreld daarna kyk nie. Kyk na jou Hemelse Man en fokus op Sy beloftes in Sy woord, fokus op wat Hy sê oor jou situasie en spreek dit en glo dit. Vertrou Hom.

“Die geloof kom dus deur die prediking wat 'n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus." Romeine 10:17

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Volg #AmM om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lees

Armoede Mentaliteit is as e-boek en sagteband in ons boekwinkel beskikbaar!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!