Elkeen Van Ons Het ‘n Ander Getuienis

♕Belofte van vandag: "Maar nou het God die lede, elkeen van hulle afsonderlik, in die liggaam gevoeg soos Hy dit wou hê. As almal saam net een lid was, hoe sou daar 'n liggaam kon wees? Nou is daar wel baie lede maar net een liggaam." 1K1218

~Yvonne in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Yvonne

Ek het die wonderlike voorreg gehad om Keziah en nog 3 ander wonderlike dames van die Wes-Kaap te ontmoet. Dit was so 'n fantastiese tyd gewees.

Natuurlik het dit gevoel of ons mekaar al jare lank ken, want ons is almal Sy bruide. Keziah het vir ons die heerlikste aandete gemaak en die ander dames het gesorg vir poeding.

Ons het so lekker gekuier en gesels, die tyd het so vinnig verby gevlieg.

Die kuier het my weereens net herinner aan wat my Hemelse Man besig is om hier in Suid-Afrika en ook in Afrika besig is om te doen.

Ek het ook weereens gesien, dat elk een van ons 'n ander getuienis het en dat Hy ons ontmoet waar ons is. Elkeen van die lieflike dames saam met wie ek gekuier het, het my hart aangeraak en ek kon sien hoe hulle getuienis 'n impak in so baie lewens gaan maak.

Ek prys my Hemelse Man vir die wonderlike geleentheid en dat die dames bereid was om 'n Saterdag op te offer om vir my te kom kuier.

"Maar nou het God die lede, elkeen van hulle afsonderlik, in die liggaam gevoeg soos Hy dit wou hê. As almal saam net een lid was, hoe sou daar 'n liggaam kon wees? Nou is daar wel baie lede maar net een liggaam." 1K1218

Dit is so 'n wonderlike voorreg om deel te wees van die liggaam van God.

Ons Afrikaanse Bediening Pastoor en RMI se Bedienings Direkteur
Follow #Yvonne, Volg #Yvonne
En Yvonne is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!