My Hemelse Man!

Vanoggend sit ek op my bed met 'n glimlag en vreugde in my hart!
Toe God my die dag na RMI toe gelei het (wat ek nie daardie tyd besef het nie), was ek in alle omstandighede gebreek!

Ek het my verslag ingevul en die eerste boek gelees met die hoop op 'n herstelde huwelik, maar op die ou einde het ek sòveel meer gekry as dit!

Jy sien, God het my gebreekte siel en gees gesien en my kom haal nèt daar waar ek was. Ek het dit nie daardie tyd verstaan of besef nie en ek verstaan nogsteeds nie, maar dit maak nie meer vir my saak nie want die Een wat in beheer van my is, weet alles!

Toe ek die boek begin lees het, het ek myself belowe dat ek òok een van daardie vrouens gaan wees wat mý getuie gaan ingee van 'n herstelde verhouding!

Vanoggend het ek gevoel om hom te skryf! Nee, my huwelik is (nog) nie herstel nie, maar dit is nie meer waaroor dit vir my gaan nie want ek het 'n restorasie ervaar wat net sòveel beter is as dit! Hy het my sòveel verder gevat as wat ek ooit kon van droom!

Ek het 'n gerestoreerde verhouding met my Hemelse Man!

Ek het so vir die wêreld gelewe en het geèn verhouding met Hom gehad nie. Tog was Hy sò geduldig en Hy het gewag! En vandag LOOF EN PRYS ek Hom daaroor en vir alles waardeer ek moes gaan om HOM te vind!

Nee, ek is nog glad nie waar ek moet wees òf waar Hy my wil hê nie, maar elke dag leer Hy my en openbaar Hy ietsie aan my!

Ek het Sy liefde geproe en ek wil MEER van Hom en Sy liefde hê! Van niemand anders nie, nèt van HOM!

Ek loof en prys U, my Hemelse Man!

U is AL wat ek nodig het, AL wat ek wil hê en na smag. En as ek U het, het ek net mooi ALLES.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

7 thoughts on “My Hemelse Man!”

  1. Wow hierdie is so ongelooflike pragtige getuienis kosbare Betty, dankie dat jy dit met ons deel, dis so mooi gestel, jy het ‘n herstelde verhouding met jou Hemelse Man gekry, dis pragtig! Wow dis waaroor die hele lewe gaan!

    Daardie ewige liefde wat alle verstand te bowe gaan. https://uiteindelikhoop.com/ewige-liefde/

  2. Hierdie is so ‘n mooi getuienis Betty. Ek is so dankbaar dat jy die Here op so ‘n intieme manier leer ken het. Ek weet Hy gaan vir jou deur kom, ek weet Hy gaan voorsien! Ek is dankbaar dat die Here nog ‘n hart kom red het, ek weet my dag sal kom. 💕

  3. Sjoe dankie vir hierdie mooi lofverslag liewe Betty. Dit is so waar wat jy se, Hy het ons hierheen gelei, in ons gebrokenheid, en Hy het ons harte verower met Sy liefde en Sy genesing. Hy het vir ons die grootste getuienis gegee, ‘n herstelde vehouding met Hom! Ons kan liefde, vrede en vreugde ervaar wat alle verstand te bowe gaan want ons het Hom, en as ons Hom het, het ons alles wat ons nodig het om te oorleef en te floreer!

  4. Dankie baie vir die lof prys liefte Betty, ja ons almal is hier na toe gelei deur die Here oor ons herstel gesoek het. En ja ons kry herstel die beste herstel wat daar is. nog voor dat ons verhouding met geliefdes herstel word of huwelik herstel word. Word ons herstel met ons Hemelse Man en Hemelse Vader. Dit is die belangrikste herstel wat ons kry en ons het dit nie eers besef toe ons na RMI toe gelei is.

  5. Wat ‘n wonderlik getuienis liefste Betty. Terwyl ek besig was om te lees, het ek aan die versie gedink:
    Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!
    https://www.bible.com/af/bible/5/PSA.34.9.AFR53
    Dit was vir my so lekker om jou getuienis vandag te lees. Ek dank ons Hemelse Man dat Hy vir jou die vrede gee wat alle verstand te bowe gaan. Mag Hy Sy goeie werk in jou voltooi. Kan nie wag om meer te lees nie.

  6. Dear Betty, what a wonderful testimony you shared with us. There is nothing more beautiful to read that the relationship has been restored with her Heavenly Husband. There is no one or nothing that can give you everything except He who loves you so much. I am therefore very happy that your marital relationship with your Heavenly Beloved is on the mend.

    And we know that for those who love God all things work together for good, for those who are called according to his purpose. https://biblia.com/bible/esv/romans/8/28
    ~~~~~~~~
    Beste Betty, wat ‘n wonderlike getuienis het jy met ons gedeel. Daar is niks mooier om te lees dat die verhouding met haar Hemelse Man herstel is nie. Daar is niemand of niks wat jou alles kan gee nie behalwe Hy wat jou so lief het. Ek is dus baie bly dat jou huweliksverhouding met jou Hemelse Geliefde aan die herstel is.

    En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. R8:28 https://www.bible.com/af/bible/5/rom.8.28

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui